Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die module begin met ‘n gedeelte om te lees wat gaan oor “dagboeke” en vrae word daaroor gestel.
Renier verkeer in ‘n dilemma en weet nie hoe om sy probleem op te los nie. Die leerders help hom en kom met voorstelle nadat hulle die probleem bespreek het.
Hulle skryf dialoë, bespreek die betekenis van spreekwoorde en gesegdes en leer teenoorgesteldes aan. Leerders skryf hulle eie dagboeke vir twee dae en word aangemoedig om persoonlike gevoelens te ontleed.
Moeilike kombinasies in lopende skrif word geoefen.
Woorde wat eindig op -er, -el, -en, en -em; ook -ig, -ige, -ik, -ike.
Verkleinwoordjies soos: blaar – blaartjie; kat – katjie; hond – hondjie word aangeleer.
Liewe Dagboek
Ek weet dit is al laat, maar ek moet eers skryf sodat ek kan weet wat om te doen.
Vandag het ‘n lelike ding in die klas gebeur. Anton is my beste maat. Ons speel saam rugby en ons kuier naweke oor en weer. Ek hou regtig baie van hom. Anton het vandag Sarel se speletjie uit sy tas geneem. Ek weet, want ek het gesien hoe steek hy dit voor in sy hemp in. Toe hy sien ek kyk vir hom, toe wys hy ek moet stilbly.
Die middag toe almal na die speletjie begin soek, toe bly ek tjoepstil en rep nie ‘n woord daarvan dat Anton dit het nie! Dit pla my nou baie. Ek is baie ongelukkig en het nog nie kans gehad om met Anton daaroor te praat nie. Ek weet ook nie of ek moet nie!! Ek hou van Sarel! Hy is ook my maat!!
| LU 3.3 |
Sy beste maat was oneerlik en hyself het stilgebly oor dit wat hy gesien het.
1. Bespreek Renier se probleem.
Vra vir mekaar: waarom is dit vir Renier ‘n probleem? Wat het hy gedoen? Wat het hy versuim om te doen? Hoe voel Renier? Hoe voel Anton? Hoe voel Sarel?
2. Dink aan soveel oplossings as julle kan om Renier se probleem op te los.
Skryf hulle hier kortliks neer:
a) ......................................................................................................................................
b) ......................................................................................................................................
c) ......................................................................................................................................
d) ......................................................................................................................................
e) ......................................................................................................................................
f) ......................................................................................................................................
3. Kies die beste oplossing en besluit wat julle dink Renier behoort te doen.
4. Vertel vir jul klasmaats wat julle besluit het die beste oplossing is vir Renier se probleem.
| LU 2.5 | LU 4.5 | LU 5.3 |
![]() |
| LU 4.1 |
Al het dit vannag baie gereën, is die damme nog nie vol nie.
Ek koop melk, eiers, brood, kaas en tamaties.
Pieter, lees jy nou asseblief.
1. gert moes appels piesangs lemoene en druiwe koop
.........................................................................................................................................
2. mag ek asseblief vir sarie ook nooi
.........................................................................................................................................
3. as ek nie môre skool toe gaan nie sal ek nie my rapport kry nie
.........................................................................................................................................
4. anton sarel tom en gert kom vandag speel
.........................................................................................................................................
| LU 6.3 |
-ig, -ige, -ik, -ike
| haastiggiftigrustigstadigysig besigveilig grappiglewendig sonnig | haastigegiftigerustigestadigeysigebesigeveiligegrappigelewendigesonnige | lelikvrolik heerlikvroulikmoeiliklieflik maklikvriendelikoulik wonderlik | lelikevrolikeheerlikevroulikemoeilikelieflikemaklikevriendelikeoulikewonderlike |
.........................................................................................................................................
.........................................................................................................................................
.........................................................................................................................................
.........................................................................................................................................
| LU 6.1 | LU 6.2 |
![]() |
| LU 4.1 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste op hul eie lees en ‘n verskeidenheid strategieë gebruik om betekenis te skep;
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke publiseer:
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde.
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder werk met woorde:
Assesseringstandaard 6.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met sinne werk.