INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Deur middel van nuusberigte oor die televisie, fakse, briewe, telefoonoproepe, padkaarte en ‘n blokkiesraaisel word ‘n verlore papegaai weer aan die dieretuin terugbesorg.
Met bl, gl, kl, fl, pl, sl, vl vind woordbou plaas en leerders ontwikkel probleemoplossing-vaardighede.
Die hoofletters U, Z, J, P, D, R, B, C, en O word aangeleer.
“Ek wil iets sê” beklemtoon die belangrikheid van luistervaardighede.
![]() |
Beste mnr. Opsigter
Ek is jammer dat jou pragtige papegaai weggevlieg het.
Ek ken hom goed.
Ek het baie vir hom gekuier.
Ek het altyd vir hom grondboontjies geneem.
Hy is baie mak en het die grondboontjies uit my hand geëet.
Ek weet daar is baie gevare daar buite en ek is bang dat hy iets sal oorkom. Nou staan ek soggens vroeg op, ry op my fiets en soek in al die bome rond. Ongelukkig is sy vere dieselfde kleure as die blare van die bome. Ek sal hom nie maklik sien nie, daarom luister ek ook mooi of ek hom nie dalk kan hoor nie. Hy ken 'n paar woorde en het my nage-aap as ek met hom praat.
Ek is baie hartseer. Ek sal nie ophou soek nie.
Ek hoop ons kry hom gou.
Groete
Flippie Swart
| LU 3.3.1 | LU 3.3.2 |
Wie het die brief geskryf?
1. F............................................................................................................................
Aan wie het Flippie geskryf?
2. Flippie het ............................................................................................................
3. Wat het Flippie vir die papegaai gegee om te eet? ..............................................
4. Wat het vir Flippie hartseer gemaak? ..................................................................
5. Hoe sal jy voel as jou troeteldier wegraak?
..........................................................................................................................................
6. Hoekom sal Flippie nie maklik die papegaai in die takke kan sien nie?
..........................................................................................................................................
7. Dink jy Flippie sal hom kry? Gee 'n rede vir jou antwoord.
..........................................................................................................................................
| LU 3.2.1 | LU 4.6.1 | LU 4.6.2 | LU 4.6.4 |
![]() |
| LU 4.1 |
Vanoggend het Flippie en sy beste maat vroeg opgestaan.
Hulle wou weer die papegaai gaan soek.
Danie het vir Flippie by die huis gaan haal. Die son het net opgekom. Toe is die twee op hulle fietse weg.
"Ek wonder of die papegaai nog lewe," sê Danie.
"Hy is slim. Ek dink hy sal lank hier buite kan oorleef," sê Flippie.
"Ja, ek weet hy is slim, maar waar sal hy kos kry? Wat sal hy eet? In die dieretuin het die opsigter vir hom kos gebring. Hy het nie nodig gehad om te soek vir kos nie," sê Danie.
"Ag," sê Flippie, "hier is baie vrugtebome hier naby. Die papegaai hou baie van vrugte. Hy moet net nie oor die rivier vlieg nie. Daar is net groen koringlande. Daar sal nie genoeg kos vir hom wees nie."
"Die boere sal nie daarvan hou as hulle agterkom die papegaai pik aan die vrugte nie. Hulle sal hom sowaar skiet," sê Danie benoud.
"Kom, Danie, ons moet vinniger ry. Hy is al vier dae weg. Ons moet hom vandag kry", sê Flippie. Hy trap vinnig op sy fiets met Danie kort op sy hakke.
| LU 3.3.1 | LU 3.3.2 | LU 5.1 |
| a = 1b = 2c = 3d = 4e = 5 | f = 6g = 7h = 8i = 9j = 10 | k = 11l = 12m = 13n = 14o = 15 | p = 16q = 17r = 18s = 19t = 20 | u = 21v = 22w = 23x = 24y = 25z = 26 |
| 11, 15, 13 | 8, 1, 1, 12 | 13, 25 | 5, 11 | 19, 11, 21, 9, 12 |
| 9, 14 | 4, 9, 5 | 7, 18, 15, 20 | 14, 1, 2, 25 | |
| 4, 9, 5 | 18, 9, 22, 9, 5, 18. | |||
| 5, 11 | 9, 19 | 19, 15 | 13, 15, 5, 7!! !! | |
| LU 3.2.3 |
![]() |
Sersant: Ry soos ek vir julle gesê het
![]() |
Flippie: Baie dankie, Sersant.
![]() |
| LU 3.2.3 | LU 5.1 |
![]() |
| LU 5.1 |
| Papegaai: |
| Flippie: |
| Opsigter: |
| LU 4.3.1 | LU 4.8 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees;
3.2.3 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir ‘n skryfstuk vir verskillende redes skryf;
4.3.1 verskillende tekste skryf;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en begin woorde spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.1 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
4.6.4 probeer om ontbrekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel.