Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 3 » Dierestories - 04

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Dierestories - 04

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Dierestories

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die gedig vertel van verskillende diere en wat hulle gewoontes is. Leerders beplan ‘n praatjie oor ‘n dier en skryf ‘n verslag wat hulle vir die klas voorlees. Leerders lees die stories van “Leeu en Muis” en “Die Skilpad en die Haas” en beantwoord vrae daaroor. Daar is raaisels om te lees en op te los en leerders skryf hulle eie raaisels.

  • SKRIF
Table 1
m_patroon_vas.png: m_vas.png n_vas.png r_vas.png
u_patroon_vas_02.png: u_vas.png v_vas.png w_vas.png
c_patroon_vas.png: c_vas.png    
o_vas_patroon.png: o_vas.png    
a_patroon_vas.png: a_vas.png d_vas.png q_vas.png
  • KLANKE EN WOORDBOU

Woorde wat eindig op die volgende medeklinkers; ks, ng, nk, lp, lk, rs, ns, nt, mp, rk asook woorde wat begin met spr, str, skr.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

  • Lees die storie van .....

Die Skilpad en die Haas

'n Skilpad is 'n dier wat baie stadig beweeg.

Eendag sê die uitgeslape skilpad vir Haastige Hasie: "Ek wed jou ek sal jou wen as ons twee resies hardloop." Die hasie kyk verbaas na skilpad en dink by homself: "Ek het seker nie reg gehoor nie. Glo hierdie trapsuutjies nou regtig hy sal my wen? Weet hy nie hoe vinnig ek kan hardloop nie? Hier is nie 'n hond op hierdie plaaswerf wat my kan vang nie!"

"Nou goed", sê Haas, "ons kan môre resies hardloop en dan kyk ons wie kom eerste by die wenstreep aan."

Die volgende oggend het al wat dier is bymekaar gekom om hierdie resies dop te hou.

Skilpad en Haas staan gereed.

"Op julle merke, gereed en weg is julle!" roep die olifant en hy blaas die fluitjie so hard dat dit deur die bos weergalm.

Haastige Haas spring met 'n vaart in die pad.

'n Groot stofwolk agtervolg hom en hy verdwyn heeltemal daaragter.

Skilpad stap maar voetjie vir voetjie aan.

Hy is baie rustig en glimlag vir homself.

Hasie dink toe dat hy genoeg tyd het om nou eers 'n bietjie te rus en 'n bietjie te eet.

Hy gaan lê uitgestrek in die koelte van 'n groot boom en begin knibbel aan die smaaklike, vars, groen grassies wat daar naby hom groei. Dit smaak heerlik, dink hy, en lê agteroor.

Hy lê so lekker dat hy insluimer en vergeet van Ou Skilpad.

Skilpad is bult-op en bult-af.

Hy kyk nie regs nie en ook nie links nie.

Hy hou net aan.

Uiteindelik is hy twee tree van die wenstreep.

Dis toe dat Hasie wakker skrik en onthou!

Hy spring soos 'n weerligstraal daar weg, maar te laat!

Skilpad is oor die wenstreep!

Al die diere juig en klap hande vir die wenner.

"Jy sien", sê Skilpad, "dit is waar wat hulle sê: HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED. Jy het gedink jy is vinniger as ek en toe het jy te gerus geraak."

Skilpad stap weg met 'n glimlag wat nou nog breër is.

Table 2
LU 3.3.1  
  • Beantwoord die vrae .....

1. Hoe het skilpad van die begin af geweet hy gaan die resies wen?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

2. Wie, het die ander diere gedink, gaan wen? Gee 'n rede.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

3. Hoekom kon "aanhouer wen" ook 'n goeie naam gewees het vir die storie?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

4. Skilpad is 'n nederige diertjie. Reg/verkeerd? Gee 'n rede waarom jy so sê.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

Table 3
LU 3.2.1  

  • Soek die woorde in die storie wat Skilpad en Hasie beskryf.
  • Stel twee lyste saam.

SKILPAD

HASIE

  • Dink aan jou eie woorde wat Skilpad en Hasie beskryf.

SKILPAD

HASIE

Voltooi die volgende sinne met verskillende beskrywende woorde, sonder om kleure te gebruik.

1. Sy het 'n .............................................................................................. rok gedra.

2. Sy het 'n .............................................................................................. rok gedra.

3. Sy het 'n .............................................................................................. rok gedra.

Table 4
LU 6.2.4  
  • Skryf die storie oor in 'n paar sinne.
  • Skryf die sinne op die pad waarlangs Skilpad en Hasie resies gejaag het.
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
Table 5
LU 4.3.2  

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  • Voltooi die patroon.
Table 6
LU 4.1  

Assessering

Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 kommentaar lewer op ‘n storie of gedig wat hy/sy gelees het en begrip toon deur vrae te beantwoord:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:

3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees:

Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.2 ‘n reeks kort tekste vir verskillende doeleindes skryf;

Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk:

6.2.4 adjektiewe verstaan en gebruik.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)