Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 2 » Hoe lyk ek? - 03

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
Hoe lyk ek? - 03

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Hoe lyk ek?

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Themba sterk by die huis aan na die ongeluk. Hy is baie teleurgesteld dat hy nie rugby kan speel nie maar lê hom toe op swem en besoek die biblioteek gereeld. Die gedig wys daarop dat daar ander soorte wenners ook is en dat alles in die lewe nie net oor “wen” gaan nie.

Besprekingsonderwerpe soos gestremdes om ons, sportaktiwiteite by die skool en die grappies en raaisels wat gelees kan word, behoort stimulerend vir die leerders te wees. Hulle bespreek ook met mekaar onderwerpe waaroor hulle wil skryf en begin nou hul stories te redigeer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die begin klanke sw, kw en tw word in konteks behandel, asook die eindklanke -nk, -nt, -ng en -ns.

‘n Blokkiesraaisel en woordblok word gebruik vir vaslegging.

  • SKRIF

Voorbeelde van skriflesse word ingesluit om moeilike hoofletters weer te hersien. Leerders behoort nou met gemak sinne met hoofletters wat korrek gevorm word te kan gebruik.

Skrif:

In die modules 1 – 4 is al die hoofletters in drukskrif aangeleer.

In hierdie module word ‘n voorbeeld van elke hoofletter weer eens gegee.

Die skrifles kan nou aangebied word. Daar word aanbeveel dat die hoofletters wat leerders nog nie bemeester het nie, gereeld hersien word.

Daar behoort daagliks aan skrif aandag gegee te word. Leerders moet die geleentheid kry om die formasie van die letters te oefen sodat hulle met meer gemak duidelik en vinniger kan skryf.

Kreatiewe Skryfwerk:

Leerders word in hierdie module bewus van ‘n storie se begin, die middel en die einde. Nadat hulle die sinne georden het, moet hulle die verhaal uitbrei en hulle eie gedagtes byvoeg. As die klas dit saam bespreek, kan baie idees gegee word om hulle stories interessanter te maak. Die voorstelle kan ook op die skryfbord aangebring word sodat leerders die idees in hul eie stories kan gebruik.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

  • Wat sê die titel vir julle?
  • Wat dink julle, waaraan dink Themba?

Themba dink terug.

Themba skop en skop en skop die water.

Hy swem die een lengte na die ander.

Hy swem vinnig en draai soos ‘n

vis in die water. Maar sy gedagtes

is op die rugbyveld.

Hy sien sy maats agter die bal

aan hardloop.

Hy hoor die skare langs die veld

as sy maats deurbreek en ‘n drie druk.

Hy hoor hoe gil hulle as die eindfluitjie

blaas. Hulle het gewen!

Hy wens hy was daar – een van die span.

Maar ai, die voet pla hom nog steeds.

Hy wonder of dit ooit sal gesond word.

Die hele somer kon hy nie deelneem

aan atletiek nie. Dit lyk vir hom of

hy die hele winter ook nie sal kan

rugby speel nie.

Hy draai om en swem nog ‘n paar

lengtes – kruipslag, borsslag, rugslag –

totdat hy doodmoeg is.

  • Verduidelik aan jou maats hoe swem jy (a) kruipslag (b) borsslag (c) rugslag.
  • Lees.

Medaljes vir die wenners!

Dit is Maandagoggend in die saal.

Meneer kondig die uitslae

van Saterdag se wedstryde aan

en wens die spanne geluk.

Die kinders klap hande en is bly

oor die spanne wat gewen het.

Themba weet as hulle so aanhou, sal

hulle aan die einde van die jaar

‘n medalje kry. ‘n Goue medalje.

Verlede jaar het sy span amper ‘n

silwer medalje gekry. Almal het gesê

hierdie jaar gaan hulle die wenners

wees. “Ons gaan die goue een kry,”

het hulle gesê.

Nou is hy nie eers deel van die span nie.

Nou kan hy nie eers die bal vyf meter

ver skop nie.

Mnr. Louw vra hom elke keer as hy hom

sien: “Themba, hoe gaan dit nou?

