Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 3
Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.
Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.
Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.
Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.
Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.
Tydskedule vir die Modules
Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.
Deur hul eie droomboot te skep word die woordeskat van die vertrekke in die huis geoefen en vasgelê.
Sigwoorde word deur middel van prente aangeleer en vasgelê. ‘n Lys van woorde word weer voorsien.
Lees vir die bevordering van algemene kennis word aangemoedig deur die verhaal van die “Titanic” te lees en te bespreek.
Begripslees word gedoen deur die vrae skriftelik te beantwoord.
Nuwe klanke: g, w, j, v, aa.
- Rymwoorde word aangespreek.
- Raaisels om begrip en denke aan te moedig word voorsien.
- Rangorde word deur middel van resies jaag vasgelê.
- Alfabetkaart word saamgestel.
- Alfabetjiese volgorde word aangeleer.
- Die gedig “Koekeloer” bied weer geleentheid vir genotvolle lees, gesprekvoering.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Die reg op behuising is noodsaaklik vir ‘n gesonde samelewing.
Veiligheidsmaatreëls dra by tot ‘n gesonde omgewing.
Interafhanklikheid van mense op mekaar in tye van nood.
Skeppende vaardighede dra by tot gesonde gees.
Respek en eerbied vir medemens word aangemoedig deur middel van saam planne te beraam.
Die reg op privaatheid word aangespreek.
Nakom van reëls en regulasies nodig vir sosiale rus en vrede.
Saam speel is ‘n sosiale vaardigheid wat ontwikkel moet word.
Mense is vriendelik, eerlik en ondersteunend teenoor mekaar.
Sosiale reëls word aangeleer. Elkeen kry ‘n beurt. Wen en verloor-situasie word speel, speel geskep.
Mense wat in gevaar verkeer is geregtig op hulp.
Almal is geregtig op eerlikheid.
Almal is geregtig op ‘n ontspanne veilige omgewing.
Maak jou eie papierboot.
Nog pret:
Lees die woorde:
Teen hierdie stadium is alle enkelklanke behalwe y, q en x aangeleer.
Laat leerders self “Ek koekeloer” speel, bv. Ek koekeloer iets wat met ‘n r begin. Seuns dra dit nie, ens.
Kyk of leerders nog prentwoorde kan ontwerp.
Die radioman van die Carpathia wil net die radio afskakel.
Sy werk vir die nag is klaar.
Dan hoor hy dit: drie kort klikke, drie lang klikke en weer drie kortes.
Dis ‘n S.O.S. noodsein!
Die Titanic is besig om te sink.
Bog! Die Titanic kan nie sink nie.
Die radioman gaan vertel sy offisier van die noodsein.
Hulle kan die ligte van die Titanic sien.
Nee wat, iemand hou hulle vir die gek!
* * *
Die radioman ken sy werk.
Hy gaan vertel dit aan die skeepskaptein.
Die kaptein ken die gevaar van ysberge.
Hy stuur noodfakkels in die lug op.
Die mense op die Titanic sien dit.
Hulp is op pad!
| LU 3.2.5 |
| LU 2.5 |
| val | vas | vat |
| vel | vet | vis |
| LU 3.5.1 | LU 3.5.2 |
![]() |
![]() |
![]() |
| LU 3.8.4 | LU 3.8.5 |
My beste toets is ..............................................................................................................
My swakste toets is ..........................................................................................................
![]() |
| LU 4.5 | LU 4.11 |
| Aa | Bb | Cc | Dd |
| Ee | Ff | Gg | Hh |
| Ii | Jj | Kk | Ll |
| Mm | Nn | Oo | Pp |
| Rr | Ss | Tt | |
| Uu | Vv | Ww | Xx |
| Yy | Zz | ||
| LU 4.1 |
1. Kies ‘n maat wat Wolf kan wees.
2. Al die ander maats is die skape.
3. Wolf loop voor en die skape volg hom.
4. Die skape vra: “Wolf, Wolf, hoe laat is dit?”
5. Wolf mag enige tyd sê:
6. Eenuur, twee-uur, drie-uur, en so aan tot by twaalfuur.
7. As Wolf sê etenstyd, draai hy om en probeer ‘n skaap vang.
8. Die skaap wat Wolf vang, loop nou saam voor en help Wolf om skape te vang.
9. Die maat wat laaste gevang word, is die wenner.
| maat | laat | aan | skaap |
| twaalf | saam | laaste | maan |
..........................................................................................................................................

| LU 1.4 | LU 2.9 |
| aanaapaar | gaafgaapgaan | laaglaanlaat | vaakvaalvaar |

| LU 2.5 | LU 5.1 |
![]() |
1. ......................................................................................................................................
2. ......................................................................................................................................
3. ......................................................................................................................................
4. ......................................................................................................................................
| LU 1.1.1 | LU 1.5 | LU 3.6.4 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder begrip toon van stories:
1.1.1 voorspel na aanleiding van die titel waaroor die storie handel;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder begrip toon van ‘n reeks instruksies deur dit korrek uit te voer;
Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder respek toon vir klasmaats deur hulle kans te gee om te praat, na hulle te luister en pogings om hul addisionele taal te praat aan te moedig.
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n reeks ervaringe of gebeurtenisse oorvertel;
Assesseringstandaard 2.9: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n rympie, gedig of liedjie opvoer;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis skep uit ‘n geskrewe teks deur saam met die onderwyser te lees;
3.2.5 bespreek enige sosiale en morele kwessies, soos of iets regverdig is, in haar/sy huistaal;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.5.1 herken uitspraakverskille tussen hul huistaal en addisionele taal;
3.5.2 herken sommige verskille in klank-spellingverhouding tussen huistaal en addisionele taal soos die wa- in water in Afrikaans en Engels;
Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder op haar/sy lees eie vir inligting en genot;
3.6.4 onderskei tussen fiksie en nie-fiksie;
Assesseringstandaard 3.8: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.8.4 verstaan die letter-klank-verhouding van die meeste enkelkonsonante en kort vokale in woorde soos “mat”, “bal”;
3.8.5 verdeel eenvoudige woorde met enkel begin konsonante en kort vokale in eerste klanke en tweede deel van die lettergreep soos “k-at”, “m-at”;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder individuele woorde, soos byskrifte skryf;
Assesseringstandaard 4.5: Dit is duidelik wanneer die leerder sinne skryf deur ‘n raam te gebruik;
Assesseringstandaard 4.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ‘n raam gebruik en ‘n eenvoudige verslag skryf;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder begrippe en woordeskat rakende meting verstaan.