Inside Collection (Course): Lewensvaardighede Graad 2
Bespreek met jou maats:
![]() |
Begin om al die afvalpapier in jou klas te versamel. Kyk hoeveel jy kan versamel. Weeg die papier aan die einde van elke week. Voltooi ‘n grafiek om te bepaal hoeveel papier jy teen die einde van die maand versamel het. Kleur elke week se blokkies ‘n ander kleur in.
Onthou: elke keer wat jy papier spaar of herwinbare papier gebruik, help jy ons omgewing bewaar. Dink aan verskillende maniere waarop jy papier kan bespaar. Sommige idees is baie prakties. Partykeer is dit onmoontlik.
Bespreek dit in jou groep en besluit watter van die maniere wel vir julle moontlik is.
![]() |
Dit kan ook baie duur wees om sulke spesiale papier te maak.
| Soort papier | Gebruik | Prys |
Vra vir jou ouers, asook vir Ouma en Oupa, wat hulle altyd gekry of vir ander gegee het.
Miskien kan jy dink aan ‘n nuwe geleentheid waar geskenke gegee kan word. Wat sal die geleentheid wees?
| Soort stoel | Materiaal | Goeie eienskappe | Slegte eienskappe |
Teken of plak prente van verskillende stoele
| EBWLU 2 |
| EKONOMIESE SIKLUSDie leerder kan kennis en begrip van die ekonomiese siklus in die konteks van ‘die ekonomiese probleem toon’. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.2 kan verduidelik dat behoeftes en begeertes onbeperk en veranderlik kan wees en deur maats, die media en die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste deur sakeondernemings beïnvloed word;1.3 pryse op verskillende soorte pryskaartjies en etikette kan lees en identifiseer;1.4 kleingeld bereken nadat eenvoudige goedere en dienste gekoop is;1.5 uitdrukking gee aan die belangrikheid van en maniere om geld en ander hulpbronne soos water en elektrisiteit te bespaar en nie te vermors nie. |
| SOSIALE WETENSKAPAARDRYKSKUNDELU 3 |
| ONDERSOEK VAN VRAAGSTUKKEDie leerder kan ingeligte besluite oor sosiale en omgewingsvraagstukke en -probleme neem. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 omgewingsvraagstukke op die plek waar die leerder woon of skoolgaan, identifiseer en beskryf;3.2 die faktore wat tot die probleem aanleiding gee, identifiseer (faktore wat die vraagstuk affekteer);3.3 die impak van die probleem op die plek en mense (huis, skool, plaaslike omgewing) identifiseer [faktore wat die vraagstuk affekteer]. |
| geskiedenisLU 1 |
| GESKIEDKUNDIGE ONDERSOEKDie leerder kan ondersoek-vaardighede gebruik om die hede en verlede te ondersoek. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 inligting uit geskiedkundige bronne wat deur die onderwyser verskaf is (bv. prente, foto’s voorwerpe, mense) verkry [werk met bronne]. |
| tegnologieLu 1 |
| TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.3 (Ontwerp) –gepaste materiaal of stowwe om produkte te maak kan kies en maniere voorstel hoe dit gebruik kan word om ‘n probleem, behoefte of geleentheid te bevredig;1.5 (Maak) – produkte veilig van verskillende materiale maak en gegewe stappe volg; |
| KUNS EN KULTUURLU 1 |
| SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.8 (Visuele Kuns) – die onmiddellike omgewing ondersoek deur die elementêre funksies van lyn, vorm, kleur en kontras in twee- en driedimensionele werk te gebruik; |
Die leerders moet verskillende besighede besoek om pryse te vergelyk. Hulle moet ook besef dat die pryse sal verskil as gevolg van die gehalte van die papier. Maak hulle ook daarvan bewus dat die prys van papier kan wissel as gevolg van die aanvraag daarvoor (EBW 1.2, 1.3).
In ‘n Wiskunde-les kan die pryse van die papier vergelyk word en ook bepaal word hoeveel kleingeld hulle moet kry as hulle ‘n sekere bedrag geld ontvang het (EBW 1.4 ).
Die leerders word daarvan bewus gemaak dat verskillende materiale verskillende gebruike het. Meubels is gewoonlik net van hout gemaak, maar nou word daar ook van plastiek en aluminium gebruik gemaak. Tuinstoele word van plastiek gemaak, want dit is lig en maklik om te dra en word ook maklik skoon gemaak. Leerders moet die verskillende stoele by hulle huise bestudeer. Hulle kan ook prente van verskillende stoele skool toe bring en dit bespreek. Bespreek waarvan die stoele gemaak is en wat die doel of gebruike van die stoel is (NW 1.2 ).
Indien enige van die produkte plaaslik vervaardig is, maak die leerders bewus daarvan (Aardrykskunde 1.2).