Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Kommunikasie tussen Muggie en die leerders gaan voort. Muggie word gewaarsku teen ‘n gevaarlike kat wat in die buurt is en die volgende dag val hy die muise in die skool aan. Neef Poeks se stert word afgebyt en hy word hospitaal toe geneem. Oupa Muis vra vir vrywilligers om ‘n klok om die kat se nek te hang maar die muise is almal te bang. Muggie vra vir die leerders om dit te doen. Leerders bespreek en skryf oor hul noue ontkomings. Daar is ook grappies en raaisels om na te luister, te bespeek en ‘n boodskap met ‘n kode wat hulle kan ontsyfer. Tegnologie word hier geintegreer. Leerders ontwerp en maak ‘n “gesond word” -kaartjie vir Neef Poeks. Leerders leer die volgorde van die letters van die alfabet.
Die volgende hoofletters word aangeleer;
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
, |
|
, |
Die korrekte skryfwyse van die volgende groepe meervoude word aangeleer soos;
rek – rekke; perd – perde; blaar – blare; soen – soene.
| Benodighede | Ontwerp jou kaartjie |
| LU 4.3.2 | LU 5.1.1 |
![]() |
Aa Bb Cc Dd Ee Ff Gg
Kom ons drink ‘n koppie tee.
Hh Ii Jj Kk Ll Mm Nn
Hierdie letters moet ek ken.
Oo Pp Qq Rr Ss Tt Uu
“T” kom altyd net voor “U”.
Vv Ww Xx en Yy en Zz
Kom ons gooi hul in die net.
G.J.M.
| LU 1.2 | LU 1.4.4 | LU 2.5.7 |
![]() |
A ............... C;
G ................ I;
M ................ O;
S ............... U;
K ................ M;
V ................. X.
| LU 3.2.1 |
![]() |
| LU 4.1 |
by hul ouma op die mat.
Die een vra vir sy maatjie
ry ons met die bus, of klim ons op die kat?
Wat val en val die hele dag en kry nooit seer nie?Antwoord: iDe nerë. .....................................................................
loop om en om en om
Sonder voete en sonder hande
Vang hy my balle soos ‘n bom!
Wat het die groot skoorsteen vir die klein skoorsteentjie gesê?Antwoord: y’sJ et knjo mo et koro!...................................................................................................................
Antwoord: Net een - dan is die hok nie meer leeg nie!
| LU 2.2 | LU 2.8 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en dit wat gehoor is, op te som of kommentaar daarop te lewer;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
1.4.4 ’n reeks gebeurtenisse of idees in ‘n teks oorvertel.
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
2.5.7 vrae beantwoord en redes vir antwoorde gee;
Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder betrokke raak by gesprekvoering as ‘n sosiale vaardigheid.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 kommentaar lewer op ‘n storie of gedig wat hy/sy gelees het en begrip toon deur vrae te beantwoord:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.2 ‘n reeks kort tekste vir verskillende doeleindes skryf;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om konsepte te ontwikkel:
5.1.1 konseptuele taal uit verskillende leerareas nodig op hierdie vlak en ter voorbereiding van die volgende vlak verstaan en gebruik.