Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 2
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
TYDSKEDULE
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Bennie sien uit na die verrassings wat Pappa vir hom beplan het met sy verjaardag. Hy bekommer hom so oor die storms en slegte winterweer wat woed dat hy ‘n aaklige nagmerrie beleef.
Die leerder begin sy skryfwerk beplan en voltooi ‘n begripstoets.
Hy/sy voltooi ‘n grafiek oor die weer en bespreek die grafiek.
Interessante raaisels kan voltooi word.
Besprekingsonderwerpe soos rampe en die gevolge van sulke rampe, voedseltekort, behuising, armoede gee aan leerders die geleentheid om betrokke te raak in die gemeenskap. Hulle ontwerp plakkate om voedsel in te samel, (Lewensoriëntering – Kuns) en ontsyfer ‘n kode as voorbeeld vir ‘n slagspreuk.
‘n Resep word ingesluit sodat die opvoeder saam met die leerders koekies kan bak en die stappe een vir een volg (Tegnologie).
Vr, pr, dr, gr, gr, kr, tr, br, fr, sp, sn, sm, st word in konteks aangeleer.
Die laaste hoofletters G, Q, S word aangeleer en die kleinletters word hersien.
![]() |
Bennie is so opgewonde. Hy het gewens Pappa neem hom en sy maats na die pretpark.
Die wiele draai.
Die musiek speel.
Die ligte flits.
Die mense gil soos hulle om en om draai.
Die karretjies gly en bots teen mekaar.
Die swaaie vlieg al vinniger en vinniger.
Daar’s ballonne, stokkielekkers so groot soos pierings,
narre met gesigte wat geverf is,
pryse om te wen en ponies om op te ry.
Bennie hardloop heen en weer.
Hy kan nie besluit wat hy eerste wil doen nie!
Pappa koop vir hulle roomyse, springmielies, vleisbroodjies, koeldranke en sakke vol lekkers.
Die was heerlik!
| LU 3.3.3 | LU 3.3.5 |
![]() |
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
| LU 2.1 | LU 4.3.1 | LU 4.8 |
![]() |
Leidraad: Al die woorde begin met
![]() |
| LU 3.4.4 | LU 4.3.2 |
![]() |
sOn naga an edi reediniut
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
reguit ry tot by die sirkel, links draai, by een stopstraat verby, regs draai, weer links draai en ry tot by die verkeerslig, wag totdat die lig groen is, regs draai, by die bos verby en daar kom julle by die ……………………………………………………. aan.
![]() |
| LU 3.2.3 | LU 3.3.3 | LU 4.3.2 | LU 5.1.1 |
![]() |
1. Ek ……………………………………………………….. botter op my brood.
2. Op ‘n warm dag ………………………………………………….. ek na water.
3. Hy ………………………………………………………….. aan die lekkernye.
4. Die ys gaan ……………………………………………………………………..
| LU 3.4.3 |
![]() |
| LU 2.2 | LU 5.2.2 |
![]() |
| LU 3.4.2 | LU 4.6.4 | LU 4.7.2 |
![]() |
| LU 4.1 |
1. Vandag ………………………………………………………………... die son.
2. Hulle vang die ………………………………………………………………….
3. Ek gaan ……………………………………………………………………. toe.
4. Die man roei die ……………………………………………………………….
5. My ………………………………………………………………… blink mooi.
| LU 3.4.2 |
![]() |
Bennie: Nee, Pappa! Nee! Ek wil nie hier kuier nie.
Kyk hoe deurmekaar is die dieretuin! Nee! Nee! Nee!
Mamma: Bennie! Bennie! Wat gaan aan?
Waarom skree jy so?
Bennie: N-e-e-e-e-e-e-e!
Pappa: Ma, maak hom wakker! Hy droom!
Dis seker ‘n nagmerrie!
Mamma: (skud vir Bennie) Kom, Bennie, word wakker!
Jy verjaar vandag. Het jy vergeet?
Bennie: (deur die slaap) Is dit vandag my verjaardag?
Ek het gedink dit is al verby.
Weet Mamma, ek het gedroom Pappa neem ons
na die pretpark. Dit was heerlik. Maar toe neem
hy ons na ‘n baie snaakse dieretuin. Die leeu het
my raakgesien en na my toe gekom. Sy bek was
wawyd oop! Ek is so bly dit was net ‘n droom.
Maar, Pappa, waarheen gaan ons?
Pappa: Jy sal nog sien, maar kom laat ons jou eers gelukwens met jou neënde verjaardag.
Baie geluk, ou seun. Geniet die dag.
| LU 2.4.7 | LU 3.3.1 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.7 vrae beantwoord en redes gee vir antwoord;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.3 tekste van ‘n effens ingewikkelder vlak lees;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken.
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.2 geskommelde woorde / sinne korrek oorskryf;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.4 probeer om onbekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie gebruik;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik;
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.2.2 hoërordedenke en die meegaande taal gebruik, soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer.