Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig gaan oor verhoudings en gedrag. Die klas luister daarna, lees dit en bespreek die vrae.
Die storie gaan oor Debbie wat besef hoe dankbaar sy behoort te wees omdat sy ‘n gelukkige, onselfsugtige gesin het.
Aktiwiteite soos idiome en lettergrepe is ingesluit en leerders begin ook nou hul skryfwerk beplan. Hiervoor gebruik hul ‘n vloeidiagram.
Die klasprojek om geld in te samel, skep geleentheid vir die integrering van ander leerareas soos Tegnologie en Wiskunde.
Hoof- en kleinletters word met die skryf van rympies geoefen.
Die volgende groepe verkleinwoorde word aangeleer: boek – boekie; arm – armpie; toring – torinkie; pop – poppie; roos – rosie.
Debbie se vaste voornemens
Hierdie dinge moet ek onthou
en uitleef dag vir dag –
ek moet my naaste liefhê,
bedagsaam wees en lag.
Dit is nie altyd maklik nie.
om stil te bly en niks te sê
as boetas altyd net wil koning kraai
moet jy hare op jou tande hê.
Maar ek sal baie hard probeer
om die ander wang te draai.
ek het dit nou op swart en wit
om vrede te wil saai.
G.J.M.
| LU 1.4 | LU 2.5 | LU 3.2 | LU 5.2 |
![]() |
![]() |
| LU 2.5 | LU 3.5 | LU 5.3 |
![]() |
| LU 4.1 |
‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .
boek boekie
vlieg .......................................................................
vurk .......................................................................
vark .......................................................................
gans .......................................................................
kers .......................................................................
vuis .......................................................................
muis .......................................................................
duif .......................................................................
tulp .......................................................................
| LU 4.6 | LU 6.2 |
Liewe Dagboek
Vandag het ek weer besef hoe kosbaar my familie vir my is. Ek is so bevoorreg om sulke liefdevolle ouers te hê. Ja, en laat ek dit maar swart op wit sit, my boetie en sussie is ook vir my kosbaar, al stry en baklei ons soms.
Dit het my laat dink aan weeskinders en wat hulle nie alles in die lewe moet verbeur nie! ‘n Mens wonder waar kry hulle ouerliefde? Wie stel in hulle belang? Met wie kan hulle gesels as hulle in die moeilikheid beland? Dit het my baie hartseer gemaak.
Ja, ons is ‘n baie hegte en gelukkige gesin. Dankie, Mams en Pappa, dat julle ons liefhet en vir ons sorg!
Môre sal ek vir julle elkeen ‘n drukkie gee.
bevoorreg; verbeur.
| LU 2.5 | LU 3.3 | LU 3.5 | LU 4.6 |
| kosbaar | bevoorreg | baklei | ||
| kos | baar | |||
| liefdevolle | moeilikheid | verbeur | ||
| ouerliefde | woordeboek | drukkie | ||
| koekverkoping | tegemoetkomend | |||
| LU 3.4 | LU 6.1 |
![]() |
![]() |
| LU 2.5 | LU 3.5 | LU 5.3 |
![]() |
| LU 4.1 |
‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .
arm armpie
raam ............................................................................
wurm ............................................................................
stroom ............................................................................
naam ............................................................................
droom ............................................................................
derm ............................................................................
boom ............................................................................
duim ............................................................................
pruim ............................................................................
| LU 4.6 | LU 6.2 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na stories, gedigte, liedjies en ander mondelinge tekste luister en begrip toon:
1.4.5 vrae oor ‘n mondelinge teks beantwoord;
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit geskrewe teks:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste lees op hul eie en gebruik maak van ‘n verskeidenheid strategieë om betekenis te skep;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankkennis vaslê:
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder vir inligting en genot lees:
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink en te redeneer:
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te ondersoek:
Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder klanke in verband bring met letters en woorde:
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.