Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 3
Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.
Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.
Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.
Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.
Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.
Tydskedule vir die Modules
Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.
Sigwoorde in verband met dae van die week word vasgelê. Weerstoestande word deur middel van ‘n weerkaart behandel.
Nuwe klanke aangeleer: ee, oo, uu, oe, ie, ou, eu, y, ui, ei. Sleutelwoorde word voorsien.
Enkelklanke word vasgelê deur middel van liggaamsbeweging.
Lees vir genot word aangemoedig deur middel van die verhaal van “Persephone”.
Sigwoorde word ook in die verhaal uitgebrei. Begrippe van fiksie en nie-fiksie word vasgelê. Luister vir inligting word aangemoedig deur middel van die beluistering van advertensies oor ‘n radio.
Sinsbou word aangemoedig.
Begripsleer word beoefen deur middel van die teken van ‘n strokiesverhaal.
Toekomende tyd word aangespreek.
Die korrekte keuse van y, ei, ui word beklemtoon.
- Hoofletters en punte word behandel.
- Logiese denke en volgorde word beoefen deur middel van die vertel van ‘n aksie wat uitgevoer is.
- Byvoeglike naamwoorde word voorgestel.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Die uitwerking van die weer dra by tot die gesondheid van die omgewing. Behandel wyses waarop lugbesoedeling weerpatrone beïnvloed (Osoonlaag).
Invloed wat weer op ons keuse van kleding en kos het.
Goeie maniere, hoflikheid is noodsaaklike sosiale vaardighede wat ontwikkel moet word.
Leerders leer dat probleme uitgesorteer kan word as daar onderhandeling plaasvind en mense mekaar tegemoetkom.
Alle mense is geregtig op billike behandeling.
- Knip al die prente en woorde uit.
- Speel saam met ‘n maat, dan is daar twee stelle kaartjies.
- Plaas die kaartjies onderstebo op jou tafel.
- Elkeen dop ‘n kaartjie om en lees dit.
- Sodra jy ‘n woord lees en weet waar die maat lê, mag jy die maatjies neem.
- Die een met die meeste kaarte wen.
- Speel snap. Wanneer daar ‘n “snap” is, neem elke leerder een kaartjie en plaas dit in sy eie houer.
![]() |
![]() |
![]() |
| ou | ie | eu |
- .......................................................................................................................................
- .......................................................................................................................................
- .......................................................................................................................................
| LU 3.3.3 | LU 3.5.3 |
| Hulle was baie lief vir Moeder Aarde en haar dogter. | Moeder Aarde leer hulle ploeg, plant en oes. |
| Persephone pluk die mooi wit blom. | Uit die gat kom swart perde en Hades! |
| Persephone huil en huil. | Alles op die aarde gaan dood. Almal mis vir Persephone! |
| Apollo weet waar sy is. | Persephone eet ses pitte. |
| Almal vier fees. Hulle is so bly. | Moeder Aarde bedek alles met ‘n sagte wit kombers. |
| LU 5.6.2 |
- Die plante word bruin en vaal in die ...................................................................
- Die bloeisels kom in die .............................................................................. uit.
- Daar is vrugte en blomme in die .........................................................................
- Alles lê toe onder ‘n wit kombers in die .............................................................
So speel ons:
- Elke maat het ‘n knoop.
- Gebruik ‘n dobbelsteen. Lees elke woord en maak ‘n sin daarmee. Beweeg slegs aan vir elke woord wat jy ken.
- Die wenner is die een wat eerste by die beker kom.
- ..............................................................................sal sy ‘n mooi wit blom pluk.
- Die plante sal ................................................................. winter weer vaal wees.
- .................................................................................... sal Ma weer vrugte koop.
| volgende | môre | oormôre |
![]() |
| LU 3.3.1 | LU 3.3.2 | LU 3.5.3 |
- Bring ‘n koerant skool toe.
- Omkring al die hoofletters in rooi.
- Omkring al die punte in groen.
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 4.7 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde herken en skep;
3.3.2 gebruik woordherkennings en begripsvaardighede soos klanke, kontekstuele leiddrade en voorspellings om teks te verstaan;
3.3.3 lees met toenemende spoed en vlotheid;
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.5.3 herken vokaalklanke wat uit twee letters bestaan, soos in “moet”, “deur”, en diftonge, soos “ou”, “ei”, “ui”;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder hoofletters en punktuasie: komas, punte, vraagtekens en uitroeptekens gebruik;
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind.
Assesseringstandaard 5.6: Dit is duidelik wanneer die leerder inligting van een vorm na ‘n ander oordra;
5.6.2 gebruik inligting uit ‘n visuele of geskrewe teks om ‘n tabel, staafgrafiek of kopkaart te maak of byskrifte by ‘n diagram te skryf.