Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 3
Inleiding
Die ICS modules in Graad 3 moedig leerders aan om wyd te lees, fiksie sowel as nie-fiksie. Daar word baie geleenthede geskep vir leerders om te skryf, woordeskat uit te bou en taal te gebruik. Hierdie vaardighede word onderskryf deur tegnieke en strategieë om bewus te raak van klanke. Woordherkenning en begripsvaardighede word geoefen en nuwe klanke word sistematies aangeleer.
Die leeruitkomstes vir Graad 3 word doeltreffend geïntegreer sodat leerders kan skryf oor dit wat hulle gehoor het, bespreek het en gelees het. Die onderwerpe wat vir die modules gekies is, sal vir die leerders in Graad 3 interessant wees aangesien dit in hulle ervaringsveld val. Ander leerareas soos Wiskunde en Lewensoriëntering word ook dikwels geïntegreer.
Alle aspekte van geletterdheid soos in die leeruitkomstes en assesseringstandaarde vir Graad 3 uiteengesit word is vervat in die 8 modules. Met die vaslegging, konsoldering en toepassing hiervan asook die kritieke en ontwikkelingsuitkomstes sal leerders in staat wees om in hulle huistaal te kan dink en redeneer.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat plus-minus twee modules per kwartaal voltooi word. Alle leerders behoort al agt modules deur te werk sodat hulle die nodige onderrig in skrifgeletterdheid en klanke kan ontvang.
Die gedig “Wense” bied aan die leerders die geleentheid om oor hulle wense te praat. Hulle probeer dan om hulle eie gedig te skep en lees dit vir die klas voor.
Op hierdie stadium is kinders baie geïnteresseerd in dinosourusse. Hulle luister eers na ‘n gedeelte wat die opvoeder voorlees, bespreek dit en beantwoord vrae daaroor.
Hulle gebruik ‘n woordeboek om die betekenis van woorde te bepaal.
Hulle besoek die biblioteek om die opdrag oor ‘n projek te voltooi en doen sodoende naslaanwerk. Leeswerk bestaan uit die storie van Blits die dinosourus wat saam met sy maatjie, Steekman verdwyn en by die leerders te voorskyn kom. Leerders verdeel in groepe en bespreek die probleem wat hulle het toe die twee hulle vra om hul huistoe te neem. Die leerders probeer oplossings soek.
Rympies word geskryf om lopende skrif te oefen.
Verkleinwoordjies soos dam – dammetjie; ring – ringetjie en trappe van vergelyking word geleer.
Toe Blits, die baba Brontosourus/dinosourus uit die eier gebroei het, was hy net so lank soos jou liniaal.
Sy mammie was baie, baie groter as hy.
Sy het afgebuig, aan hom gesnuif-snuif en gedink – “Hy is so klein!. Hoe sal ek hom ooit kan voer of beskerm? Wanneer sal hy ooit so groot wees soos ek?
O aarde! O liewe tyd!”
Maar Blits spring kiertsregop, staan stewig op sy agterbene, swaai sy stert, wat nie so lank was nie, agter hom en kyk sy moeder aan met die pragtigste dinosourus-glimlag denkbaar.
“Ek’s honger!” sê hy.
Mammie lag en stap na die naaste takke van die bome in die moerasagtige woud. Sy wys vir Blits hoe sy die smaaklike vars blare afruk en haar nek rek om by te kom. Blits doen presies soos sy ma vir hom demonstreer. Hulle smul aan die heerlike sappige blare.
| LU 2.8 | LU 3.3 |
..........................................................................................................................................

mooi mooier mooiste
soet soeter soetste
vet vetter vetste
groot groter grootste
vroeg vroeër vroegste
1. My hond is v…….. as joune.
2. Wie se prent is die …………
3. Ek staan ………….. op as my boetie.
4. Hierdie koek is die g……………
5. Juffrou soek die s………….. kind.
6. Ons haan het die …………….. gekraai.
7. Die rooi koeldrank is …………. as die groene.
8. My fiets is g………. as joune.
| LU 3.4 | LU 6.2 |
Blits het nooit te ver van sy moeder afgedwaal nie.
Hoewel hulle baie maats in die bos gehad het, was daar ook baie vyande. Verskeie kere moes sy ma verwoed tekere gaan om ‘n honger, astrante Tirannosourus Rex, of T-Rex, te verwilder. Hierdie vleiseters was sterk en geweldig wreed.
Hulle het die planteters ongenadiglik gejag en saggies van agter bekruip. Menige Brontosourus-baba is al so onverhoeds gevang. Selfs die volwasse dinosourusse was hulle prooi.
Mammie Brontosourus het haar lang dun nek en sterk, swaaiende stert gebruik om haar en haar seun te beskerm. Sy was gelukkig om nog elke keer die bloeddorstige T-Rex af te skrik. Sy was altyd op haar hoede, selfs as hulle so rustig staan en eet aan die sappige blare van die varings en bome.
| LU 3.3 | LU 3.5 |
![]() |
| LU 4.1 |
laat later laatste
hoog hoër hoogste
kort korter kortste
goed *beter *beste
baie *meer *meeste
1. Hy sal ………… eers kom.
2. Jan spring die ………….. .
3. My voet is k………… as joune.
4. Ek het ……………. as jy in die toets gedoen.
5. Die blou span het die …………. punte behaal.
6. Hierdie veld het die …………………. blomme.
7. San trek die ……………….. vuurhoutjie.
8. Gert het ……………… albasters as Sarel.
| LU 3.4 | LU 6.2 |