Aktiwiteit 1:
Kritiese beskouing en bespreking van sosiale verhoudings binne verskillende situasies [LU 2.3]
Groepwerk: Rollespel
Strokiesprente wat geskik is, is onder meer:
Ben, Babsie en familie (Tydskrif Rapport)
Uncut-teen (LoveLife’s Scamto), (Rapport)
Seppie die soldaat (Die Burger)
Rooi Oog (Die Burger)
Hagar die Verskriklike (Die Burger)
| Dit word bewys as die leerder: |
| 1.1 die invloed van ekologiese, sosiale, ekonomiese, kulturele en politieke faktore op eie persoonlike keuse van dieet illustreer en evalueer; |
| 1.2 ‘n omgewingsgesondheidsprogram ontwikkel en implementeer; |
| 1.4 hulpbronne oor gesondheidsinligting, gesondheidsdienste en ‘n verskeidenheid moontlikhede vir behandeling, insluitend MIV/VIGS, krities evalueer; |
| 1.5 maniere bespreek om insigte toe te pas wat as gevolg van deelname aan ‘n aktiwiteit met betrekking tot nasionale gesondheids- of ‘n veiligheidsbevorderingsprogram verwerf is. |
| LU 2 |
| Sosiale OntwikkelingDie leerder is in staat om begrip van en toewyding aan grondwetlike regte en sosiale verantwoordelikhede, asook begrip vir diverse kulture en gelowe te toon. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit word bewys as die leerder: |
| 2.1 vraagstukke met betrekking tot burgerregte en persoonlike keuses debatteer; |
| 2.2 verslag doen oor deelname aan of die beplanning van die plaaslike viering van ‘n nasionale dag; |
| 2.3 sosiale verhoudings in ‘n verskeidenheid situasies krities bespreek; |
| 2.4 sake rakende diversiteit in Suid-Afrika en die aanmoediging van interkulturele begrip krities ondersoek; |
| 2.5 oor verskeie gelowe se bydraes tot die bevordering van vrede nadink en bespreek. |