Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Lewensvaardighede Graad 2 » WOUDE

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

LEWENSVAARDIGHEDE

Graad 2

BOME

Module 5

WOUDE

Figure 1
Figure 1 (graphics1.jpg)

BOME

  • Bome maak ‘n belangrike deel van ons omgewing uit. Ons het selfs ‘n spesiale dag vir hulle, naamlik Boomplantdag. Baie skole en ander instellings en organisasies plant bome om hierdie dag te vier. Hoekom het ons ‘n spesiale dag om aan bome te dink?
  • Bome is baie nuttig vir die mens. Kyk na die prent en bespreek die baie maniere waarop ons bome kan benut.
Figure 2
Figure 2 (graphics2.jpg)

  • Hulle is nie net nuttig nie, maar maak ons aarde ook mooier.

Van hout tot papier

  • Die produkte wat ons maak wat van bome kom, is gewoonlik van hout. Lees in julle groepe hoe ons dit regkry om ‘n boom se hout te gebruik om die papier te maak waarop jy skryf.

1. Wanneer die bome ‘n sekere grootte is, word dit gemerk om seker te maak dat daar nie verkeerde bome afgesaag word nie.

2. Die bome word op groot vragmotors gelaai en na die saagmeule vervoer.

3. Die bome se bas word afgestroop en in kleiner dele gesaag.

4. Die hout word fyngemaal en dan verpulp.

5. Die pulp word gebleik, uitgerol en gedroog. Die papier word nou in groot rolle opgerol.

  • Honderde bome word afgekap om papier mee te maak. Elke keer wat ‘n boom afgekap word, moet daar weer ‘n boom in sy plek geplant word. Dit neem ongeveer sewe jaar vir ‘n boom om groot genoeg te word. Dit is hoekom dit so belangrik is dat al die bome nie tegelyk afgesaag moet word nie.
  • Beantwoord die volgende vrae in julle groepe:

1. Waarom moet ons die bome versorg?

  1. Hoe kan ons die bome versorg?
  • Teken die blokkies wat jy alles kan doen om jou bome te versorg.

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
LEWENSORIËNTERINGLU 3
PERSOONLIKE ONTWIKKELINGDie leerder kan verworwe lewensvaardighede gebruik om persoonlike potensiaal te bereik en uit te leef om doeltreffend te reageer op uitdagings in die lewe.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.5 gepaste gedrag in die klas toon, sowel as groepwerkvaardighede.
EBWLU 2
EKONOMIESE SIKLUSDie leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die konteks van ‘die ekonomiese probleem toon’.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 kan verduidelik dat behoeftes en begeertes onbeperk en veranderlik kan wees en deur maats, die media en die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste deur sakeondernemings beïnvloed word;1.3 pryse op verskillende soorte pryskaartjies en etikette kan lees en identifiseer;1.4 kleingeld bereken nadat eenvoudige goedere en dienste gekoop is;1.5 uitdrukking gee aan die belangrikheid van en maniere om geld en ander hulpbronne soos water en elektrisiteit te bespaar en nie te vermors nie.
SOSIALE WETENSKAPAARDRYKSKUNDELU 1
AARDRYKSKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder kan ondersoekvaardighede gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 beduidende kenmerke van plaaslike plekke identifiseer en beskryf [die vraag beantwoord].
TEGNOLOGIELU1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 (Ondersoek) – die hoofdoel van verskillende produkte kan beskryf;1.3 (Ontwerp) –gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om ‘n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig;
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Assesseringstandaarde(ASe)
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.9 (Visuele Kuns) – patrone uit die onmiddellike omgewing identifiseer en gebruik deur verskeie stowwe in georganiseerde reekse en gekombineerd te gebruik.

Memorandum

Neem die leerders na buite. Hulle moet kyk hoeveel bome daar in hulle omgewing is, na die verskillende soorte bome en vorms, asook na die tekstuur van die bome se blare. Die leerders moet die verskillende patrone op die blare ontdek en patrone met die blare ontwerp (K+K 1.8,1.9).

Leerders dramatiseer hoe ‘n boom groei vanaf ‘n klein saadjie tot ‘n groot boom. Moedig die leerders aan om stadig te beweeg en te wys hoe die boom sy takke stadig uitstoot. Probeer om dan bewegings te doen soos wanneer die wind deur die takke waai.

Kontrasteer bogenoemde rustige bewegings in die natuur met die geraas in ‘n houtfabriek, deur die leerders te laat dramatiseer hoe die masjiene die hout kap en saag, soos hulle in die gedeelte oor ‘n houtfabriek (‘Van hout tot papier’) sal lees (Uitdrukking en kommunikasie: K+K 4.4).

Laat die leerders op die voorblad van die module ‘n prentjie van ‘n plantasie teken. (Verduidelik eers aan hulle wat die verskil tussen ‘n plantasie en ‘n woud is).

Historiese navorsing: Die leerders moet deur middel van navorsing uitvind dat die idee van duur geskenke en pragtige geskenkpapier die gevolg van bemarking is. Hoewel ons nog altyd verjaarsdae gevier en eenvoudige geskenke gegee het, het die tye verander en het dit ‘n baie groter uitgawe geword as in die verlede. Dit geld ook vir Kersfees: waar kinders in die verlede tevrede was met vrugte en lekkers, word daar nou groter verwagtinge deur die media geskep. Valentynsdag is ‘n goeie voorbeeld daarvan.

Die besighede maak al die geld a.g.v. die mense se onbeperkte behoeftes en verwagtinge. Gewoonlik sal dit gereeld verander. Eindig met die vraag wat hulle dink hulle kinders eendag sal wil hê (EBW 1.2 ).

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks