Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Oupa sê die muise moet wegtrek want daar het meer gevare opgeduik. Muggie word genooi om ‘n naweek by die leerders deur te bring en hy skryf daaroor.
Daar is gediggies om na te luister, te bespreek en te lees, woorde om in alfabetiese volgorde te plaas en ‘n prentjie- en kodeboodsap om te ontsyfer.
, |
, |
, |
, |
, |
, |
|
word aangeleer. |
Meervoude soos broer – broers; kind – kinders; vrou – vrouens; lam – lammers; kies – kieste; graaf – grawe; dag – dae word aangeleer.
Spelwoorde met dubbel medeklinkers bv. binne; woorde met ‘n kappie bv. sê; en woorde met ‘n deelteken bv. reën word aangeleer.
![]() |
Gee ‘n rede vir jou antwoord.
| LU 1.4.1 | LU 1.4.6 | LU 3.3.1 |
dag dae
| Een | Baie |
| vlagplaagvraagkraaglaagmaagsaag |
Hy gebruik ‘n saag vir die paal van die vlag.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.6.5 |
![]() |
|
|
| LU 4.6.5 |
![]() |
| LU 4.6.5 |
![]() |
| LU 4.1 |
1. ......................................................................................................................................
2. ......................................................................................................................................
3. ......................................................................................................................................
| LU 3.2.3 | LU 3.5.1 | LU 3.5.5 | LU 3.5.7 |
![]() |
| LU 1.4.8 | LU 4.2.1 | L 4.3.2 | LU 5.4.1 |
My verslag oor knaagdiere
1. ......................................................................................................................................
2. ......................................................................................................................................
3. ...................................................................................................................................... 4. ......................................................................................................................................
5. ......................................................................................................................................
6. ......................................................................................................................................
7. ......................................................................................................................................
8. ......................................................................................................................................
| LU 4.3.2 | LU 4.4.1 | LU 5.4.5 |
Voltooi die rympie. Die laaste woord in die laaste reël moet rym met “by”.
My adres is:
Muggie,
Posbus 41,
Durbanville, 7551.
Onthou om jou adres saam te stuur.
Knaagdiere
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
Muise en rotte is knaagdiere
Daar’s maeres en vettes daarby
deur ............................................................................... (jou naam)
| LU 2.2 | LU 4.3.2 | LU 4.5.2 | LU 4.6.2 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
1.4.1 vir die onderwerp of hoofidee luister;
1.4.6 gevoelens oor die teks uitdruk en redes daarvoor gee;
1.4.8 prente teken om begrip van ‘n mondelinge teks te illustreer en dit in eie woorde skryf.
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal verbeeldingryk vir pret en fantasie gebruik;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.3 ‘n wye verskeidenheid redelik komplekse tekste soos fiksie en nie-fiksie boeke, inhoudsopgawes en indekse lees;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep:
3.3.1 ‘n geskrewe teks vlot en met begrip lees;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
3.5.1 boeke, fiksie en nie-fiksie, kies en sê waarvan hy/sy hou en nie hou nie;
3.5.5 inhoudsopgawe, indeks, kernwoorde, opskrifte, onderskrifte en bladsynommers om inligting te vind gebruik;
3.5.7 inligtingsbronne identifiseer en vind, soos lede van die gemeenskap, biblioteekboeke.
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin:
4.2.1 verskeie pre-skryfstrategieë gebruik om inligting te versamel en ‘n onderwerp te kies;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf:
4.3.2 ‘n reeks kort tekste vir verskillende doeleindes skryf;
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:
4.4.1 eie en ander se skryfstukke bespreek om terugvoering te gee en te ontvang;
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke “publiseer”:
4.5.2 skryfwerk met die bedoelde teikengroep, sosiale gesin of maats deel;
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.6.2 met woorde uit stories, leesstukke, die media, grappe en klasmaats en ander se mondelinge taal eksperimenteer en dit gebruik;
4.6.5 pas kennis van ander tekste as model vir eie skryf toe.
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige navorsing doen:
5.4.1 vrae stel wat die taak help definieer en nodige inligting help verkry;
5.4.5 inligting opsom en dit op ‘n gepaste en interessante manier aanbied.