![]() |
Maak ‘n advertensie om een van jou produkte te adverteer.
Maak ‘n lysie van wat jy nodig gaan hê om jou produk te maak.
Bereken hoeveel dit jou gaan kos.
| 1. Ek het meer geleer oor ‘n besigheid. | ||
| 2. Dit was vir my lekker om navorsing te doen. | ||
| 3. Dit was vir my baie interessant om met die eienaar van ‘n besigheid te gesels. | ||
| 4. Daar was baie nuwe produkte op die mark. | ||
| 5. Ek sou graag eendag my eie besigheid wil bestuur. |
| Leeruitkomstes(LUs) |
| NATUURWETENSKAPLU 1 |
| WETENSKAPLIKE ONDERSOEKDie leerder in staat om met vertroue te reageer t.o.v. nuuskierigheid oor natuurlike verskynsels en om die verhoudinge te ondersoek en probleme op te los in wetenskaplike-, tegnologiese en omgewingskontekste. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 Beplan: die materiaal wat deur die groep gekies is om die groep se plan te kommunikeer gebruik;1.2 Doen: konstruktief aan die aktiwiteit deelneem en die doel daarvan verstaan. |
| TEGNOLOGIELU 1 |
| TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede met verantwoordelikheid toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 Ondersoek: vind uit oor die historiese konteks wanneer sy of hy ’n probleem, behoefte of geleentheid met betrekking tot strukture, verwerking of stelsels en beheer gegee word;1.2 Ondersoek: vind uit waarom bestaande produkte met betrekking tot ’n probleem, behoefte of geleentheid gepas vir die doel daarvan is;1.4 Maak:verduidelik hoe produkte gemaak gaan word en wat gebruik gaan word om dit te maak;1.5 Maak:maak produkte op ’n veilige manier deur ’n verskeidenheid soorte materiaal te heg/las of saam te voeg;1.6 Evalueer: sterk punte en swakhede van eie en ander se produkte identifiseer. |