Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Module 3 is die eerste van drie modules wat handel oor Muggie. Muggie is ‘n muisie wat met die leerders per brief kommunikeer. Leerders kry geleenthede om briewe aan Muggie te skryf en oplossings te soek vir die geraas in die klas.
Muggie skryf ook vir die klas ‘n raaisel in “muistaal”, naamlik “Wat het muise wat ander diere nie het nie?” Antwoord: Babamuise.
: |
|
|||
: |
|
|
|
|
: |
|
|
|
|
, |
|
Woorde wat eindig op ng en nk; ‘n “d” of ‘n “t”; woorde wat begin met ge-, be-, en ver-.
![]() |
| aandhandhondhardbrood | voetkantstraathartkaart | swaardhoedstortgroot |
weet of die woord 'n “d” of ‘n “t” moet hê.
1. Ek eet botter en ....................................................................................................
2. My ................................................................................................. het afgewaai.
3. Ek stap in die .................................................................................................. af.
4. Hy het 'n doring in sy ..........................................................................................
5. Ek probeer ................... om my ............................. aan die ................................. van die sypaadjie te hou.
| LU 3.4.1 |
Praat met jou beste maat daaroor.
![]() |
Planne
1.
2.
3.
4.
5.
6.
| LU 2.1 | LU 2.5.3 | LU 2.5.4 | LU 4.2.1 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
Liewe _________________
(Skryf jou naam hier)
Wat 'n geskarrel! Vrydag is mos die dag net voor die naweek. Dan moet ons hard werk om genoeg kos bymekaar te maak vir die naweek. Dit was vir jou 'n geraas en 'n gestoei! Gelukkig het jy 'n groot stuk kaas en 'n halwe appel in jou lessenaar gelos. Ek het dit gebêre en sal dit later geniet. Dit was waarlik 'n geluk.
Jy vra my wat ek eet. Jy het reggeraai. My geliefkoosde versnapering is kaas. Ek hou ook van volkoringbrood, vrugte en groente, vernaamlik wortels. My ma sê altyd 'n muis moet gesond eet. Ja, hier is nogal heelwat kos in die skool, maar dit is altyd so 'n geskarrel dat ek altyd baie bly is as ek genoeg uit jou lessenaar kry. Maar nou moet ek jou groot asseblief vra, moet net nie weer kougom daar los nie. Ek het my lelik misgis die eerste dag. Ek het gedink dit is spesiale wit kaas. Toe sit dit aan my tande en my pote vas. Ek kon die goed nie afkry nie. Ek het later op my rug gelê. Hoe harder ek probeer het om daarvan ontslae te raak, hoe meer verstrengel het ek geraak.
O, ja, ek wou nog dit sê: dankie, die klas was baie stiller. Ek weet en kan hoor julle probeer om nie soveel te raas nie. Juffrou is ook seker bly!
Muisgroete
Van Muggie
| LU 3.3.1 |
1. die kougom in jou lessenaar;
2. versnaperinge vir Muggie;
3. die briewe wat Muggie vir jou skryf;
4. wat Juffrou Smit dink van die stiller klas;
5. en vertel hom van jou interessante planne vir die naweek.
dag
tyd
Liewe Muggie
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.2.1 |
1. Ek slaap.
2. Gister het ek geslaap.
Die tweede sin is in die verlede tyd geskryf, daarom het, “het” en “ge-“ bygekom. (ge- klink soos gi-).
![]() |
| LU 6.2.5 |
| gesiggebruikgeluk | geheimgeselsgenoeg | geweergeniet |
| LU 4.6.5 | LU 6.2.5 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
-dank;
-soek;
-kruip;
-skerm.
![]() |
-taal;
-stuur;
-wys;
-boet.
bedank,
. . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . . .
. . . . . . . . . . . . . . . .
1. Die kat ................................................................................................. die muis.
2. Die mense .................................................................................... duur vir vleis.
3. Die konstabel het die man ...................................................................................
4. Die vrou ............................................................................. die seun vir sy hulp.
5. Die room sal jou vel ............................................................................................
6. Hy ...................................................................................... nog nie so goed nie.
| LU 6.2.5 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder oor persoonlike ervarings en algemene nuusgebeure gesels en gevoelens en menings daaroor uitdruk;
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
2.5.3 idees voorstel en daarop uitbrei;
2.5.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep;
3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankekennis vaslê:
3.4.1 herken dat dieselfde klank op verskillende maniere gespel kan word;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;
4.2.1 verskeie pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en self woorde spel:
4.6.5 kennis van klanke en spelreëls gebruik om onbekende woorde te skryf;
Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk:
6.2.5 voor- en agtervoegsels gebruik om woorde te bou.