![]() |
![]() |
| Ek lag graag. | |
| Ek praat soms baie lelik. | |
| Ek help graag ander mense. | |
| Ek is vriendelik. | |
| Ek raak soms baie ongeduldig. | |
| Ek knou my maats af. | |
| Ek is eerlik. |
![]() |
| ASSESSERINGSTANDAARDE(LU’s) |
| LEWENSORIËNTERINGLU 2 |
| SOSIALE ONTWIKKELING:Die leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.3 die rol bespreek wat aanvaarding, om te gee, vergifnis en om te deel in gesonde sosiale verhoudings, speel. |
| KUNS EN KULTUURLU 2 |
| REFLEKSIEDie leerder is in staat om krities en skeppend oor kuns- en kultuurprosesse, -produkte en –style in die konteks van die verlede en die hede te besin. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 (dans) – identifiseer hoe gevoelens en gemoedstemming deur middel van die liggaam en gesig, asook die gebruik van energie en die keuse van bewegings, uitgedruk word. |
| LU 4 |
| UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.3 (drama) – die stem, gebare en liggaamsvorms gebruik om gevoelens en gedagtes uit te druk. |
Dramatisering kan binne of buite die klaskamer geskied.