Inside Collection (Course): Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis Graad 5
AKTIWITEIT 1
OM DIE VROEË BOERE SE VOEDSELGEBRUIKE TE REKONSTRUEER
[LU 3.3]
Daar is min dinge wat die verhaal van mense in die geskiedenis so goed “vertel” soos hul voedsel. Die boere was nog altyd die spens van ‘n volk – ook in ons land. Soos julle reeds weet, was die San veral jagters en versamelaars wat ‘n nomadiese bestaan gevoer het.
![]() |
a) Die San
GROEP 1
Verbeel jou jy vergesel ‘n San-jaggroep om voedsel te bekom.
Kyk eers of jy dié skadufigure kan namaak. (moeilik, nê!)
Kan jy vir jou maats ‘n boodskap stuur sonder om te praat? (Hoekom mag jy nie praat terwyl jy jag nie?)
Verduidelik nou met behulp van ‘n strokiesprent hoe jy diere gaan jag en die vleis daarna gaan gaarmaak. Voorspoed!
GROEP 2
Jou ma het veldkosse en jou pa wildsvleis van die veld af saamgebring! Stel nou môre se spyskaart vir julle gesin op.
Onthou net: Julle leef in die steentydperk.
![]() |
![]() |
b) Die Khoina
Die Khoina het al begin vee aanhou toe die eerste swart mense hier aangekom het. Hulle het ook ruilhandel met ander groepe begin. Beeste is eerder as ‘n ruilmiddel aangehou en nie vir die vleis nie. Hulle het ook plantkosse en wildsvleis geëet om te oorleef.
Hoekom het hulle verkies om hulle vee te hou eerder as om dit te slag?
Watter ooreenkoms is daar in die manier hoe die Khoina destyds dikmelk gemaak het en hoe ons vandag jogurt maak?
![]() |
c) Die swart boere
Van die swart boere het al in die Steentydperk by Monzani, naby Durban, gewasse gesaai en geoes. Teen 100 n.C. het hulle in die riviervalleie tussen die Drakensberge en die see, asook op die Hoëveld, geplant en vee aangehou. Hulle boerdery het hulle eetgewoontes en voedsel bepaal.
![]() |
AKTIWITEIT 2
OM OOREENKOMSTE EN VERSKILLE TUSSEN DIE KORING- EN WINGERDBOERDERY TE IDENTIFISEER
[LU 2.3]
Die Nederlanders onder leiding van Van Riebeeck moes vars produkte vir die bemannings van die verbygaande skepe kweek. Waar Kaapstad vandag is, het hulle tuine aangelê om groente, druiwe, koring en sitrusvrugte te plant. Hulle het ook ertjies, dassies, seekoeie, bobbejane, rotte en pikkewyne geëet!
In 1657 het nege vryburgers in die Liesbeeckriviervallei plase gekry om graan en mielies te verbou en later wingerde aan te plant.
![]() |
Osse is op die koringplase gebruik om ploeë met versterkte ysterlemme te trek en graan is met sense of sekels gesny. Beeste het die graan op die dorsvloere getrap om só die korrels van die kaf te skei.
Op die wingerdplase het slawe gehelp om druiwe kaalvoet in groot houtvate te trap en wyn te maak.
![]() |
Koringplaas
![]() |
Wingerdplaas
b) Beantwoord die volgende vrae oor meegaande bronne:
Wat het deur die jare verander of dieselfde gebly. Waarom?
Hoe belangrik is dit vandag?
Gestel jy en jou maat het gedurende die agtiende eeu op dié druiwe- of koringplaas onderskeidelik gewerk. Stel nou ‘n gesamentlike boerderyprogram op waarin julle julle pligte gedurende die jaar met vandag se boerdery (soortgelyk) vergelyk.
[LU 2.3]
AKTIWITEIT 3
OM VERSLAG OOR VEEBOERDERY TE DOEN
[LU 1.3]
a) Lees die volgende artikel aandagtig deur en hou daarna ‘n klas-vasvra daaroor.
Die Nederlanders het later die diere wat hulle uit Europa saamgebring het, gekruis met vee wat hulle by die Khoina geruil het. Die rooi Afrikanerbees is ‘n goeie voorbeeld van ‘n beesras wat in daardie tyd geteel is.
In 1789 het die koning van Spanje twee merino-ramme en vier ooie aan die Nederlandse regering geskenk. Die ramme het baie goed dan die Kaap geaard en het wol en vleis van uitstekende gehalte gelewer. Tans bestaan sowat 80 % van Suid-Afrika se kuddes uit hierdie ras. Vandag is daar omtrent 28 miljoen skape in Suid-Afrika!
