Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.
Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.
Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.
Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.
Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES
Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.
Die skoenmaker en die kabouters word gebruik om met genot lees te bevorder en woordeskat uit te brei.
Klanke wat net soos in Engels klink word behandel: r, s, t, p, n, l, k, h, m, p, f, d.
Sigwoorde moet deeglik vasgelê word deur middel van flitskaarte, speletjies en daaglikse oefening.
Die gedig “My nuwe hemp” hersien klere en kleur en stel woordeskat voor.
Mondelinge kommunikasie word aangemoedig deur middel van die strokiesverhaal.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Die skoenmaker en die kabouters:
My nuwe hemp:
Strokiesverhaal:
Almal is nie ewe bevoorreg nie.
Almal is geregtig op hul eie keuse.
Elkeen het sy eie besondere behoeftes.
Verantwoordelike optrede is noodsaaklik en ‘n reg van elke mens.
Almal se behoeftes moet erken word.
Almal se emosies moet erken word.
Mede-verantwoordelikheid vir veiligheid van mede-reisgenote.
Netheid en orde bevoordeel die hele gemeenskap.
Mede-verantwoordelikheid vir openbare geriewe.
. Laat leerders elkeen ‘n paar spesiale skoene skool toe bring. Gesels in groepe oor die nut en gebruik van die skoene.
. Leerders maak plakkate met duidelike byskrifte wat in die klaskamer uitgestal word. (LU 5)
. Opvoeder vra vrae en leerders beantwoord bevestigend of ontkennend. Nee, ek dra . . . . .
Ja, Ouma dra . . . . .
. Ek dra sandale as dit baie koud is.
. Ons trek pantoffels aan as ons buite in die reën loop.
. Ouma dra plat, gemaklike skoene.
. Sokkerspelers dra spesiale stewels.
. Mamma dra hoëhakskoene.
. Pappa dra graag tekkies as hy gaan draf.
. Ons kom kaalvoet skool toe. (LU 1, LU 2)
. Opvoeder lees die storie verskeie kere aan die leerders voor totdat hulle dit spontaan saam sê. (LU 1, LU 2)
. Leerders maak knip-, stik- en kap-aksies wanneer gepas.
(LU1, LU 3)
. Laat leerders kyk of hulle self die storie kan lees. (LU 2)
. Laat die leerders die storie dramatiseer.
. Moedig leerders aan om die storie in hul eie woorde te vertel. (LU 3)
. Elke leerder moet ‘n eie woordeboek hê. Koop ‘n indeks-oefeningboek of maak een deur twee bladsye vir elke klank alfabeties af te merk. Woorde vir jou woordeboek word deur die leerders in hierdie boek geskryf. (LU 4)
. Beplan hoe hulle dit gaan versier.
. Versier met spesiale lapverf. of
. Laat leerders ‘n hemp teken en met kryt versier.
. Leerders voltooi die storie deur daaroor te gesels.
![]() |
Lank gelede was daar ‘n skoenmaker.
Hy het baie hard gewerk, maar was baie arm.
Hy knip, knip, knip die leer.
Hy stik, stik stik aan die soom
en kap, kap, kap aan die hak.
Die skoene is kant en klaar,
maar bly op die rak.
![]() |
“Vrou, dit is nou my laaste stuk leer,
as dit op is, sal ek nie meer kan knip,
stik of kap. Ek is so vaak en honger.”
“Ouman, jy’s op van kommer.
Los die leer. Jy kan môre stik en kap en weer probeer.”
![]() |
“Vrou! Vrou!” roep hy die volgende dag.
“Kom kyk, Kom kyk!”
Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar!
Wie het vannag kom stik, stik, stik aan die soom?
Wie het kom kap, kap, kap op die hak?
![]() |
Die mooiste skoene verkoop hy sommer gou, gou, gou.
Nou het hy en sy vrou kos en leer vir twéé paar skoene.
Die skoenmaker knip, knip, knip die leer en sit dit op die werksbank neer.
![]() |
“Vrou! Vrou!” roep hy die volgende dag.
“Kom kyk, Kom kyk!”
“Daar’s weer gestik, stik, stik aan die some en gekap, kap, kap op die hakke!”
![]() |
Die mooiste skoene verkoop hy sommer gou-gou.
Nou het hy en sy vrou baie kos en leer vir vier paar skoene.
Die skoenmaker knip, knip, knip die leer en sit dit op die werksbank neer.
So hou dit aan en aan. Saans laat die skoenmaker die leer op die werksbank en soggens is die mooiste skoene klaar. “Ek wens tog ek weet wie die mooiste skoene stik, stik, stik en kap, kap, kap,” sê die vrou.
![]() |
“Ek weet tog hoe ons kan uitvind”, sê die skoenmaker.
“Vannag sal ons koekeloer!”
Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.
Die kabouters stik, stik, stik aan die some.
Hulle kap, kap, kap op die hakke.
Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar!
![]() |
“Ouvrou, hoe kan ons hulle ooit terug betaal?”
“Ek gaan vir elkeen ‘n hempie en broekie maak,” sê die ouvrou.
“En ek gaan knip, knip, knip, stik, stik, stik en kap, kap, kap om vir hulle skoentjies te maak!”
![]() |
| LU 1.1.4 | LU 3.2.4 |
. Lees die woorde.
. Teken die prente.
. Skryf die woorde in jou eie woordeboek.
| skoenmaker | Ouvrou | skoene | leer |
| kabouters | kos | knip | stik |
| kap | hak | soom | rak |
| venster | werksbank | hempie | broekie |
| LU 3.3.1 | LU 5.7 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder begrip toon van stories:
1.1.4 onthou dele van stories en vertel dit oor,
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit ‘n geskrewe teks deur saam met die onderwyser te lees;
3.2.4 vertel die storie oor;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep:
3.3.1 herken ‘n toenemende aantal hoë frekwensiewoorde as sigwoorde;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind
Assesseringstandaard 5.7: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n persoonlike woordeboek hou en ‘n kinderwoordeboek gebruik (indien moontlik, ‘n tweetalige en ‘n verklarende woordeboek).