Wanneer sal jy weer kan rugby speel?”

“Ek weet nie, Meneer. Ek oefen elke dag.

Miskien volgende week,” sê Themba.

Maar hy weet dit sal nie volgende week

wees nie. Sy voet is nog te seer.

Vrae:

1. Wat het Meneer Maandagoggend in die saal gesê?

2. Wat sal die wenspan kry?

3. Themba klink ‘n bietjie moedeloos? Hoekom?

Table 1
LU 3.3.1   LU 3.3.2   LU 3.3.3  

  • Voltooi die sinne met woorde wat op -ng of -nk eindig.

1. Mammie dra ‘n ......................................................................... aan haar vinger.

2. Sy .......................................................................... die deeg vir die pannekoeke.

3. Themba het ‘n ................................................................................ stok opgetel.

4. Themba se maat sit langs hom op die ..................................................................

5. Boet het sy ......................................................................................... raakgebyt.

6. Jy moet mooi ........................................................... voor jy jou wiskunde doen.

7. My pen het ............................................................................................... nodig.

8. Ek is regtig ...................................................................................... vir ‘n slang.

9. Wat is daardie ..................................................................................... wat daal?

10. Die ................................................................................ het die vuur veroorsaak.

Table 2
LU 3.4.2  
  • Lees die sigwoorde in die medaljes vir ‘n maat.
  • Kleur die medaljes in wat jy kan lees.
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
  • Skryf die dae van die week in die korrekte volgorde:

..........................................................................................................................................

  • Maak ‘n sin met medalje en meter.

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

Table 3
LU 3.4.6   LU 4.6.2   LU 4.7.2  

  • Skryf soveel woorde neer as waaraan jy kan dink wat rym met

gang .................................................................................................................................

ring ..................................................................................................................................

tong .................................................................................................................................

bank ................................................................................................................................

ink ...................................................................................................................................

vonk .................................................................................................................................

  • Tel jou woorde.
  • As jy 12 woorde geskryf het, verdien jy ‘n medalje. Teken vir jou een en kleur dit in.
Table 4
LU 3.4.5   LU 4.8  
  • Vir die seuns.
  • Kyk na die prente.
  • Vertel die storie van die prente.

Die Rugbywedstryd

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  • Lees die sinne en besluit of hulle by prent 1, die begin van die storie, of by prent 2, die middel van die storie, of by prent 3, die einde van die storie, inpas.
  • Skryf die prent se nommer langsaan die sin.

1. Die eindfluitjie blaas.

2. Ek gaan vir die Blou span speel.

3. Ek druk ‘n drie.

4. My naam is op die bord.

5. Ek kry die bal.

6. Hoera! Ons het gewen!

Table 5
LU 2.3  
  • Vir die dogters.
  • Kyk na die prente.
  • Vertel die storie van die prente.
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
  • Lees die sinne en besluit of hulle by prent 1, die begin van die storie, of by prent 2, die middel van die storie, of by prent 3, die einde van die storie, inpas.
  • Skryf die prent se nommer langsaan die sin.

1. Die eindfluitjie blaas.

2. Ek gaan vir die Blou span speel.

3. Die bal is in die net!

4. My naam is op die bord.

5. Ek kry die bal.

6. Hoera! Ons het gewen!

Table 6
LU 2.3  
  • Vir almal.
  • Skryf die 6 sinne op bladsy 19 en 20 in die regte volgorde oor sodat hulle soos ‘n storie lees.
  • Kies jou eie titel vir die storie.

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

(titel)

Table 7
LU 4.3.1  
  • Bespreek jou storie met die klas om seker te maak van die volgorde.

Assessering

Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik en herhaling te vermy;

Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;

3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;

3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;

3.4.5 bekende rymwoorde;

3.4.6 ‘n toenemende aantal hoëfrekwensiesigwoorde herken;

Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.1 verskillende soorte tekste skryf;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:

4.6.2 algemene woorde korrek spel;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.7.2 basiese punktuasie gebruik;

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde / sinne / stories illustreer om begrip te toon.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: