Skip to content Skip to navigation

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » )m ruimte deur perspektief te verken

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

)m ruimte deur perspektief te verken

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 6

SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDING

Module 15

OM RUIMTE DEUR PERSPEKTIEF TE VERKEN

Visuele Kuns

Goeie dag! Ons hoop jy gaan die volgende program geniet – jy gaan daarna anders na huise en geboue kyk!

Aktiwiteit 1:

Om ruimte deur perspektief te verken

[LU 1.7]

  • Jy het al met kleur, lyn, toonwaardes, patroon, kunsvorme en ook skaal kennis gemaak.
  • In hierdie leereenheid sal daar op skaal en perspektief gefokus word. Ruimte en perspektief sal verder verken word in ‘n projek waar twee- en drie-dimensionaliteit gekombineer word.
  • Perspektief’ is ‘n metode om die gevoel van ruimte en afstand in ‘n prent te skep.

Jou opvoeder gaan jou help om die volgende te doen:

STAP 1

Kyk eers na die parallelle lyne in die klas. Kyk byvoorbeeld na die bo- en onderkante van die deur en die vensters. Die lyne waar die muur by die plafon en die vloer aansluit, is ook parallel. Dit beteken dat die afstand tussen die plafon en die vloer aan die een kant van die muur presies dieselfde as die afstand aan die ander kant is. Kyk na die prentjie van ‘n gebou hieronder en trek dan met die liniaal strepe op die grond, die onder- en bokante van die deur(e) en venster(s), die onderste deel van die dak en die boonste deel van die dak.

Figure 1
Figure 1 (Picture 2.png)

STAP 2

Soek ‘n foto van ‘n huis of gebou wat vanuit ‘n skuinshoek gesien word. Huisagente se pamflette of die huisgids in die koerant kan hier van groot hulp wees. Plak die foto op ‘n bladsy. Trek weereens dieselfde lyne soos in Stap 1, maar trek die lyne verby die huis of gebou se einde. Wat gebeur met die lyne? Verleng nou die lyne tot hulle by een punt bymekaar kom. Dit mag dalk van die bladsy af gebeur.

Figure 2
Figure 2 (Picture 4.png)

STAP 3

Teken eers die voorkant van ‘n huis in potlood. Trek dan horisontale en parallelle lyne deur die volgende dele van die huis: die bokant van die dak, die onderkant van die dak, die bo- en onderkante van die vensters en deur(e) en die onderkant van die muur op die grond. Die tekening mag slegs in lyn gedoen word. Trek nou ‘n vertikale lyn aan die kant van die huis en plaas ‘n kolletjie op elke plek waar die horisontale lyne met die vertikale lyn kruis.

Figure 3
Figure 3 (Picture 6.png)

STAP 4

Neem ‘n ander bladsy en kopieer aan die regterkant van die bladsy die vertikale lyn met die kolletjies wat jy in die vorige stap gedoen het. Trek dan ‘n horisontale grondlyn aan die onderkant , waar die laagste kolletjie op die vertikale lyn lê, dwarsoor die bladsy. Maak aan die linkerkant van die bladsy ‘n kolletjie op daardie grondlyn. Hierdie kolletjie aan die linkerkant moet dan deur middel van sagte potloodlyne met die kolletjies op die vertikale lyn verbind word. Die res van die huis kan daarna deur middel van verdere vertikale lyne geteken word. Hierdie metode kan herhaal word om ‘n klomp huise langs mekaar, of selfs ‘n hele straat van huise, te skep.

Figure 4
Figure 4 (Picture 8.png)

Aktiwiteit 2:

Om ‘n straat van huise in perspektief te skep

[LU 1.7]

  • Nou gaan jy meer huise in perspektief teken en dieselfde tegniek gebruik! Jou opvoeder sal weer help:

Stap 1

Trek ‘n horisontale lyn amper aan die onderkant van die papier, wat dwars gedraai is. Maak dan ‘n kolletjie min of meer in die middel van daardie lyn. Herhaal die proses in Stap 4 van die vorige aktiwiteit aan beide kante van die papier om sodoende ‘n straattoneel te skep. In die agtergrond kan jy lug met wolke, berge of bome inteken om die toneel te voltooi. Daarna moet jy dele van die huise aan die voorkant van jou tekening, naaste aan jou, toeplak met riffelkarton. Laastens kan jy pastelle, kryte, verf of ‘n kombinasie daarvan gebruik om kleur aan die prent te gee.

Figure 5
Figure 5 (Picture 9.png)

Onthou dat warm kleure vorentoe kom en koue kleure agtertoe beweeg. Gebruik dus die warmer kleure voor en die koue kleure na agter om die gevoel van afstand nog verder te beklemtoon.

Hierdie straattoneel kan op groter skaal as agtergrond vir ‘n poppeteater dien of, op ‘n baie groot skaal, as agtergrond vir ‘n drama-opvoering.

Figure 6
Figure 6 (Picture 10.png)

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
 
LU 1
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Assesseringstandaarde(ASe)
 
Dit is duidelik wanneer die leerder:
VISUELE KUNSTE
1.7 omskep visuele inligting in gestruktureerde komposisies op werklike of denkbeeldige Suid-Afrikaanse situasies wat individueel geselekteer is, deur gebruik te maak van beskikbare materiaal en gepaste tegnieke in sowel tweedimensionele as driedimensionele werk.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks