Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig vertel van verskillende diere en wat hulle gewoontes is. Leerders beplan ‘n praatjie oor ‘n dier en skryf ‘n verslag wat hulle vir die klas voorlees. Leerders lees die stories van “Leeu en Muis” en “Die Skilpad en die Haas” en beantwoord vrae daaroor. Daar is raaisels om te lees en op te los en leerders skryf hulle eie raaisels.
: |
|
|
|
: |
|
|
|
: |
|
||
: |
|
||
: |
|
|
|
Woorde wat eindig op die volgende medeklinkers; ks, ng, nk, lp, lk, rs, ns, nt, mp, rk asook woorde wat begin met spr, str, skr.
Eendag beland 'n piepklein muisie in die poot van 'n yslike groot leeu. "Ek het jou gevang, Meneer Muisie, jy is myne!" brul die yslike groot leeu.
"Asseblief, Grote Leeu, Koning van die Diere, moet my nie seermaak nie. Laat my asseblief los. My kinders wag vir my en die son sak al laag. As jy my loslaat, sal ek vir jou ook eendag 'n guns bewys", pleit die muisie.
"Jy weet", brul die yslike, groot leeu, "ek dink nie jy sal enige nut vir my wees nie. Jy is glad te klein om vir my gunste te bewys. Maar loop maar, ek sal jou lewe spaar ter wille van jou kinders. Toe, loop nou, voor ek van plan verander."
Piepklein Muisie skarrel vinnig weg en verdwyn in die bosse.
'n Paar dae later word Grote Leeu in 'n strik gevang. Hy is vas en kan nie roer nie. Hy brul en brul, maar kan nie loskom nie. Skielik hoor hy 'n "piep-piep" hier naby hom. Sowaar, dit is dieselfde muisie wat hy 'n paar dae tevore gevang het.
"Lê stil", piep die muisie, "Ek sal gou-gou die toue deurknaag, dan sal jy los wees."
"Ag, ou Muisie," kla Grote Leeu moedeloos, die toue is so dik en jou tandjies is so klein. Hoe sal jy dit regkry?"
Maar die muisie hou net aan met knaag en sowaar, kort voor lank is daar 'n yslike gat waardeur Grote Leeu kan kruip.
"Baie dankie, Kleine Muisie. Jy het vandag my lewe gered. Al is jy baie, baie klein, het jy my gered toe ek magteloos was. Ek is jammer dat ek gedink het dat jy te klein is om my te help. Ek sal vir jou en jou kindertjies 'n groot geskenk gee." Hulle was vir ewig vriende.
![]() |
| LU 3.3.1 |
![]() |
Muisie
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
Leeu
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 2.3 | LU 5.5.2 |
HOOFLETTERS,
PUNTE, en
VRAAGTEKENS
![]() |
| LU 4.7.2 |
| LU 4.3.3 | LU 4.4.3 | LU 4.5.1 | LU 4.6.1 | LU 4.7.4 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
1. Luister na die mooi .................................................................... van die klavier.
2. Jy sal jou vinger .............................................................................. by die vuur.
3. Dis 'n groot ................................................................................................. bye.
4. Jy sal my motor ...................................................................................................
5. Slim kinders is .....................................................................................................
6. Hy .................................................................................................... na sy asem.
7. Dit was 'n ......................................................... brander wat my omgestamp het.
8. Kyk hoe mooi ................................................................................ die diamant.
| LU 6.1.2 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik, herhaling te vermy en elemente van intrige en karakterisering te gebruik;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:
3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik:
4.7.2 punktasie gepas gebruik;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige strategieë gebruik om inligting te verkry:
5.5.2 staaf en verduidelik argumente deur redes en bewyse te verskaf.
Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde:
6.1.2 enkel- en dubbelkonsonante en –vokale korrek gebruik.