AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
Graad 8
Module 6
DRIE SOORTE SINNE IN AFRIKAANS
Aktiwiteit 1
Om drie soorte sinne in Afrikaans te gebruik
Jy het hierbo ’n hele paar vraagsinne gelees. Daar is drie soorte sinne waarvan jy moet weet, naamlik:
Stelsinne (“Statements”)
Vraagsinne (“Questions”)
Bevelsinne (“Commands”)
’n Stelsin is ’n sin waarin ’n stelling gemaak word, soos in die volgende voorbeelde:
Kaapstad is ’n pragtige stad.
Walvisse en dolfyne is soogdiere.
Die suidoos waai baie sterk in die somer.
’n Vraagsin is ’n sin waarin daar ’n vraag gevra word, soos in die voorbeelde in aktiwiteit 9, en ook hieronder:
Swem jy graag in die see?
Was jy al in Dwarskersbos?
Hoeveel snoeke het Jan Dolos gevang?
’n Bevelsin is ’n sin waarin daar ’n bevel gegee word, byvoorbeeld:
Moenie die arme robbe seermaak nie!
Gee vir die kat ook ’n stukkie snoek!
Maak die boot stewig vas aan die kaai.
Jy het seker opgemerk dat daar altyd ’n vraagteken (“question mark” - ?) aan die einde van ’n vraagsin staan.
Daar is dikwels ’n uitroepteken (“exclamation mark” - !) aan die einde van ’n bevelsin. ’n Mens gebruik die uitroepteken om aan te dui dat die spreker taamlik kwaai of heftig praat.
Skryf nou drie stelsinne, drie vraagsinne en drie bevelsinne van jou eie.
Stelsinne:
Vraagsinne:
Bevelsinne:
| LU 6.3 | ||||
Aktiwiteit 2
Om ons woordeskat en begrip van woorde in Afrikaans uit te brei, en om ons spelvermoë te oefen
Lees die volgende stuk aandagtig deur en voer die opdragte uit wat daarop volg. Dit is aangepas uit ’n berig van Nicolette Arends in Die Burger van 21 Februarie 2003.
Toerisme: Simbool gesoekTafelberg word dalk handelsmerk vir SA
KAAPSTAD – Tafelberg gaan dalk binnekort gebruik word om Suid-Afrika internasionaal te bemark. Hierdie wêreldbekende baken, wat uit die ruimte sigbaar is en wat al vir meer as 350 jaar lank deur matrose as landteken gebruik is, is op ’n lys waaruit ’n simbool vir die land se bemarking gekies moet word. Volgens Toerisme Suid-Afrika (Satoer) is ander simbole op die lys Kaappunt, Robbeneiland, die Groot Vyf, Soweto, Johannesburg, die Drakensberge, die Tuinroete, Namakwaland se blomme, Sun City en die Uniegebou.
Mnr Valli Moosa, minister van omgewingsake en toe-risme, het vandeesweek in die parlement gesê dat die simbool ’n belangrike ele-ment van die land se bemar-kingstrategie sal wees.
Baie mense dwarsoor die wêreld beskou Kaapstad as een van die bestemmings wat ’n mens moet sien voor jy sterf.
1. Wat is die betekenis van internasionaal soos dit hierbo gebruik word?
Voltooi: Dit beteken
2. Wat sou die betekenis van die sin gewees het as dit so geklink het: “Tafelberg gaan gebruik word om Kaapstad nasionaal te bemark.”
Voltooi: Dit sou beteken het dat
3. Wat beteken dit as ’n mens sê dat Satoer Kaapstad wil bemark? Wat wil hulle bereik?
Voltooi: Hulle wil hê dat
4. Kyk na die woord “sigbaar”. As jy dit bv. aan die einde van ’n sin sou moes afbreek deur ’n koppelteken (“hyphen”) in te voeg, hoe sou jy die woord afbreek?
Voltooi: Ek sou dit so breek:
5. As ’n mens sê iets is sigbaar, beteken dit jy kan dit sien.
Kyk of jy die volgende kan voltooi:
As ’n mens iets kan eet, is dit _______________
As ’n mens iets kan hoor, is dit _____________
As ’n mens iets waarneem, is dit _______________
As ’n mens iets kan toelaat, is dit ________________
’n Mens moet iets wat van glas gemaak is, baie versigtig hanteer, want dit is ______________________________
| LU 6.1 | LU 6.2 | LU 6.4 | LU 6.5 | |||||||||||||||||||
Aktiwiteit 3
Om die vermoë om ’n gesprek in Afrikaans te voer en bepaalde woorde te gebruik, te oefen
Verdeel in groepe van ongeveer ses leerders en verbeel julle dat julle buitelandse toeriste is wat in Suid-Afrika toer, en dat een van die groep die toerleier is.
Vra beleefde vrae oor Suid-Afrika aan die toerleier. Die vrae moet met die volgende woorde begin: kan, mag, sal, moet, wil. (Met ander woorde, dit word mondelings gedoen.) Die toerleier moet sinvolle antwoorde gee.
Voltooi nou die volgende vraagsinne (skriftelik) in jou eie woorde:
Kan jy my sê ________________
Mag ’n mens _______________
Sal ’n leeu ___________________
Moet alle motoriste in SA________________
Wil jy graag ______________
HET JY VAN DIE VRAAGTEKEN AAN DIE EINDE VAN ELKE SIN ONTHOU?
| LU 2.2 | LU 6.4 | |||||||||
Aktiwiteit 4
Om naslaanwerke te gebruik en ons begrip van woorde in Afrikaans uit te brei
1. Woordspeletjie
Beantwoord die volgende vrae:
Die antwoorde is gebaseer op die leesstukke in hierdie module, maar jy sal bykomende naslaanwerk moet doen, want die woorde is nie noodwendig daar nie; jy moet hulle self vind.
