Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 3
Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.
Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.
Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.
Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.
Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.
Tydskedule vir die Modules
Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.
Die gediggie dien om lees en praat te bevorder. Sigwoorde word verder uitgebrei. Woordeskat oor liggaamsdele word deur middel van speletjies vasgelê.
Sigwoorde: Deur ‘n afskrif aan elke leerder te voorsien kan hulle sigwoorde tuis lees en oefen. Dit is baie belangrik dat woorde sonder moeite en met redelike spoed herken kan word. Deur middel van die fabel “Esopus”, vertel van ‘n hond, word nog geleentheid vir lees, gesels en redeneer gebied terwyl woordeskat verder uitgebrei word.
Klanke wat in Afrikaans anders klink as in Engels word bekendgestel: a, e, i, o, u.
Klanke wat dieselfde klink in albei tale word hersien.
Die strokiesverhaal bied geleentheid om gesels te bevorder en nuwe woordeskat asook toekomende tyd deur middel van vormsinne te oefen.
Geheuekaart: Vaslegging van woordeskat en genotvolle leer word aangemoedig.
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand:
- Leerders leer humor ken.
- Ontspanning, byvoorbeeld besoek aan ‘n pretpark, is noodsaaklik vir geestelik gesonde mense.
- Eerbied en respek vir mense wat anders lyk word aangemoedig.
- Kompetisie: Begrip van reëls sowel as wen en verloor word ontwikkel.
- Die waarde van spel word aangemoedig. Hardewerk moet met speel afgewissel word.
- Realistiese begeertes word aangemoedig. Hebsug en vraatsug word ontmoedig.
- Roetine en versorging van die liggaam. Moedig gesonde gewoontes aan.
- Geheuekaart: Interafhanklikheid en invloed van dinge op mekaar word aangespreek.
- Logiese denke word geoefen.
Mense verskil ten opsigte van voorkoms.
Alle mense het die reg tot ontspanning.
Balans handhaaf tussen werk en speel.
Elke mense het die reg om sy mening uit te spreek – vryheid van spraak.
Reg op orde en reëls om ‘n vreedsame veilige leefwyse te verseker.
Reëls geld vir alle mense.
Regverdigheid word aangemoedig.
Reg op behuising.
Reg op skoon water.
Reg op gesondheid, word aangespreek.
1. Voorblad:
Gesels oor hoe hulle sal voel as hulle werklik soos die persone in die eerste drie blokkies gelyk het.
Onthou jy nog?
Sigwoorde
Spieëltjie, spieëltjie aan die wand,
Wie’s die snaaksste in die land?
Jy buig my been soos ‘n kierie om.
My oor en toon is ewe krom!
My kop is so groot soos ‘n monster
My oog so groot,
Ek kan my daaraan verwonder.
My oor so klein, Juffrou sal haar bekommer!
Met reusehande en piesangvingers
Sal ek moet raakvat, of ek’s in die knyp.
My arms bult van die spiere.
Die kinders lag en gaan te kere.
| LU 2.8 | LU 2.5 | LU 3.6.6 |
kop
juffrou
kinders
been
piesangs
arm
toon
oog
hande
oor
vingers
kierie
| LU 3.3.1 |
![]() |
| LU 3.3.1 |
![]() |
| spiere | spie / re |
| kierie | kie / rie |
| spieëltjie | spieël / tjie |
| bekommer | be / kom / mer |
| LU 3.3.1 | LU 3.3.2 |
1. Die skoene is kant en klaar, maar bly op die rak.
2. Op die werksbank staan die mooiste skoene kant en klaar.
3. Nou het hy en sy ou vrou kos en leer vir twee paar skoene.
4. Vannag sal ons koekeloer.
5. Hy knip, knip, knip die leer.
6. Wie het kom kap, kap, kap op die hak?
7. Toe dit al donker is, kom twee kabouters by die venster in.
8. Ek gaan vir elkeen ‘n hempie en broekie maak.
9. Ek gaan vir elkeen ‘n paar skoene maak.
| Kant | en | klaar | ek |
| skoene | is | op | gaan |
| die | rak | maar | elkeen |
| bly | werksbank | staan | ‘n |
| mooiste | het | nou | hempie |
| die | hy | sy | broekie |
| ou vrou | kos | en | maak |
| leer | vir | twee | by |
| paar | vannag | sal | in |
| ons | koekeloer | knip | venster |
| wie | kom | kap | al |
| hak | toe | dit | donker |
| kabouters |
| LU 3.3.1 | LU 3.3.3 | LU 3.3.4 |
_____een _____ierie _____eus
_____ande _____iesang _____ie
_____ond _____piere _____euse
_____and _____oon
m k b n h d
l p r s t
|
Dwars:
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 3s | e | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 5l | 4d | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| 4t | n | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| LU 4.1 | LU 4.3 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n reeks ervaringe of gebeurtenisse oorvertel;
Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder gesels oor ‘n tekening, prent of voorwerp.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis aan letters en woorde herken en skep:
3.3.1 herken ‘n toenemende aantal hoëfrekwensiewoorde as sigwoorde;
3.3.2 gebruik woordherkennings- en begripsvaardighede soos klanke, kontekstuele leidrade en voorspelling om teks te verstaan;
3.3.3 lees met toenemende spoed en vlotheid;
3.3.4 lees hardop en gebruik korrekte uitspraak en gepaste klem;
Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder op haar/sy lees eie vir inligting en genot;
3.6.6 lees bekende gedigte en rympies;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder individuele woorde, soos byskrifte skryf;
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde korrek spel.