Teen die agtiende eeu het sommige veeboere die Kaap verlaat en die binneland ingetrek. Hulle het vee aangehou vir vleis eerder as vir wol. Hulle voedsel het veral bestaan uit die vleis van hulle taai vetstertskape, beesvleis van die langhoringbeeste en wildsvleis van die groot troppe wild. Melk is afgeroom vir botter en vrugte is gedroog of ingelê. Soms het hulle graan gesaai, maar kon dit nie altyd oes nie omdat hulle verder moes trek, óf dit is beskadig deur reën of droogtes. Hulle het brood gebak in miershope of klei-oonde. Koffie, tee en suiker was weelde-artikels en is meestal by rondreisende smouse “gekoop”. [LU 1.3]
AKTIWITEIT 4
OM TUSSEN FEITE EN MENINGS TE ONDERSKEI OOR VOEDSELVOORSIENING VANDAG
[LU 2.3]
Vandag bly die meeste mense in dorpe of stede naby voedsel. Probeer in groepsverband vasstel waar julle basiese voedsel vandaan kom.
a) Gebruik die volgende tabel. Voltooi dan die opname deur die mense in julle gesin daaroor uit te vra.
| BASIESE VOEDSELSOORTE | AFSTAND OM KOS TE BEKOM | ||
| (Verander indien nodig) | 0,5 km | 2 km+ | 5 km+ |
| Brood/pap | |||
| Vleis / Vis | |||
| Botter | |||
| Vars vrugte/groente | |||
| Blikkieskos | |||
| Gemiddelde afstand: | |||
b) Jy het nou spesifieke inligting uit mondelinge bronne verkry. Stel nou vas of die volgende stellings feite of menings is.
Die meeste voedselsoorte is maklik bekombaar.
Die meeste inkopies word naby woonplekke gedoen.
Die meeste van bogenoemde voedselsoorte word by spesifieke/verskillende plekke aangekoop.
Dié situasie verskil heeltemal met dié van die mense in die vorige eeu(e).
LEERUITKOMS 1: HISTORIESE ONDERSOEK – Die leerder is in staat om ondersoekvaardighede te gebruik om die verlede en die hede te ondersoek
1.1 Bekom die bronne. Begin om ekstra vrae oor gebeure, artefakte, plekke, mense te vra wat in moeilikheidsgraad wissel
1.2 Gebruik die bronne. Kan bladsyverwysings gebruik
Weet watter bronne (boeke) oor spesifieke onderwerpe inligting verskaf vir ‘n taak/uitstalling
Kan inligting op ‘n diagram, kaart, skets verduidelik
Kan mondeling of skriftelik ‘n gebeurtenis uit die verlede verduidelik
LEERUITKOMS 2: HISTORIESE BEGRIP (TYD) – DIE LEERDER IS IN STAAT OM GESKIEDKUNDIGE KENNIS EN BEGRIP TE TOON.
2.1 Verstaan kronologie en tyd. Saamstel van ‘n historiese tydlyn met v.C, n.C, antiek, modern (p. 2, 22)
2.2 Verskaf redes waarom ‘n historiese gebeurtenis plaasgevind het (oorsake, gevolge). Kan in mondelinge en geskrewe vorm bewyse verskaf van oorsake/gevolge van gebeurtenisse, en patrone raaksien.
2.3 Onderskei tussen verskillende tydperke (ooreenkomste, verskille). Toon ooreenkomste/verskille aan tussen vandag en ‘n spesifieke tydperk se situasies en plekke deur van geskrewe getuienisse gebruik te maak.
LEERUITKOMS 3: HISTORIESE INTERPRETASIE – DIE LEERDER IS IN STAAT OM ASPEKTE VAN GESKIEDENIS TE INTERPRETEER
3.1 Wees bewus van meer as een siening van die verlede.
Verstaan dat verskillende sienings oor dieselfde saak reg of verkeerd kan wees
3.2 Onderskei tussen feite en menings.
Kan inligting vanaf kaarte, diagramme en grafieke bekom.
3.3 Rekonstrueer verlede. Kan ‘n eenvoudige rekonstruksie van gebeurtenisse maak en verstaan hoe die mense daaroor voel.
Aktiwiteit 1
Aktiwiteit 2
a) TV-skottel, selfoon, rekenaar pas nie
b) Koringplaas: ploeg, saai, skoffel, oes, dors en uitwan van koring
Wingerdplaas: saai, skoffel, wingerdsnoei, pluk van druiwe