INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba en Thandi is baie opgewonde oor die lentedag-feesvieringe wat by die skool gehou gaan word. Almal word aangemoedig om blomme skool toe te bring. Daar word ‘n piekniek, hoedeparade, pannekoekfees, atletiekbyeenkoms en ‘n filmvertoning gehou.
Hierdie aktiwiteite leen hulself tot besprekings oor seisoene, die maak van lenteprente (Lewensoriëntering – Kuns), ‘n eie gedig te skryf, interessante toebroodjies en mariebeskuitjies te maak (Tegnologie), te praat oor gesonde kossoorte en springmielies te maak (Tegnologie).
-rg, -rm, -rp, -rf, -rs, -rt en -ts word in konteks aangeleer en leerders speel ‘n klankespeletjie om hierdie klanke te hersien.
Die eerste vyf aaneenlopende skrifpatrone en die letters wat by elkeen pas, word aangeleer.
: |
, |
, |
, |
|
: |
, |
, |
, |
|
: |
, |
, |
, |
|
: |
|
|||
: |
|
|
|
Luister na die skoolhoof se afkondiging wat oor die interkom gekom het.
“Aandag seuns en dogters.
Môre vier ons lentedag.
Julle mag gewone klere aantrek.
Hier volg die program vir ons feesvieringe.
7:00 - 8:00 Versier die gange, die voorportaal en die klaskamers met blomme.
8:00 - 9:00 Berei julle piekniekmandjies voor en pak hulle in.
9:00 - 10:00 Sportitems op die rugbyveld tussen die drie kleure.
10:00 - 1 1:00 Pouse - piekniek
1 1:00 - 12:00 Hoedeparade
12:00 - 13:00 Pannekoekfees
13:00 - 14:00 Filmvertonings in die saal
Dankie. Dit is al vir vandag.”
1. Watter fees word môre by die skool gevier?
2. Watter aktiwiteite word beplan? Kan julle die volgorde onthou?
3. Hoe laat begin die skooldag? Hoe laat eindig die skooldag?
4. Hoe dink julle het Themba en Thandi en al die kinders gevoel na die afkondiging?
5. Watter aktiwiteit sou vir julle die lekkerste wees? Gee redes.
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
..........................................................................................................................................

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 3.4 | LU 4.6 | LU 4.7 |
Die kinders het van vroeg af skool toe gekom, elkeen met ‘n arm vol van die mooiste blomme - wit, rooi, geel, pers en oranje.
Ouma Rosie het gesorg dat Themba en Thandi se arms ook volgelaai was.
Almal het hul besig gehou met die rangskik van die blomme. Juffrou het ook gehelp.
Gou-gou was al wat ‘n klaskamer, gang en portaal is, toegepak met die blomme. Dit was ‘n kleurvolle prentjie, om nie te praat van die heerlike geure van rose, pronkertjies en menige ander soorte blomme nie. Die skool het soos ‘n blomtuin gelyk!
Baie blomme in die skool het dit ............................................................ lyk en .............
......................................................................... ruik.
| LU 3.2 | LU 3.3 | LU 3.4 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
![]() |
| LU 2.4 |
![]() |
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 3.4 | LU 4.6 | LU 4.7 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit geskrewe teks;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan.