Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 3 » Muggie Deel 01 - 01

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Muggie Deel 01 - 01

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Muggie Deel 1

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Module 3 is die eerste van drie modules wat handel oor Muggie. Muggie is ‘n muisie wat met die leerders per brief kommunikeer. Leerders kry geleenthede om briewe aan Muggie te skryf en oplossings te soek vir die geraas in die klas.

Muggie skryf ook vir die klas ‘n raaisel in “muistaal”, naamlik “Wat het muise wat ander diere nie het nie?” Antwoord: Babamuise.

  • SKRIF
Table 1
e_vas.png: e_vas_02.png      
l_patroon_vas_02.png: l_vas.png b_vas.png k_vas.png f_vas.png
j_ptroon_vas.png: j_vas.png g_vas.png y_vas.png  
x_vas.png, z.png      
  • KLANKE EN WOORDBOU

Woorde wat eindig op ng en nk; ‘n “d” of ‘n “t”; woorde wat begin met ge-, be-, en ver-.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

  • Luister na die gedig.
  • Praat daaroor.
  • Lees dit nou.

Hok toe

Die lang vakansie is verby,

die skole gaan begin.

Daar lui die wekker, kan jy glo!

Dis opstaan tyd vir my.

Dis tande borsel, boeke pak,

die skoene druk maar seer!

Dis kosblik, skryfgoed in my sak,

eEn hok toe gaan ek weer.

Juffrou wag daar in die deur,

en kyk daar is my maats.

Ons werk, en lag en terg mekaar -

ek hou van skool - SOWAAR!

G.J.M.

Table 2
LU 1.1   LU 1.4.5   LU 2.5.4   LU 3.2.1  
  • Bespreek die naam "Hok toe".
  • Soek die woorde wat rym met:

verby…………………….; pak ………………….; mekaar ………………….;

  • Maak 'n lys van al die dinge wat jy soggens moet doen voor jy skool toe gaan.

1. ......................................................................................................................................

2. ......................................................................................................................................

3. ......................................................................................................................................

4. ......................................................................................................................................

5. ......................................................................................................................................

  • Vertel vir die klas waarom jy van skool hou of nie hou nie.
  • As jy nie van skool hou nie, wat sal jy wil verander sodat jy meer van skool sal hou?

Table 3
LU 3.2.1   LU 4.2.1   LU 4.3.2  
  • Lees die brief wat MUGGIE vir jou geskryf het.
  • Kyk na moeilike woorde.
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Liewe _________________

(Skryf jou naam hier)

Soos jy kan sien, is dit Dinsdag laatmiddag. Die skole het vandag weer begin na 'n lekker rustige vakansie. Ek sê rustig, want dit was vir my rustig sonder die gewoel en gewerskaf hier in die klaskamer sonder julle.

Maar wag, laat ek myself bekend stel. Jy ken my mos nie. Ek is Muggie. Jy het my nog nooit gesien nie. Ek is 'n piepklein muisie, baie kleiner as 'n gewone muis, dus sal jy my nie maklik raaksien nie. Ek is bruin, met spits oortjies, blink ogies soos fyn swart kraletjies (my ma sê so), snorbaarde en 'n

l - a - a - n - n - g stert. My oupa sê altyd die slimste muise het die langste sterte. Dit is hy wat my leer skryf het soos julle mensekinders. Daarom kan ek vandag vir jou 'n brief skryf.

Jy kan nie muistaal verstaan of skryf nie, al is jy in Graad 3. Maar toemaar, ek sal nog vir jou leer!

Oeps! Ek moet gaan. Al die muise hier in die skool gaan vergadering hou. Ek skryf weer, dan sal ek jou sê waar ek woon.

Muissoentjies

Muggie.

  • Het jy Muggie se brief verstaan?
  • Beantwoord die volgende vrae. Onthou hoofletters en punte.

1. Wie is Muggie? Muggie .....................................................................................

..........................................................................................................................................

2. Hoe lyk hy?

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

3. Waarom is hy anders as ander muise? Gee twee redes.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

4. Hoekom kan Muggie skryf?

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

5. Waar dink jy woon Muggie? Gee 'n rede vir jou antwoord.

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

6. Watter plan kan jy maak om vir Muggie te ontmoet?

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

7. Sou jy hom graag wou sien? Hoekom?

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

8. Dink jy ook hy is slim? Gee 'n rede.

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

Table 4
LU 3.2.1   LU 4.6.5  

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Table 5
LU 4.1  
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
  • Lees die sin.

Muggie het spits oortjies en bruin hare en snorbaarde en 'n lang stert en blink ogies en vier pote en 'n piepklein mondjie.

  • Dit is beter om kommas te gebruik as en .... en .... en .... en
  • Lees nou weer.

Muggie het spits oortjies, bruin hare, snorbaarde, 'n langstert, blink ogies, vier pote en 'n piepklein mondjie.

  • Skryf hierdie sinne oor en gebruik KOMMAS.

1. Daar lê krale en knippies en rekkies en knope in die bakkie.

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

2. Sy speel tennis en muurbal en netbal en bofbal en hokkie.

.......................................................................................................................................... ..........................................................................................................................................

Table 6
LU 4.7.2  

  • Teken 'n prent van Muggie. Jy weet mos nou presies hoe hy lyk.
  • Kyk! Hierdie woorde is eintlik twee woorde wat saamgevoeg is om 'n nuwe woord te maak.

klas + kamer = klaskamer

snor + baarde = snorbaarde

piep + klein = piepklein

  • Doen dieselfde met:
Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)
  • Skryf sinne met die saamgevoegde woord.

Table 7
LU 1.4.8   LU 3.5.6  

Assessering

Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder aandagtig luister en reageer op ‘n uitgebreide stel instruksies gepas vir sy/haar vlak;

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

1.4.5 vrae oor ‘n mondelinge teks beantwoord;

1.4.8 prente teken om begrip van ‘n mondelinge teks te illustreer en dit in eie woorde skryf;

Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

2.5.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon;

Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 kommentaar lewer op ‘n storie of gedig wat hy/sy gelees het en begrip toon deur vrae te beantwoord:

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.6 woordspeletjies speel wat kennis van woordeskat en spelling uitbrei.

Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;

4.2.1 verskeie pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;

Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:

4.3.2 ‘n reeks kort tekste vir verskillende doeleindes skryf;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en self woorde spel:

4.6.5 kennis van klanke en spelreëls gebruik om onbekende woorde te skryf;

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik:

4.7.2 punktuasie gepas gebruik.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)