Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Kommunikasie tussen Muggie en die leerders gaan voort. Muggie word gewaarsku teen ‘n gevaarlike kat wat in die buurt is en die volgende dag val hy die muise in die skool aan. Neef Poeks se stert word afgebyt en hy word hospitaal toe geneem. Oupa Muis vra vir vrywilligers om ‘n klok om die kat se nek te hang maar die muise is almal te bang. Muggie vra vir die leerders om dit te doen. Leerders bespreek en skryf oor hul noue ontkomings. Daar is ook grappies en raaisels om na te luister, te bespeek en ‘n boodskap met ‘n kode wat hulle kan ontsyfer. Tegnologie word hier geintegreer. Leerders ontwerp en maak ‘n “gesond word” -kaartjie vir Neef Poeks. Leerders leer die volgorde van die letters van die alfabet.
Die volgende hoofletters word aangeleer;
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
|
, |
Die korrekte skryfwyse van die volgende groepe meervoude word aangeleer soos;
rek – rekke; perd – perde; blaar – blare; soen – soene.
Liewe Muggie
Baie dankie vir jou brief. Ek het dit in my kosblik gekry. Dit was vol grondboontjiebotter, maar gelukkig kon ek dit nog lees.
Ek het baie van jou muisraaisel gehou. Ek het nogal daarmee gesukkel, maar gelukkig het ............................ my daarmee gehelp.
Hy is my beste maat en ons het toe muistaal geoefen en baie gelag.
Maar Muggie, ek het slegte nuus vir jou. Ek moet jou waarsku dat daar ‘n groot swart kat oorkant die skool bly. Hy was gister op die speelgronde! Dit is al asof hy julle geruik het. Hy lyk so groot en sterk. Ek dink hy soek julle. Julle moet tog oppas, hoor. Ek sal die deure probeer toe hou, maar jy weet mos katte kan selfs by vensters inspring.
Ek hou van jou en ek sal baie jammer wees as julle moet wegtrek.
Groete
……………………………………………………………………….
vir jou naam
X X X
| LU 3.2.1 | LU 3.3.1 |
Piet! Jy moet dadelik kom!Eina! Dit was seer!
Skryf hulle in op die regte plekke.
vrou man
ouma
tante
niggie
koningin
| LU 6.3.8 |
![]() |
| LU 4.1 |
Een rek, baie rekke
Een Baie
bak ................................................................
klok ..............................................................
bal ................................................................
stok ..............................................................
trok ..............................................................
bok ...............................................................
stal ................................................................
bril ................................................................
kol ................................................................
blom .............................................................
dam ..............................................................
sin ................................................................
pan ................................................................
klip ................................................................
kop ................................................................
Liewe ...............................................
jou naam
Ek bewe nog steeds! Die groot swart kat het gisteraand laat in die skool gekom. Iemand moes die venster oopgelaat het. Niemand het hom gehoor nie en skielik sien ons net twee groot geel oë. Ons het so vinnig uitmekaar gespat!
Elkeen het net probeer wegkom. Arme Neef Poeks het toe sy stert verloor. Die kat het hom aan sy stert gevang. Gelukkig het dit afgebreek, toe kon hy weghardloop. Maar daar was so baie bloed! Die muisdokter het hom ‘n inspuiting gegee. Sjoe! wat ‘n noue ontkoming!
Ons het toe net daar besluit, genoeg is genoeg! Ons sal wag totdat hy êrens slaap. Een van ons sal dan stilletjies nader sluip en ‘n klok om sy nek hang. Dan sal ons hom kan hoor as hy aankom.
Oupa vra toe vir vrywilligers om die klok om die kat te hang, maar jy weet mos hoe klein ons is. Niemand wou dit waag nie. Ons was almal te bang!
Toe het ek ‘n blink gedagte gekry.
Ek sê toe ek het ‘n baie spesiale maatjie wat dit vir ons sal doen. Nou vra ek jou, sal jy nie asseblief vir ons ‘n klok om die kat se nek hang nie? Ek weet dit is nie jou kat nie, maar ek het al gesien dat jy daar oorkant speel.
Ek stuur hierdie brief spoedpos. Skryf gou hoor, tensy jy liewer wil bel. My selnommer is 083 555 0000.
Groete
Muggie
X X X
| LU 3.3.1 |
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 2.1 | LU 2.5.5 | LU 2.5.7 | LU 6.3.2 |
![]() |
| LU 4.1 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder oor persoonlike ervarings en algemene nuusgebeure gesels en gevoelens en menings daaroor uitdruk;
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
2.5.5 ‘n opsomming van ‘n groep se werk maak;
2.5.7 vrae beantwoord en redes vir antwoorde gee;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 kommentaar lewer op ‘n storie of gedig wat hy/sy gelees het en begrip toon deur vrae te beantwoord:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:
3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:
Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met sinne werk:
6.3.2 woordorde korrek in korter en langer sinne gebruik;
6.3.8 skryfkonvensies korrek gebruik.