WENKE:
Die Groot Vyf
Mense wat op skepe werk
Groot woonbuurt/stad by Johannesburg (afgekort van “South Western-Townships”)
Eiland naby Kaapstad – van groot geskiedkundige waarde
Ou verhale
Die ou seevaarders het ’n korter roete na die Oos-Indiese Eilande gesoek sodat die handelaars dit makliker en goedkoper in die hande kon kry.
2. Teken ’n eenvoudige kaart van Suid-Afrika en dui die volgende plekke aan:
a) Kaappunt
b) Die Drakensberge
c) Die Tuinroete
d) Namakwaland
3. Kan jy raai waar die Tuinroete sy naam kry?
Voltooi: Ek dink dit word so genoem omdat ____________
4. As daar van die “skoonste” Kaap gepraat word, beteken dit dat die Kaap nie vuil is nie? Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken.
Voltooi: Dit beteken dat die Kaap __________
5. Skryf vyf kort sinnetjies oor wat ons kan doen om te verseker dat ons land altyd mooi, skoon en toeristevriendelik sal wees.
| LU 3.8 | LU 6.5 | |||||||||
Aktiwiteit 5
Om leesvermoë en die vermoë om inligting skriftelik oor te dra, te oefen
Lees ’n boek (fiksie of nie-fiksie) wat met die onderwerpe(e) in hierdie module verband hou.
Kyk of jy dalk Suid-Afrikaanse mites en legendes deur Jay Heale (uitgegee deur Struik in 1995) in die biblioteek kry. Dit is regtig interessant en vermaaklik.
Maak kort aantekeninge oor die karakters daarin, asook oor waar dit afspeel (m.a.w. die agtergrond) en sê hoekom jy daarvan gehou het of nie daarvan gehou het nie.
Assessering
| Leeruitkomstes(LUs) |
| LU 1 LUISTER |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ’n wye verskeidenheid situasies te reageer. |
| Assesseringstandaarde(ASe) |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 1.1 stories verstaan en waardeer, asook dié wat deur medeleerders vertel word; |
| 1.2 mondelinge tekste verstaan. |
| LU 2 PRAAT |
| Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ’n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 2.1 vertaal en tolk; |
| 2.2 interaksie in addisionele taal voer; |
| 2.5 ’n onderhoud voer. |
| LU 3 LEES EN KYK |
| Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 3.1 fiksie en nie-fiksie verhale lees; |
| 3.2 sommige elemente van die poësie verstaan; |
| 3.4 vir inligting lees; |
| 3.7 vir genot lees; |
| 3.8 begrip van die gebruik van naslaanwerke toon. |
| LU 4 SKRYF |
| Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ’n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 4.1 skryf om inligting oor te dra; |
| 4.2 vir ’n sosiale doel skryf; |
| 4.4 skeppend skryf; |
| 4.5 mediatekste ontwerp. |
| LU 5 DINK EN REDENEER |
| Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 5.1 taal en geletterdheid oor die kurrikulum heen gebruik; |
| 5.2 taal gebruik om te dink; |
| 5.3 inligting versamel en op verskillende maniere opteken. |
| LU 6 Taalstruktuur en –gebruik |
| Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer. |
| Dit is duidelik wanneer die leerder: |
| 6.1 bekende woorde korrek spel; |
| 6.2 eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer; |
| 6.3 taalverskynsels hanteer soos |
| 6.3.2 soorte sinne;6.3.3 enkelvoudige sinne;6.3.6 die ontkennende vorm; |
| 6.4 woordeskat uitbrei; |
| 6.5 begrip van 5 000 tot 7 500 alledaagse woorde binne konteks teen die einde van graad 8 demonstreer. |
Memorandum
AKTIWITEIT 1
Eie sinne. Beklemtoon die gebruik van korrekte leestekens.
AKTIWITEIT 2
Eerstens: Verduidelik wat ‘n handelsmerk is sodat die leerders weet wat die konteks is. Laat hulle oor hulle gunsteling handelsmerk praat en voorbeelde bring.
1. Dit beteken oor die hele wêreld heen / in al die lande van die wêreld.
2. Dit sou beteken het dat Tafelberg net in SA bemark word.
3. Hulle wil hê dat almal Kaapstad sal wil besoek.
4. sig/baar
5. eetbaarhoorbaarwaarneembaartoelaatbaarbreekbaar(Fokus op die agtervoegsel en wys hoe dit die betekenis van ‘n woord verander.)
AKTIWITEIT 3
Groepleer
Eie vrae en antwoorde.
Eie sinne.
AKTIWITEIT 4
1. Woordspeletjie
(a) Renoster
(b) Leeu
(c) Olifant
(d) Buffel
(e) Luiperd
(f) Matrose
(g) Soweto
(h) Robbeneiland
(i) Legendes
(j) Speserye
2. Kaart
3. … daardie deel van die land altyd mooi groen is en soos ‘n mooi tuin lyk. (Enige aanvaarbare antwoord.)
4. … mooi is – mooier as baie ander plekke.
5. Eie sinne.
AKTIWITEIT 5
Eie leeswerk en kort verslaggie daaroor.