Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 2
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Thandi skryf ‘n storie oor die films wat by die skool vertoon is, naamlik “Slinkse planne”.
Die drie boewe – Jakkals, Muishond en Slang beland in die moeilikheid en word deur Koning Leeu gestraf.
Interessante besprekings oor hongersnood, diefstal, geweld, straf, betogings vloei hieruit.
Leerders lees en ontleed raaisels en neem deel aan telefoongesprekke.
fl-, fr-, spr-, str- en die eindklanke -ts, -mp, -nk, en -ks word behandel. Leerders voltooi ‘n werkvel met woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word.
: |
|
|
||
: |
|
|
||
: |
|
|
|
|
: |
|
|||
: |
|
|
|
|
Ouma Rosie, Mammie, Pappa en Themba sit aandagtig en luister na die storie wat Thandi geskryf het oor die filmvertoning by die skool. Haar storie se naam is ..........
Jakkals kom gaap-gaap uit sy skuilplek onder die bos uit.
“Ek is honger”, sê hy. “Ek het drie dae laas iets geëet. As ek nie nou kos kry nie, gaan ek dood van die honger”. Hy sluip druipstert om die bos en sien vir Muishond onder die takke lê.
“Muishond! Muishond!” roep hy hard. “Word wakker! Jy moet asseblief vir my kom help. Ek gaan dood van die honger. Gister het ek amper ‘n kwartel gevang, maar toe ek nader kom, vlieg hy weg. Hy het natuurlik weer net gemaak asof hy ‘n seer vlerk het”.
“My lyf is seer, Jakkals. Ek het vier dae laas geëet. Die kos is baie skaars in die bos. Ek weet nie wat van ons gaan word nie.” Muishond draai om en raak dadelik weer aan die slaap.
| LU 1.3 | LU 3.3 | LU 4.3 |
Hoe goed het jy geluister?
1. Jakkals is slinks.
2. Jakkals is in die moeilikheid.
3. Gewoonlik word jakkalse in stories as helde beskou.
4. Muishond is Jakkals se vyand.
5. Muishond is ook honger.
6. Jy is jammer vir Jakkals.
7. Jy is jammer vir Muishond.
ek het vier dae laas geëet die kos is baie skaars
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
| LU 1.3 | LU 2.4 | LU 4.7 |
Die begin:
Die middel:
Die einde:
________________________
titel
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
| LU 2.3 | LU 4.2 | LU 4.3 | LU4.7 |
![]() |
| LU 4.1 |
fli nt flits
fra ks
fro ts
fli nk
flu ts
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
…………………………………………………………………………………………..
| LU 3.4 | LU 4.6 |
Ons weet almal dat Jakkals en Muishond nou nie juis baie vriende in die bos het nie. Hulle gedra hulle soos boewe, knou die muise en skilpaaie af en verwilder die klein voëltjies uit hulle neste. Koning Leeu het hulle al ‘n paar waarskuwings gegee, maar hoor is min. Môre doen hulle maar weer dieselfde.
Hulle blameer ook altyd vir Slang en pak die skuld op hom as hulle in die moeilikheid beland.
Nie dat Slang onskuldig is nie! Hy is net so skelm en onderduims soos sy twee vriende, Jakkals en Muishond. Maar Slang word selde gevang, omdat hy gewoonlik vinnig padgee en dan in die digte bosse gaan skuil waar hy nie maklik gesien word nie.
boewe …………………………………………………………………………………..
onderduims……………………………………………………………………………...
blameer …………………………………………………………………………………
skuil …………………………………………………………………………………….
| LU 3.3 | LU 3.5 |
![]() |
| LU 4.1 |
klo ts
sto mp
kli nk
snaa mp
dri ks
| LU 3.4 | LU 4.6 | LU 6.1 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik en herhaling te vermy;
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aan klas- en groepbesprekings deelneem:
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep:
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder aan dinkskrumaktiwiteite deelneem:
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe vir verskillende doeleindes skryf:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik:
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband met woorde te bring.