Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Module 3 is die eerste van drie modules wat handel oor Muggie. Muggie is ‘n muisie wat met die leerders per brief kommunikeer. Leerders kry geleenthede om briewe aan Muggie te skryf en oplossings te soek vir die geraas in die klas.
Muggie skryf ook vir die klas ‘n raaisel in “muistaal”, naamlik “Wat het muise wat ander diere nie het nie?” Antwoord: Babamuise.
: |
|
|||
: |
|
|
|
|
: |
|
|
|
|
, |
|
Woorde wat eindig op ng en nk; ‘n “d” of ‘n “t”; woorde wat begin met ge-, be-, en ver-.
Jy het nie baie tyd nie.
In die begin van jou brief moet jy vir hom dankie sê vir die brief. Sê ook vir hom waar jy dit gekry het en waar jy jou brief aan hom gaan "pos". Sê vir hom hoe jy oor hom voel? Dit is belangrik, anders sal hy nie weet of hy veilig is nie. Hy sal nie weet of jy sy vriend of vyand is nie. Toe, skryf nou! Begin so . . . . . . . . . . . .
Woensdag
13:00
Liewe Muggie
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.3.1 | LU 4.6.2 |
Muggie het 'n lang stert waarvoor mensekinders soms bang is. Sy oupa sê sy stert is so lank en sy ogies is so blink omdat hy slim is.
![]() |
| LU 3.5.6 |
![]() |
| LU 3.5.6 |
![]() |
| LU 4.1 |
1. Ek het my ............................................................................ met die mes gesny.
2. Hulle het nie kos nie, hulle is ..............................................................................
3. Baie ................................................................................................ vir jou brief.
4. Saans is dit ...........................................................................................................
5. Ek kan nie ............................................................................................. wag nie.
6. Koop asseblief melk by die .................................................................................
7. Daar is drie ..................................................................................... op die plaas.
8. Sit almal in ‘n ......................................................................................................
9. Wie gaan die tee.................................................................................................?
10. Hy .......................................................................................................... sy melk.
| LU 3.5.6 |
Kan jy vlot lees?
![]() |
Liewe _________________
(Skryf jou naam hier)
Baie dankie vir jou haastige briefie. Ek het geweet waar om dit te kry. Ek is bly jy hou van my. Jammer dat ‘n paar van jou maats bang is vir my. Jy vra baie vrae en ek sal hulle almal beantwoord. Ek wil net eers my belofte nakom.
Ek het mos gesê ek sal vir jou sê waar ek woon. Wel, glo dit as jy wil, ek woon in jou lessenaar. Ja, die tweede een in die eerste ry langs die venster. Ek het vir my ‘n lekker plekkie daar ingerig. Ek hoop nie jy gee om nie. Ek sal nie ‘n oorlas van my maak nie en belowe om uit jou pad te bly. Dink net wat sal gebeur as ek wel my verskyning maak tussen al daardie gillende kinders! Ek is in elk geval so klein dat julle my nie sal gewaar nie.
Hoor hier! Kan julle nie ‘n bietjie sagter werk nie? My kop is alweer so seer van al die lawaai vandag en ek het nie ‘n oog toegemaak nie. Jy weet mos ek slaap baie bedags! Arme Juffrou Smit! Sy sukkel so om julle stil te kry. Jy kan gerus vir jou maats vra om stiller te wees. Ek sal dit waardeer.
Baie dankie vir die menssoentjies. Dit lyk nogal so ‘n bietjie na ons muissoentjies. Skryf weer as jy ‘n blaaskans kry.
Muisgroete,
Muggie
![]() |
| LU 4.1 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
3.5.6 woordspeletjies speel wat kennis van woordeskat en spelling uitbrei.
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.1 ‘n teksformaat gepas vir die doel en teikengroep kies;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en self woorde spel:
4.6.2 eksperimenteer met en gebruik woorde uit stories, leesstukke, die media, grappe en klasmaats en ander se mondelinge taal.