Inside Collection (Course): Lewensvaardighede Graad 2
![]() |
Robinson het baie dinge gedoen om sy gesondheid op te pas. Hy het seker gemaak dat hy die regte kos het, asook water en skuiling. Hy kon homself teen wilde diere beskerm. Hy kon homself warm hou deur vuur te maak. Wat kan dan nog verkeerd gaan?
Tegnologie
Ons het gesê Robinson Crusoe het kos, water en ‘n skuiling nodig gehad.
Watter soort skuiling sou hy kon bou?
![]() |
Evalueer jou ontwerp:
| Leeruitkomstes(LUs) |
| TEGNOLOGIE |
| LU 1 |
| TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 (ondersoek) – die hoofdoel van verskillende produkte kan beskryf;1.3 (ontwerp) – gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak te kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om ‘n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig;1.4 (maak) – hoe die produkte gemaak gaan word kan beskryf;1.6 (evalueer) – die sterk en swak punte van eie produkte kan identifiseer. |
| AARDRYKSKUNDELU 2 |
| AARDRYKSKUNDIGE KENNIS EN BEGRIPDie leerder kan aardrykskundige en omgewingskennis en –begrip toon. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 kernkenmerke van verskillende plekke kan beskryf, insluitende mense se wisselwerking met die plekke (in dié geval, hulle huise). |
In die volgende taak keer ons terug na Robinson. Hy is in staat om na sy basiese behoeftes om te sien terwyl hy in goeie gesondheid verkeer. Lei die gesprek na wat Robinson sou doen as hy siek word. ‘n Gewone verkoue sou vir hom ‘n terugslag wees as hy nie sy normale take kon uitvoer nie. Hoe kan dit verhoed word? Help die leerders om die belangrikste verskil tussen griep en ‘n verkoue te verstaan. Terwyl die leerders ‘n lysie maak van simptome, word die volgende feite toegelaat om deur te skemer.