Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 3
Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.
Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.
Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.
Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.
Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES
Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.
Die skoenmaker en die kabouters word gebruik om met genot lees te bevorder en woordeskat uit te brei.
Klanke wat net soos in Engels klink word behandel: r, s, t, p, n, l, k, h, m, p, f, d.
Sigwoorde moet deeglik vasgelê word deur middel van flitskaarte, speletjies en daaglikse oefening.
Die gedig “My nuwe hemp” hersien klere en kleur en stel woordeskat voor.
Mondelinge kommunikasie word aangemoedig deur middel van die strokiesverhaal.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Die skoenmaker en die kabouters:
My nuwe hemp:
Strokiesverhaal:
Almal is nie ewe bevoorreg nie.
Almal is geregtig op hul eie keuse.
Elkeen het sy eie besondere behoeftes.
Verantwoordelike optrede is noodsaaklik en ‘n reg van elke mens.
Almal se behoeftes moet erken word.
Almal se emosies moet erken word.
Mede-verantwoordelikheid vir veiligheid van mede-reisgenote.
Netheid en orde bevoordeel die hele gemeenskap.
Mede-verantwoordelikheid vir openbare geriewe.
. Laat leerders elkeen ‘n paar spesiale skoene skool toe bring. Gesels in groepe oor die nut en gebruik van die skoene.
. Leerders maak plakkate met duidelike byskrifte wat in die klaskamer uitgestal word. (LU 5)
. Opvoeder vra vrae en leerders beantwoord bevestigend of ontkennend. Nee, ek dra . . . . .
Ja, Ouma dra . . . . .
. Ek dra sandale as dit baie koud is.
. Ons trek pantoffels aan as ons buite in die reën loop.
. Ouma dra plat, gemaklike skoene.
. Sokkerspelers dra spesiale stewels.
. Mamma dra hoëhakskoene.
. Pappa dra graag tekkies as hy gaan draf.
. Ons kom kaalvoet skool toe. (LU 1, LU 2)
. Opvoeder lees die storie verskeie kere aan die leerders voor totdat hulle dit spontaan saam sê. (LU 1, LU 2)
. Leerders maak knip-, stik- en kap-aksies wanneer gepas.
(LU1, LU 3)
. Laat leerders kyk of hulle self die storie kan lees. (LU 2)
. Laat die leerders die storie dramatiseer.
. Moedig leerders aan om die storie in hul eie woorde te vertel. (LU 3)
. Elke leerder moet ‘n eie woordeboek hê. Koop ‘n indeks-oefeningboek of maak een deur twee bladsye vir elke klank alfabeties af te merk. Woorde vir jou woordeboek word deur die leerders in hierdie boek geskryf. (LU 4)
. Beplan hoe hulle dit gaan versier.
. Versier met spesiale lapverf. of
. Laat leerders ‘n hemp teken en met kryt versier.
. Leerders voltooi die storie deur daaroor te gesels.
1. Die skoene is kant en klaar, maar bly op die rak.
![]() |
2. Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar.
![]() |
3. Nou het hy en sy ouvrou kos en leer vir twee paar skoene.
![]() |
4. Vannag sal ons koekeloer.
![]() |
5. Hy knip, knip, knip die leer.
![]() |
6. Wie het kom kap, kap, kap op die hak?
![]() |
7. Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.
![]() |
8. Ek gaan vir elkeen ‘n hempie en broekie maak.
![]() |
9. Ek gaan vir elkeen ‘n paar skoene maak.
![]() |
| LU 5.6.2 |
. Die skoene is kant en klaar, maar bly op die rak.
. Hy het hard gewerk, maar was baie arm.
. Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.
. Vrou, dit is nou my laaste stuk leer.
. Die mooiste skoene verkoop hy sommer gou.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.5 |
Hierdie klanke lyk en klink dieselfde in Engels en in Afrikaans.
![]() |
| LU 3.8.1 |
knip
bank
hond
dam
fles
lamp
kabouters
bus
lap
das
hak
bak
| LU 4.2 |
1. Die ....................................................................................... staan kant en klaar.
2. Nou het hy en sy .......................................................................................... kos.
3. Vannag sal ......................................................................................... koekeloer.
4. Hy knip, knip, knip die.........................................................................................
5. Ek gaan vir elkeen ‘n .............................en ‘n ......................................... maak.
![]() |
| LU 4.3 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.8: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.8.1 herken en benoem alfabetletters.
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde skryf in ‘n persoonlike woordeboek;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde korrek spel;
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder sinne skryf deur ‘n raam te gebruik.
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind
Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting oordra van een vorm na ‘n ander oor:
5.6.2 gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n tabel, staafgrafiek of kopkaart te maak of byskrifte by ‘n diagram te skryf.