Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 3
Die ICS modules bevorder die konsolidasie van leerders se vermoë om in hul nuwe taal te praat, lees en skryf. Geleentheid om fiksie- en nie-fiksietekste, van geskikte vlak, onafhanklik te lees, word voorsien. Woordeskat word uitgebrei. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek word aangemoedig.
Spesiale aanmoediging word gegee sodat leerders hul nuwe taal skryf. Aanvanklik slegs enkele woorde of frases as byskrifte by prente of om sinne te voltooi. Leerders word in staat gestel om take onafhanklik uit te voer. ‘n Vrees om foute te begaan, word ontmoedig, die doel is om selfvertroue en vlotheid te bevorder.
Deur middel van uitdagende take word lees- en praatvaardighede ontwikkel.
Deur middel van aktiwiteite waar herhaaldelik taalstrukture, woorde en klanke beluister word en blootstelling daaraan in geskrewe tekste, word taalreëls, woordeskat en grammatika aangeleer. Die gebruik van ‘n persoonlike woordeboek bevorder die aanleer van onbekende woorde.
Genoegsame geleentheid in vaslegging van nuwe woordeskat word ook gebied deur middel van die lees van tekste oor ‘n wye reeks onderwerpe. Ander leerareas soos wiskunde en lewensoriëntering word dikwels geïntegreer.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES
Die vyf modules behoort so aangepak te word dat 1½ in die langste twee kwartale voltooi word. Alle leerders moet drie modules volledig voltooi sodat hulle die nodige onderrig kan ontvang.
Lees om feite en inligting te bekom word aangemoedig deur middel van die lees van ‘n koerant.
Klanke aai, ooi, oei, eeu.
Woordbou: Klanke saamvoeg om eenhede te vorm.
Skeppende skryfwerk: Die skryf van ‘n verslag.
- Verlede tyd word aangespreek.
- Bywoorde word voorgestel.
- Deur middel van ‘n gedig word genotlees en lees om feite te versamel aangemoedig.
- Hoofletters, kommas en punte word behandel.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Spesiale maatreëls word getref om oë te beskerm teen die son.
Reëls en regulasies om veiligheid van mens en dier te verseker word bespreek.
Nie alle mense kan die luukse van wildtuin besoeke bekostig nie.
Leerders raak sensitief vir armoede.
Gemeenskaplike geriewe word met verantwoordelikheid gebruik.
Leerders word bewus gemaak van die belangrikheid dat daar na ons wilde diere omgesien word – natuurbewaring.
Niemand weet waarom Hubert, die seekoei, besluit het om die pad te vat nie. Op 22 November 1928 het werkers hom suikerriet sien vreet. Die storie verskyn in al die koerante. Vir ‘n tydjie skuil hy in ‘n waterpoel naby die spoorlyn.
Treine het stadiger verby die poel gery en vir hom getoet.
Gou kom hulle agter dis nie ‘n hy nie! Toe noem hulle haar Huberta.
Busse vol mense ry om na haar te kyk. Hulle gooi vir haar vrugte. Sy word vet en lui.
‘n Dieretuin hoor van haar en wil haar hê.
Fotograwe, wildjagters en mense van die dieretuin probeer haar vang. Stories oor hoe Huberta wegkom, word graag vertel. Fotograwe en verslaggewers val in modderpoele of klouter in bome om van haar af te vlug!
Almal geniet die stories.
Sy word ‘n heldin! Die regering sê sy mag nie gevang word nie!
Een nag sien ‘n man Huberta lê en slaap op ‘n brug. Dis net 7 km buite Durban. Nou sê almal sy gaan vir die vakansie Durban toe!
By ‘n rivier vreet sy suikerriet en goed wat besoekers vir haar voer. Die hele vakansie speel sy in die branders. Sy loop langs die strand. Die mense geniet dit om haar dop te hou. Dit gons oral soos mense oor die eienaardige seekoei praat.
Vroeg in Maart vat Huberta weer die pad.
Haar voetspore lê oor die golfbaan. ‘n Paar dae later weer by ‘n nuwe woonbuurt. Daar word gespot en gesê Huberta soek ‘n huis, maar die badkamers was te klein!
Van hier af vat sy die pad totdat sy naby Pinetown in ‘n opgaardam beland.
Toe volg haar heel beste storie!
Sy stap op Gekkedag 1929 by die gaste van ‘n klub in. Verskrik hol sy rond. Nadat sy ‘n paar heinings plat geloop en gaste in bome en op dakke agtergelaat het, stap sy Durban binne!
Haar besoek aan ‘n apteek in die hoofstraat word deur ‘n groot skare mense dopgehou. Gelukkig besluit sy die Mgenirivier is veiliger!
Indiërs verheerlik haar. Pondo’s glo sy het helende krag, al eet sy baie van hul mielies!
In Maart 1931 lê sy glo op die treinspoor naby Oos-Londen en slaap. Wakker word is min! Die masjinis moes haar stadig met die trein afstoot!
Terwyl almal haar waagmoed bewonder, loop sy haar vas. Drie jagters skiet haar waar sy in ‘n rivier plons. Suid-Afrikaners is woedend! Die mans word goed gestraf. En Huberta?
As jy haar wil sien: Besoek die museum op King William’s Town.
| LU 3.6.2 |
Verstaan jy? Wat beteken:
..........................................................................................................................................

| LU 4.6 |
Engels, bv. “s” lui “t”.
sluit
skuil
spoor
vreet
storie
treine
stadig
vrugte
graag
klouter
vlug
slaap
brug
hê
speel
branders
strand
praat
klein
stap
skare
skiet
plons
| LU 2.10 |
Gesels hieroor:
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
..........................................................................................................................................
| LU 2.8 | LU 4.6 |
| vr | sp | kl | st |
| vreet | spoor | klouter | stap |
| vr....................... | sp....................... | kl....................... | st....................... |
| str | pr | pl | br |
| straf | praat | plons | brug |
| str....................... | pr....................... | pl....................... | br....................... |
| LU 3.5 | LU 3.5.4 | LU 3.5.5 | LU 4.7 |
| vr | sp | kl | st | pr |
| vrou | spog | klok | stoel | preek |
| vr..................... | sp..................... | kl..................... | st..................... | pr..................... |

| LU 3.8.6 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.8: Dit is duidelik wanneer die leerder gesels oor ‘n tekening, prent of voorwerp.
Assesseringstandaard 2.10: Dit is duidelik wanneer die leerder aandag gee aan korrekte uitspraak tydens lees.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.6: Dit is duidelik wanneer die leerder op haar/sy lees eie vir inligting en genot;
3.6.2 lees fiksie- en nie-fiksie-boeke van haar/sy eie keuse;
Assesseringstandaard 3.8: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.8.6 herken tweeletterkombinasies aan die begin van woorde, soos “gr-oen”, “bl-om”.
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder eie sinne skryf sonder om ‘n raam te gebruik, soos die uitdrukking van gevoelens en persoonlike menings.