Inside Collection (Course): Lewensorientering Graad 9
Die Motivering van eie Beroeps- en Studiekeuses
Selfkennis
Om die regte keuses te kan maak, het jy deeglike kennis van jouself nodig. Die volgende aspekte omtrent jouself moet noukeurig na gekyk word:
Persoonlikheid
Ons persoonlikheid het te doen met ons keuses ten opsigte van hoe ons lewe:
1 – Glad nie soos ek nie 3 – Nogal soos ek 2 – Effens soos ek 4 – Definitief soos ek
| PERSOONLIKHEID | 1 | 2 | 3 | 4 |
| Natuurlik – opreg, nederig, plat op die aarde | ||||
| Vasberade – gooi nie maklik tou op nie | ||||
| Skaam – vind dit moeilik om met vreemdelinge te praat | ||||
| Sistematies – volg ‘n plan stap-vir-stap | ||||
| Taktvol – doen en sê dinge sonder om ander seer te maak | ||||
| Oorredend – kan ander van opinie laat verander | ||||
| Verdraagsaam – kan ander se eise hanteer | ||||
| Samewerkend – werk maklik in groep | ||||
| Begrypend – erken ander se gevoelens en standpunte | ||||
| Sosiaal – geniet om saam met ander mense te wees | ||||
| Onafhanklik – doen nie dinge om ander te plesier nie | ||||
| Dominerend – verwag dat ander sal doen soos jy wil | ||||
| ‘n Volger – doen wat ander graag wil | ||||
| Akkuraat – doen dinge die eerste maal reg | ||||
| Ambisieus – wil dinge doen en iets bereik in die lewe | ||||
| Selfvertroue – glo in en vertrou op jouself | ||||
| Impulsief – doen voor jy dink | ||||
| Kreatief – het blink idees | ||||
| Verantwoordelik – kan besluite neem en gevolge aanvaar | ||||
| Aanpasbaar – kan maklik by nuwe omstandighede aanpas |
[LU 5.2]
Opsomming: Persoonlikheidseienskappe
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 5 |
| Oriëntering Ten Opsigte Van Die Wêreld Van WerkDie leerder sal in staat wees om ingeligte keuses oor verdere studie- en loopbaankeuses te maak. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 5.1 die voorsieners van fondse vir studie en beroepe navors; |
| 5.2 eie beroeps- en studiekeuses motiveer; |
| 5.3 krities reflekteer en verslag lewer oor geleenthede in die werkplek; |
| 5.4 regte en verantwoordelikhede in die werkplek bespreek; |
| 5.5 ‘n plan vir eie lewenslange leer saamstel. |