INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba sterk by die huis aan na die ongeluk. Hy is baie teleurgesteld dat hy nie rugby kan speel nie maar lê hom toe op swem en besoek die biblioteek gereeld. Die gedig wys daarop dat daar ander soorte wenners ook is en dat alles in die lewe nie net oor “wen” gaan nie.
Besprekingsonderwerpe soos gestremdes om ons, sportaktiwiteite by die skool en die grappies en raaisels wat gelees kan word, behoort stimulerend vir die leerders te wees. Hulle bespreek ook met mekaar onderwerpe waaroor hulle wil skryf en begin nou hul stories te redigeer.
Die begin klanke sw, kw en tw word in konteks behandel, asook die eindklanke -nk, -nt, -ng en -ns.
‘n Blokkiesraaisel en woordblok word gebruik vir vaslegging.
Voorbeelde van skriflesse word ingesluit om moeilike hoofletters weer te hersien. Leerders behoort nou met gemak sinne met hoofletters wat korrek gevorm word te kan gebruik.
Skrif:
In die modules 1 – 4 is al die hoofletters in drukskrif aangeleer.
In hierdie module word ‘n voorbeeld van elke hoofletter weer eens gegee.
Die skrifles kan nou aangebied word. Daar word aanbeveel dat die hoofletters wat leerders nog nie bemeester het nie, gereeld hersien word.
Daar behoort daagliks aan skrif aandag gegee te word. Leerders moet die geleentheid kry om die formasie van die letters te oefen sodat hulle met meer gemak duidelik en vinniger kan skryf.
Kreatiewe Skryfwerk:
Leerders word in hierdie module bewus van ‘n storie se begin, die middel en die einde. Nadat hulle die sinne georden het, moet hulle die verhaal uitbrei en hulle eie gedagtes byvoeg. As die klas dit saam bespreek, kan baie idees gegee word om hulle stories interessanter te maak. Die voorstelle kan ook op die skryfbord aangebring word sodat leerders die idees in hul eie stories kan gebruik.
1. Waar kan jy skryf oor hoe jy gevoel het? Dink aan woorde wat jy kan gebruik, bv. opgewonde; teleurgesteld; trots; doodmoeg.
2. Waar kan jy oor die toeskouers skryf? bv. hulle staan bankvas langs die veld; spring op in die lug; wens ons geluk.
3. Waar kan jy skryf oor hoe vinnig jy gehardloop het? Hoe sterk jy in die skrum gedruk het? Hoe jy die bal gegooi het.
4. Waaraan kan jy nog dink? Skryf jou gedagtes hier neer.
..........................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................
| LU 2.1 | LU 2.4.3 |
. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
(titel)

| LU 4.3.1 | LU 4.4.1 | LU 4.4.2 | LU 4.4.3 |
Themba kla nie. Hy is baie hartseer
en saans as hy in die bed lê, dink hy
weer aan sy maats op die rugbyveld.
Hy stap nou meer gereeld biblioteek toe.
Hy geniet die boeke wat hy lees.
Hy leer baie dinge - van mense, van
lande, van diere, van die natuur.
Hy hou baie van speurverhale en
reisverhale, asook stories van avonture.
Dan vergeet hy van die skool, sy maats,
die rugby. Dan is hy ver, ver weg –
in grotte, op berge of onder op die
bodem van die see. Dit is vir hom
lekker, baie lekker.
Hy swem nog steeds, net wanneer hy kan.
Maar hy begin al minder aan rugby dink.
Hy begin al meer oor sy stories wonder.
Wie het die geld gesteel? Hoe gaan die
reddingspan van die ysberg afkom?
Hoe lyk Paradyseiland? Waarom het
dinosourusse uitgesterf?
En hy swem nog ‘n paar lengtes – kruipslag, borsslag, rugslag – totdat Thandi later vir hom kom roep: “Ouma Rosie sê jy moet nou kom. Dit word laat!”
| LU 3.3.1 | LU 3.5.3 |
![]() |
| LU 3.4.3 |
Kom ons vra vir haar. Luister mooi na wat sy sê.
Vrae vir die Bibliotekaresse.
1. Hoe weet u waar al die boeke kom?
2. Waar moet ek soek as ek ‘n boek wil uitneem om te lees?
3. Wat moet ek dan doen?
4. Vir hoe lank kan ek die boek hou?
5. Wat gebeur as ek die boek nie betyds terubring nie?
6. Mag ek die prente inkleur?
7. Waar kry Themba die boeke oor:
mense van ander lande; diere; die natuur; speurverhale; reisverhale en avontuurstories?
8. Wat is die reëls van die biblioteek?
9. Waar kry die skool al die boeke?
10. Hoe moet ek my biblioteekboeke versorg?
| LU 2.6 | LU 5.3.3 |
1. Boeke oor die natuur gaan oor
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. Speurverhale gaan oor

3. Reisverhale gaan oor

4. Avontuurstories gaan oor

| LU 6.1.1 |
![]() |
1. ......................................................................................................................................
2. ......................................................................................................................................
3. ......................................................................................................................................
4. ......................................................................................................................................
5. ......................................................................................................................................
| LU 3.4.2 | LU 4.7.2 |
![]() |
| LU 4.2.1 | LU 4.2.2 | LU 4.3.1 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder oor persoonlike ervarings en algemene nuusgebeure gesels;
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
2.4.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste taal vir verskillende doeleindes en met verskillende mense gebruik (voer onderhoude).
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.2 twee- en drieletterkombinasies aan die begin en einde van woorde herken;
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep in meer komplekse patrone herken;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
3.5.3 die woordeboek begin gebruik;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;
4.2.2 idees met klasmaats en onderwyser deel;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.1 verskillende soorte tekste skryf;
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder hersien skryfstukke:
4.4.1 eie en ander se skryfstukke bespreek om terugvoering te gee of te ontvang;
4.4.2 probeer om eie skryfwerk te redigeer;
4.4.3 eie skryfwerk hersien na bespreking met ander;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:
5.3.3 eenvoudige strategieë gebruik om inligting te verkry en op te teken.
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde:
6.1.1 klanke gebruik om minder bekende woorde te spel.