Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Oupa sê die muise moet wegtrek want daar het meer gevare opgeduik. Muggie word genooi om ‘n naweek by die leerders deur te bring en hy skryf daaroor.
Daar is gediggies om na te luister, te bespreek en te lees, woorde om in alfabetiese volgorde te plaas en ‘n prentjie- en kodeboodsap om te ontsyfer.
, |
, |
, |
, |
, |
, |
|
word aangeleer. |
Meervoude soos broer – broers; kind – kinders; vrou – vrouens; lam – lammers; kies – kieste; graaf – grawe; dag – dae word aangeleer.
Spelwoorde met dubbel medeklinkers bv. binne; woorde met ‘n kappie bv. sê; en woorde met ‘n deelteken bv. reën word aangeleer.
| LU 4.6.1 | LU 4.6.2 | LU 4.6.5 |
![]() |
Uile behoort aan die voëlfamilie
Hulle is bedek met vere.
Hulle is warmbloedige diere.
Hulle het ruggrate.
Daar is baie verskillende soorte uile.
Sommige is grys en wit
en sommige gespikkelde bruin.
Uile is roofvoëls.
Hulle het sterk, geboë kloue.
Die kloue is vlymskerp.
Hulle gebruik die kloue om hul prooi mee te vang.
Uile jag in die nag.
Hulle kan baie goed in die donker sien.
Hulle jag muise, rotte, kuikens en selfs eende en klein kalkoentjies.
Selfs hase en dassies is versigtig vir uile.
Klein balletjies onverteerbare been en hare word dikwels naby uilneste gekry.
Uile sluk hulle prooi heel in en
die onverteerbare dele soos vere, bene
en hare hoop in hul kroppe op.
Hierdie dele word in die vorm van klein balletjies uitgebraak.
Wetenskaplikes en bioloë ondersoek die klein balletjies om vas te stel wat uile vreet.
Sodoende kan hulle presies sê watter diertjies die uile gevang het.
Vir jou om te doen.
1. Besoek die biblioteek en kies drie boeke wat handel oor uile.
Skryf hulle titels en die name van die outeurs hier neer.
a.
b.
c.
2. Kies een van die boeke om te lees.
3. Skryf enige nuwe feite oor uile neer wat jy ontdek het en vertel die klas wat jy geleer het.
..........................................................................................................................................

| LU 1.2 | LU 1.4.5 | LU 2.5.5 | LU 3.5.1 | LU 3.5.5 |
a. bedek: ..................................................................................................................
..........................................................................................................................................
b. warmbloedig: .......................................................................................................
..........................................................................................................................................
c. gespikkelde: .........................................................................................................
..........................................................................................................................................
d. roofvoëls: .............................................................................................................
..........................................................................................................................................
e. vlymskerp: ...........................................................................................................
..........................................................................................................................................
f. onverteerbaar: ......................................................................................................
..........................................................................................................................................
g. uitgebraak: ...........................................................................................................
..........................................................................................................................................
h. wetenskaplikes: ...................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 3.5.4 |
kies
kieste
| Een | Baie |
| kwaskisbeesvruglignesgeesskof |
1. Die kind pak die vrug in die kis.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. Die lam en die bees is in die kamp.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.6.5 |
![]() |
| LU 4.1 |
Onthou jy nog die alfabet?
A B C . . . . . . . ens.
1. poot; uil; oog; vere.
..........................................................................................................................................
2. bruin; vlerke; kloue; prooi.
..........................................................................................................................................3. vang; kuikens; muise; rotte.
..........................................................................................................................................4. boom; takke; hoog; nag.
..........................................................................................................................................
5. vlymskerp; duik; sweef; nes.
..........................................................................................................................................
6. bene; krop; eet; hase.
..........................................................................................................................................
7. wetenskaplike; ondersoek; balletjie.
..........................................................................................................................................
| LU 5.5.2 |
graaf grawe
| Een | Baie |
| stoofbriefhoefduifsifkolfgolfslaaflyf |
1. Die slaaf kook die kos op die stoof.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
2. Die duif sit in die boom.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.6.2 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.2: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste luistergedrag toon deur respek vir die spreker te toon, beurte te neem om te praat, vrae te stel om duidelikheid te verkry en dit wat gehoor is, op te som of kommentaar daarop te lewer;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
1.4.5 vrae oor ‘n mondelinge teks beantwoord;
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
2.5.5 ‘n opsomming van ‘n groep se werk maak.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
3.5.1 boeke, fiksie en nie-fiksie, kies en sê waarvan hy/sy hou en nie hou nie;
3.5.4 woordeskat deur ‘n woordeboek te gebruik en ‘n persoonlike woordeboek saam te stel;
3.5.5 inhoudsopgawe, indeks, kernwoorde, opskrifte, onderskrifte en bladsynommers om inligting te vind gebruik;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.6.1 woordeskat interessantheidshalwe en vir spesifieke doeleindes varieer;
4.6.2 met woorde uit stories, leesstukke, die media, grappe en klasmaats en ander se mondelinge taal eksperimenteer en dit gebruik;
4.6.5 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:
5.5.2 inligting orden en dit onder hofies plaas.