Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 2
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba neem belangrike besluite oor hoe hy sy prysgeld gaan spandeer.
Die gedig “Hoër as die wolke” bevat leidrade wat die leerders kan oorweeg om te besluit wat hulle dink Themba sal besluit. Groepwerk kan sorg vir ‘n lewendige bespreking.
Die onderhoud wat die verslaggewer met Themba voer, kan aanleiding gee tot onderhoude tussen leerders in die klas. Leerders vertel ook wat hulle met die prysgeld sou gedoen het.
-ks, -mp, -lp, -lf en -lk word in hierdie module aangeleer.
Hersiening van moeilike hoofletters gaan voort.
Julle onthou seker nog vir Themba. Julle onthou hoe hy die goue medaljes gewen het.
Julle onthou van die drie koeverte wat hy as eerste pryse vir rugslag, borsslag en kruipslag gekry het.
En was hy nie trots nie!
In elke koevert was driehonderd rand. Themba kon sy oë nie glo nie!
Negehonderd rand! Hy het nog nooit soveel geld gehad of gesien nie.
Sy maats het almal nader gestaan en hom geluk gewens.
“Themba,” vra hulle, “wat gaan jy met soveel geld maak?
Themba glimlag breed.
“Ek sal nog besluit wat ek daarmee sal maak,” sê hy.
Hy sit die geld versigtig in sy beursie en bêre sy beursie in sy sak.
“Sjoe,” dink hy, “dit was ‘n GROOT verrassing. “Ek wonder wat Ma en Pa hiervan sal sê.”
| LU 3.2 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
1. ......................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. ......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 3. ......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 4. ......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 5. ......................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 3.4 | LU 4.7 |
Themba is haastig om by die huis te kom.
Hy kan nie wag om vir almal te vertel van sy pryse nie.
Hy maak die voordeur oop en storm in. Daar trek sy boeksak!
Ouma Rosie kom kyk wat se lawaai dit nou is. Sy is verbaas om te sien waar Themba se boeksak lê.
Sy wil net begin raas, toe begin almal gelyk praat: Themba, Thandi en al hulle maats.
Uiteindelik bedaar hulle en hoor Ouma Rosie die storie van die drie koeverte met driehonderd rand in elkeen.
Sy kon haar ore nie glo nie en druk vir Themba so hard dat hy skaars kon asemhaal.
“Wat nou, Themba! Het jy al gedink wat jy daarmee gaan maak?” vra sy.
“Ek gaan eers wag tot Ma en Pa huistoe kom,” sê Themba, “dan sal ek besluit wat ek gaan doen.”
| LU 3.3 | LU 3.4 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
☻ Maak seker jy weet wat elke woord beteken.
☻ Skryf jou eie sinne.
☻ Onthou hoofletters en punte.
1. ......................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. ......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 3. ......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 4. ......................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... 5. ......................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 3.4 | LU 4.7 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.5 lettergrepe gebruik om woorde te lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan.