Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 2
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba sterk by die huis aan na die ongeluk. Hy is baie teleurgesteld dat hy nie rugby kan speel nie maar lê hom toe op swem en besoek die biblioteek gereeld. Die gedig wys daarop dat daar ander soorte wenners ook is en dat alles in die lewe nie net oor “wen” gaan nie.
Besprekingsonderwerpe soos gestremdes om ons, sportaktiwiteite by die skool en die grappies en raaisels wat gelees kan word, behoort stimulerend vir die leerders te wees. Hulle bespreek ook met mekaar onderwerpe waaroor hulle wil skryf en begin nou hul stories te redigeer.
Die begin klanke sw, kw en tw word in konteks behandel, asook die eindklanke -nk, -nt, -ng en -ns.
‘n Blokkiesraaisel en woordblok word gebruik vir vaslegging.
Voorbeelde van skriflesse word ingesluit om moeilike hoofletters weer te hersien. Leerders behoort nou met gemak sinne met hoofletters wat korrek gevorm word te kan gebruik.
Skrif:
In die modules 1 – 4 is al die hoofletters in drukskrif aangeleer.
In hierdie module word ‘n voorbeeld van elke hoofletter weer eens gegee.
Die skrifles kan nou aangebied word. Daar word aanbeveel dat die hoofletters wat leerders nog nie bemeester het nie, gereeld hersien word.
Daar behoort daagliks aan skrif aandag gegee te word. Leerders moet die geleentheid kry om die formasie van die letters te oefen sodat hulle met meer gemak duidelik en vinniger kan skryf.
Kreatiewe Skryfwerk:
Leerders word in hierdie module bewus van ‘n storie se begin, die middel en die einde. Nadat hulle die sinne georden het, moet hulle die verhaal uitbrei en hulle eie gedagtes byvoeg. As die klas dit saam bespreek, kan baie idees gegee word om hulle stories interessanter te maak. Die voorstelle kan ook op die skryfbord aangebring word sodat leerders die idees in hul eie stories kan gebruik.
Nee, die span het nie die goue medalje gekry nie – wel silwer.
Themba was bly oor sy span en het hulle geluk gewens.
“Toemaar,” het hulle gesê, “volgende jaar speel jy weer vir ons span, Themba, dan sal ons hulle wys!” Themba glimlag net en sê: “Ons sal sien”.
Daardie middag kry al die kinders ‘n omsendbrief om huis toe te neem. Eers toe Themba by die huis kom, lees hy die brief. Ouma Rosie luister.
Geagte Ouers
Die rugbyseisoen het goed afgesluit.
Die onder 9-span het silwer medaljes gekry. Ons sê baie geluk aan hulle.
(Daar was nog ander sportuitslae, maar Themba stel nie baie belang nie. Hy lees die laaste stukkie wat in groot letters gedruk is).
ONS BEGIN VOLGENDE WEEK MET ‘N SWEMGALA. ALMAL MOET INSKRYF. DAAR GAAN GROOT PRYSE WEES.
| LU 1.3.3 | LU 3.3.1 | LU 3.3.2 |
![]() |
..........................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

| LU 3.4.4 | LU 4.8 |
1. Die gans ...............................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. Die krans ..............................................................................................................
..........................................................................................................................................
3. Ek wens ...............................................................................................................
..........................................................................................................................................
4. Die mens ..............................................................................................................
..........................................................................................................................................
5. Die pons ..............................................................................................................
..........................................................................................................................................
6. Ons ......................................................................................................................
..........................................................................................................................................
7. Die gans se dons ..................................................................................................
..........................................................................................................................................
8. Dans .....................................................................................................................
..........................................................................................................................................
9. Haar kuns .............................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.6.1 | LU 4.6.2 |
Dit is Maandagoggend in die saal.
Meneer kondig die uitslae van die swemgala aan en vra dat die wenners verhoog toe sal kom om hulle pryse en medaljes te ontvang.
“Ons begin by die kruipslag, onder 9. Eerste: Themba “. . . . . . . . . . . . . . . . .
Themba wip soos hy skrik. Vinnig is hy op die verhoog, terwyl die hele skool hard hande klap. Meneer hang die GOUE medalje om sy nek en oorhandig aan hom ‘n koevert. Die tweede en derde pryswenners kom staan langs hom.
“En nou die uitslae van die borsslag, onder 9. Eerste: Themba” . . . . . . . . . .
Nog ‘n GOUE MEDALJE! Nog’n koevert!
“En nou die uitslag van die rugslag, onder 9. Eerste: Themba” . . . . . . . . . . .
DRIE GOUE MEDALJES! DRIE KOEVERTE!
“Hip hip hoera!” skreeu almal.
“Kyk hoe lyk hy nou! Themba is ‘n wenner!” skreeu hulle.
Themba kyk af na die medaljes om sy nek.
| LU 3.3.1 | LU 3.3.3 |
Jy’s ‘n wenner,
jy’s ‘n wenner,
as jy hard probeer,
met durf volhou
en dan presteer.
Jy’s ‘n wenner,
jy’s ‘n wenner,
as jy soms verloor
en jou glimlag nog steeds
almal kan bekoor.
Jy’s ‘n wenner,
jy’s ‘n wenner,
as jy net aanhou
al moet jy ook soms
harde bene kou.
Jy’s ‘n wenner,
jy’s ‘n wenner,
jy’s ‘n wenner sowaar
as jy swaarkry en mislukkings
in die lewe aanvaar.
G.J.M.
| LU 4.8 | LU 5.2.2 |
![]() |
1. Niks – dit het net gewaai.
2. ‘n Spaarbussie.
3. Seekatte.
4. Hulle het nie hare of tande nie.
5. In die woordeboek.
6. Gaan jy vanaand uit?
7. Horlosie.
| LU 2.2 | LU 3.5.5 |
gehinder onthou gereeld oefeninge
herstel heeltemal kere atletiek
netbalspanne rugby kaptein drieë
verveeld eindfluitjie somer kruipslag
borsslag rugslag uitslae medalje
meter biblioteek speurverhale reisverhale
avonture bodem reddingspan Paradyseiland
dinosourusse bibliotekaresse sportuitslae swemgala
koevert spandeer verkeerde enigste
| LU 3.3.5 | LU 4.6.5 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
1.3.3 voorspel wat gaan gebeur;
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.1 met toenemende spoed en vlotheid lees;
3.3.2 hardop lees en die korrekte uitspraak en gepaste klem gebruik;
3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken.
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
3.5.5 raaisels en grappies lees.
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.1 eksperimenteer met woorde uit eie taalervaring;
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
4.6.5 ‘n woordbank en ‘n persoonlike woordeboek opbou;
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde / sinne / stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.2.2 hoërordedenke en die meegaande taal gebruik, soos maak afleidings, pas kennis toe, evalueer.