Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Muggie Deel 03 - 01

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. R-3)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Afrikaans Huistaal Graad 3"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Muggie Deel 03 - 01

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Muggie Deel 3

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

Inleiding

Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.

Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.

Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Oupa sê die muise moet wegtrek want daar het meer gevare opgeduik. Muggie word genooi om ‘n naweek by die leerders deur te bring en hy skryf daaroor.

Daar is gediggies om na te luister, te bespreek en te lees, woorde om in alfabetiese volgorde te plaas en ‘n prentjie- en kodeboodsap om te ontsyfer.

  • SKRIF
Table 1
X_Hoofletter.png, Z_hoofletter.png, C_hoofletter.png, G_hoofletter.png, S_hoofletter.png, E_hoofletter.png, L_hoofletter.png word aangeleer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Meervoude soos broer – broers; kind – kinders; vrou – vrouens; lam – lammers; kies – kieste; graaf – grawe; dag – dae word aangeleer.

Spelwoorde met dubbel medeklinkers bv. binne; woorde met ‘n kappie bv. sê; en woorde met ‘n deelteken bv. reën word aangeleer.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

  • Lees.

Onthou julle in Module 4 het die uil bo in die boom vir Muggie en sy familie bedreig? Muggie het jou brief gelees. Hy het vir Oupa Muis vertel.

Al die muise was baie bekommerd.

“Ons kan nie langer hier bly nie,” sê Oupa.

“Jou maatjie het ons gehelp om ‘n klok om die kat se nek te hang, maar ek dink nie hy sal ons nou kan help nie.

Julle weet mos uile slaap nie in die nag nie. Dit is wanneer hulle jag. Hulle het baie goeie oë en kan goed in die donker sien.

Môre sal ek rondkyk vir ‘n veiliger verblyfplek.”

“Maar Oupa,” sê Muggie, “dit was so lekker hier! Ons het so lekker hier by die skool gebly. Hier was so baie om te eet. Kan ons nie maar bly nie?”

“Nee, Muggie, dit is te gevaarlik. Ons sal moet trek! Gisteraand het die uil vir Neef Rot gevang en eergisteraand het ek self gesien hoe die uil ‘n klein hasie in sy kloue wegdra. So, geen verdere argumente nie! Ons moet trek!”

  • Wat dink jy, moet hulle trek of moet hulle bly?
Table 2
LU 3.2.1  
  • Lees en beplan jou brief.

Muggie is baie ontsteld. Hy wil nie weggaan nie. Hy het vir jou ‘n brief geskryf om vir jou te sê wat Oupa Muis besluit het.

  • Nou moet jy aan Muggie skryf.

1. Vertel vir hom hoe jy voel.

2. Vertel vir hom van die planne waaraan jy en jou maats gedink het.

3. Nooi hom uit om ‘n afskeidsnaweek by jou deur te bring.

4. Vertel hom van die opwindende dinge wat jy beplan, van die interessante plekke wat julle sal besoek en van die pret wat julle gaan hê.

5. Jy kan jou brief so beplan.

  • Skryf oor . . . . . .

1. Jou gevoelens.

2. Jou planne.

3. Die naweek.

4. Teken ‘n prent.

Table 3
LU 2.3   LU 2.5.3   LU 4.2.1   LU 4.2.2  

Liewe Muggie

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

Table 4
LU 4.4.1   LU 4.4.2   LU 4.4.3  
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
Table 5
LU 4.1  
  • Skryf die gesprekke tussen jou en jou ma. Jy probeer haar oorreed om jou toe te laat om Muggie vir ‘n naweek huis toe te bring.
Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Table 6
LU 2.5.1   LU 2.5.4   LU 4.7.6  
  • Luister na die gedig.
  • Lees en leer dit.
  • Versier die bladsy.

Die Vangs of Die Einde van Neef Rot

Hoog in die boom,

‘n groot bruin uil

versteek in die takke

roep hy en huil.

Hy soek en hy wag –

die jagter in die nag.

Is daar iets wat roer

onder die sterreprag?

Geruisloos -

en met vlerke gesprei

duik reguit af,

hy’t sy prooi gekry.

Arme rot!

Vasgevang!

in die skerp kloue

van die uil in die boom!

G.J.M.

  • Omkring die titel waarvan jy van hou.
  • Gee ‘n rede vir jou keuse.
Table 7
LU 1.4.4   LU 1.4.6   LU 3.5.1  
  • Die meervoud van hierdie woorde kry ‘n by, byvoorbeeld

broer

broers

  • Voltooi die volgende meervoude.
Table 8
Een Baie
maatkofferwurmspreeuperskemeisiepaddaemmerleeu  
  • Leer die meervoude van :-
Table 9
kindvroulam kindersvrouenslammers

Table 10
LU 4.6.5  
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
Table 11
LU 4.1  

Assessering

Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:

1.4.4 ‘n reeks gebeurtenisse of idees in ‘n teks oorvertel;

1.4.6 gevoelens oor die teks uitdruk en redes daarvoor gee;

Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik, herhaling te vermy en elemente van intrige en karakterisering te gebruik;

Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:

2.5.1 onderwerpe tydens groepbesprekings inisieer;

2.5.3 idees voorstel en daarop uitbrei;

2.5.4 sensitiwiteit vir ander se regte en gevoelens toon;

Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:

3.5.1 boeke, fiksie en nie-fiksie, kies en sê waarvan hy/sy hou en nie hou nie;

Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:

4.2.1 deelneem aan dinkskrumaktiwiteite om idees vir skryf te kry;

4.2.2 idees met klasmaats en onderwyse deel;

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:

4.4.1 eie en ander se skryfstukke bespreek om terugvoering te gee en te ontvang;

4.4.2 eie skryfwerk redigeer;

4.4.3 eie skryfwerk hersien nadat terugvoering ontvang is;

Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.6.5 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.

Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:

4.7.6 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks