Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 2
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
Die boere juig oor die reën.
Nou sal hulle ‘n beter oes hê, want die droogte is gebreek.
Maar die rivier wat deur die plakkerskamp loop, het sy walle oorstroom.
Die mense sit nou sonder kos, droë klere en huise.
‘n Beroep word op die lesers gedoen om hierdie mense te help.
Skakel die koerant se kantoor vir meer inligting.
Telefoonnommer: 11 00 55 30
| LU 2.4.2 | LU 2.4.3 | LU 2.4.4 | LU 2.5 | LU 3.2.1 |
![]() |
![]() |
| LU 5.1.1 | LU 5.3.3 |
☻ Lees die snaakse sin.
☻ Trek ‘n sirkel om al die kr- en tr- woorde.
☻ Voltooi die lyste van kr- en tr- woorde.
![]() |
Sin: Die kraai en die kreef kruip na die trollie op die trein se trok.
| kr- | tr- |
kryt, kraak, kroon, krap, kruis, traan, trap, tronk, trots, trou.
| LU 3.4.2 |
.....................................................
titel
| Wie hetbesluit? | ||
| Wat hetjulle besluit? | ||
| Hoe het julle dit gedoen? | ||
| Was jullesuksesvol? |
| LU 4.2.1 | LU 4.2.2 | LU 4.3.1 |
2 eiers
125 g margarien
125 g suiker
225 g meel
2 gelykvol teelepels bakpoeier
1 teelepel vanielje-geursel
6 eetlepels versiersuiker
papierbakkies
lemoensap
1. Stel die oond op 180oC
2. Meng die margarien en suiker in ‘n bak.
3. Breek die eiers een vir een daarin. Meng goed.
4. Roer die meel in.
5. Gooi die vanielje in. Meng.
6. Nou kom die bakpoeier. Meng.
7. Skep twee teelepelsvol deeg in elke papierbakkie.
8. Bak in die oond vir 10 minute. Laat afkoel.
9. Meng die versiersuiker met ‘n klein stukkie margarien en lemoensap en smeer ‘n bietjie op elke koekie.
| LU 3.2.3 | LU 5.1.1 |
![]() |
| ............il | ...........eek | ...............ok | ..........ommel |
| .........ood | ............oer | ................is | ..................ans |
| ...........ug | .............oek | ...............aai | ...................ons |
| ........and | ..............ing |
1. Hy ......................................................................................................... die bord.
2. Sy dra ‘n swart .....................................................................................................
3. Die motor ry oor die ............................................................................................
4. Hy ...................................................................................................... die papier.
5. Sy lyk ..................................................................................................................
6. Jan is my ..............................................................................................................
| LU 3.4.3 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.2 beurte neem en gepaste vrae stel;
2.4.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
2.4.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon;
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder maniere voorstel om probleme op te los.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
3.2.3 tekste van ‘n effens ingewikkelder vlak lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;
4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.1 verskillende soorte tekste skryf:
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:
5.3.3 eenvoudige strategieë gebruik om inligting te verkry en op te teken.