Inside Collection (Course): Lewensvaardighede Graad 2
![]() |
Ons liggame het egter vitamines nodig wat ons van vars vrugte en groente kry. Matrose op lang seereise het dikwels aan skeurbuik gely, omdat daar nie genoeg vitamiene C in hulle voedsel was nie. Dit het veroorsaak dat hulle tande los geword het in hulle tandvleise en dit selfs laat uitval.
Dit was een van die belangrikste redes waarom die Europese mense na Suid-Afrika gekom het. Hulle het ‘n plek nodig gehad waar hulle kon afklim om vars voedsel in te skeep op hulle lang seereise na die Oosterse lande soos Indië en China.
Dink aan jou gunsteling vrug of groente.
Die eerste ding wat Robinson wou doen toe hy gestrand het, was om te gaan kos en water soek. Daarsonder kan ‘n mens nie lewe nie. Ons liggame kan nie werk sonder energie wat uit voedsel verkry word nie.
Een van die belangrikste dinge wat ons liggame nodig het om te kan groei, is proteïne. Die meeste diere-produkte bevat proteïne.
Maak ‘n lysie of soek prentjies van voedsel wat ‘n mens van diere kry, byvoorbeeld melk, eiers, vleis, ens.
Ons het egter nie net proteïne nodig nie. Ons liggame het ook die belangrike vitamiene nodig wat mens in vrugte en groente kry.
‘n Mens kry byvoorbeeld Vitamine A in wortels, broccoli, botterskorsies en spinasie. Dit help jou vel, beendere en tande om mooi te groei en gesond te bly.
Koolhidrate en suiker gee vir ons energie, maar te veel hiervan kan mens laat vet word.
![]() |
Party mense eet glad nie vleis nie. Hulle word vegetariërs genoem. Hoe kan hulle liggame dan goed groei as hulle nie proteïne eet nie?
Daar is ook proteïne in neute en sojaprodukte.
![]() |
Daar is verskillende redes waarom party mense nie vleis eet nie.
Een van die hoofredes is hul godsdiens. Baie godsdienste het reëls vir ‘n gesonde dieet. Net soos ‘n mens God se reëls moet nakom om reg te lewe, moet mens ook die regte kosse eet om jou liggaam gesond te hou.
So maak Moslems seker dat hulle voedsel voorberei is volgens die voorskrifte van hulle godsdiens. Dié kos word “Halaal” genoem.
Mense van die Joodse geloof doen dieselfde. As hulle voedsel vir hulle reg voorberei is, word dit “Kosher” genoem. Die Joodse geloof verbied mense ook om varkvleis te eet. Mense van die Hindoe-geloof eet weer nie die vleis van ‘n koei nie, omdat koeie as heilige diere beskou word.
Hoewel daar verskillende godsdienste bestaan, glo die meeste mense dat die Lewe iets kosbaars is. Hulle is dankbaar dat hulle kan lewe en gesonde liggame het. Daarom sorg hulle dat hulle gesond bly en respek het vir hulle liggame.
Vind uit wat jou eie godsdiens sê oor hoe ‘n mens na jou liggaam behoort te kyk. Wat dink jy?
Wat is jou eie mening oor hoe jy na jou liggaam moet kyk?
Onthou dat oefening ook belangrik is!
![]() |
Skryf jou mening op ‘n foliobladsy. Het jy al drie dele van die vraag beantwoord? Hoe goed dink jy was jou antwoorde? Merk die blokkie wat wys hoe jy oor jou antwoorde voel.
![]() |
Opdrag: Volg ek ‘n goeie dieet?
Skryf in julle groep drie vrae neer wat julle vir julle ouers kan vra om te bepaal of julle gesonde eetgewoontes het. Dink aan die gedeeltes wat ons oor voedsel gelees het en wat jy reeds oor gesonde kos weet.
Skryf jou vrae neer.
Skryf Mamma of Pappa se antwoorde neer.
Jy het nou al die inligting versamel. Vergelyk jou antwoorde met dié van jou maats.
![]() |
Vra vyf van jou maats hoeveel keer hulle in ‘n maand kitskos eet.
![]() |
Wie van jou maats eet die gesondste?
![]() |