Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig gaan oor verhoudings en gedrag. Die klas luister daarna, lees dit en bespreek die vrae.
Die storie gaan oor Debbie wat besef hoe dankbaar sy behoort te wees omdat sy ‘n gelukkige, onselfsugtige gesin het.
Aktiwiteite soos idiome en lettergrepe is ingesluit en leerders begin ook nou hul skryfwerk beplan. Hiervoor gebruik hul ‘n vloeidiagram.
Die klasprojek om geld in te samel, skep geleentheid vir die integrering van ander leerareas soos Tegnologie en Wiskunde.
Hoof- en kleinletters word met die skryf van rympies geoefen.
Die volgende groepe verkleinwoorde word aangeleer: boek – boekie; arm – armpie; toring – torinkie; pop – poppie; roos – rosie.
Wat het ek vandag geleer? Iets baie belangrik! ‘n Lewensles!
Dit is wat gebeur het.
Ek het vanoggend wakker geword en toe onthou ek daar gaan ‘n koekverkoping by die skool gehou word. Ek moes vir Mams al gister daarvan vertel het, maar dit het my heeltemal ontgaan.
Toe ek haar vra vir geld om iets by die koekverkoping te koop, het sy net genoeg geld vir haar buskaartjie in haar beursie gehad. Sy het my herinner dat ek haar vroeër moes gesê het dan sou sy seker gemaak het dat sy genoeg geld by haar gehad het.
Nietemin, sy was so gaaf om te sê ek kon die geld uit haar beursie neem en sy sal na Tant Nellie stap om ‘n geleentheid saam met haar te vra.
Sy was so tegemoetkomend, al moes sy ‘n hele ent na Tant Nellie toe stap!
Sy was so onselfsugtig en het net aan my behoeftes gedink.
Dankie, Mams, ek is lief vir Mams!
| LU 3.3 |
1. Wat is “’n gelukkige gesin?” Wat maak ‘n gesin gelukkig?
2. Wat maak ‘n gesin ongelukkig?
3. Dink aan drie dinge wat jy kan doen om julle gesin gelukkig te maak.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
4. Watter belangrike lewensles het Debbie se ma vir haar geleer?
5. Hoe het Debbie gevoel toe sy besef sy het nie vir haar ma voor die tyd gesê van die koekverkoping nie?
6. Toe haar ma vir haar uit haar penarie help, was Debbie baie . . . . . . .
hartseer of gelukkig of dankbaar of kwaad
| LU 2.5 | LU 3.2 |
Hierdie woorde verloor “g” en kry ‘n “kie”.
‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .
toring torinkie
varing .............................................................................
koning .............................................................................
garing .............................................................................
doring .............................................................................
ketting .............................................................................
horing .............................................................................
| LU 4.7 | LU 4.6 | LU 6.2 |
![]() |
| LU 4.1 |
Bespreek in die klas in watter moeilikheid jy as seun of dogter kan beland.
|
|
|
|
|
|
|
| LU 2.5 | LU 2.8 | LU 4.4 | LU 5.5 | LU 5.4 |
|
Ja | Nee | ||||
|
Ja | Nee |
| LU 4.3 | LU 4.5 | LU 4.7 | LU 6.2 |
‘n Groot . . . . ‘n Klein . . . .
pop poppie
vis ...........................................................................
rok ...........................................................................
prop ...........................................................................
plek ...........................................................................
stok ...........................................................................
kas ...........................................................................
lig ...........................................................................
mes ...........................................................................
lip ...........................................................................
kop ...........................................................................
| LU 3.4 |
![]() |
| LU 4.1 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder deelneem aan klas- en groepbesprekings:
Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder betrokke raak by gesprekvoering as ‘n sosiale vaardigheid.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit geskrewe teks:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder tekste lees op hul eie en gebruik maak van ‘n verskeidenheid strategieë om betekenis te skep;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankkennis vaslê:
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n konsepweergawe van ‘n skryfstuk vir verskillende doeleindes skryf;
Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Assesseringstandaard 5.4: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige navorsing doen:
Assesseringstandaard 5.5: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting verwerk:
Leeruitkomste 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk.