Inside Collection (Course): Lewensorientering Graad 9
Aktiwiteit 1
Om ’n program vir die verbetering van liggaamlike bewegingsvermoë en verhoging van algemene fiksheidspeil te ontwikkel en te implementeer
[LU 4.2, 4.3]
Ontwerp nou ’n program vir die verbetering van jou eie bewegingsvermoë en fiksheid. Die program moet onder andere die volgende uitspel:
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 4 |
| Liggaamlike Ontwikkeling en Beweging Die leerder is in staat om begrip te toon vir en deel te neem aan aktiwiteite wat beweging en liggaamlike ontwikkeling bevorder. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 4.2 eie bewegingsvermoë, insluitend rotasie, balans en evaluasie verfyn en dit saam met dié van die portuurgroep evalueer; |
| 4.3 eie fiksheid beoordeel en persoonlike doelstellings vir die verbetering daarvan stel; |
| 4.4 ‘n wedstrydplan vir ‘n individuele of spansport krities evalueer en uitvoer; |
| 4.5 verslag doen en ‘n bespreking voer oor sportetiek. |