INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Die wolke pak saam,
en die maan is verduister.
Die blitse flits dreigend,
en die aarde dié fluister.
Plif! Plof teen die venster,
dis die reën wat daar spat.
Die wêreld daar buite
is waternat!
Die wind se gesuis
deur blare en takke.
Dis die druppels wat skarrel,
op huise se dakke.
Dit reën oor die land!
Hoor die see se gedruis
van branders wat breek
op die nat, wit sand.
G.J.M
| LU 1.3.2 | LU 3.2.1 | LU 4.8 |
Bennie: Mamma, dit reën katte en honde buite! Wat gaan ons doen as dit môre reën? Ek verjaar en Pappa het belowe ons kan my maatjies verras met allerhande opwindende dinge wat ons saam gaan doen.
Wat gaan ons doen as dit reën? Ek wil nie net ‘n partytjie by die huis hê nie!
Mamma: Ja, Bennie, jy gaan die dag baie geniet. Pappa het baie lekker dinge beplan.
Jou uitnodigings is al gestuur en die reën sal ons nie keer nie. Het jy al gebad?
Jy moet nou gaan slaap anders is jy môre te moeg om die dag te geniet. Toe, weg is jy!
Bennie: (pleit by sy ma) Ek gaan nou slaap, Mamma, maar ek wil net gou die weervoorspelling sien. Ek wil sien of dit môre nog gaan reën. (Bennie skakel die televisie aan.)
| LU 3.3.1 |
![]() |
Bennie: (nou heeltemal mismoedig) Kan Mamma hoor! Dit gaan nog reën! Die strate lyk al soos riviere. Ons sal nêrens kan gaan nie!
Mamma: Nee, Bennie, die weerkantoor verwag dat dit môre sal opklaar. Toe, gaan slaap nou. Ek moet nog koek bak vir jou maatjies. Nag, Bennie!
Bennie: (loop kamer toe) Nag, Mamma.
| LU 1.2 | LU 1.3.6 | LU 3.3.2 |
My grafiek vir............................................................................................................
maand
| 20 | ||||
| 19 | ||||
| 18 | ||||
| 17 | ||||
| 16 | ||||
| 15 | ||||
| 14 | ||||
| 13 | ||||
| 12 | ||||
| 11 | ||||
| 10 | ||||
| 9 | ||||
| 8 | ||||
| 7 | ||||
| 6 | ||||
| 5 | ||||
| 4 | ||||
| 3 | ||||
| 2 | ||||
| 1 | ||||
Dae![]() |
Son | Reën | Wolke | Wind |
| LU 5.4.1 | LU 5.4.2 |
Die Weer in
maand
Ek ....................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.7.2 | LU 5.1.1 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
| LU 4.2.1 | LU 4.2.2 | LU 5.1.1 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en, indien gepas, kommentaar te lewer op dit wat gehoor is;
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;
1.3.2 vir besonderhede luister;
1.3.6 gevoelens oor ‘n mondelinge teks uitdruk en redes gee;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;
4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie gebruik;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:
5.4.1 spesifieke inligting uit ‘n teks kies en dit verwerk.
5.4.2 inligting in ‘n eenvoudige grafiese vorm organiseer.