INLEIDING
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
Die storie van Tonga die Olifant skep geleenthede om liggaamsdele bekend te stel, te vergelyk en te konsolideer. Telrympies, aksieliedjies en rympies bevat relevante woordeskat en kleure word aangeleer.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Soos Tonga het alle diere ‘n blyplek vry van besoedeling nodig. Hoe kan ons dit verseker?
Elke mens is anders en uniek alhoewel daar ooreenkomste is. Bespreek.
Die natuur- en dierelewe is daar vir almal om te geniet en waardeer.
Op die volgende bladsye val die klem op herhaling (van storie, rympies, aksieliedjies of -rympies), bespreking, gesels, vrae vra:
uitbreiding en begrip. Vergroot die prent vir die klaskamer. Maak flitskaarte van die woorde. Leerders pas die woorde op die regte plek op die prent.
Opvoeder bring piekniekmandjie skool toe met bv. pynappel (ander vrugte), toebroodjies, kaas, hoender, koeldrank, ens. Gesels oor reuke, bv. soet, sterk. Leerder teken of plak prente van “kos” op piekniekkombers, met die familie daarom. Hou piekniek met die klas. Maak ‘n lys van geskikte piekniek-kos, asook ‘n grafiek: “Ons klas se geliefkooste piekniekkos”.
Kleur blom in volgens regte volgorde op blad of skeur en plak gekleurde papier. Soek nog blomme in boeke en plak in middel/ of droog eie blommetjies en plak hier. Korreleer met Tegnologie en maak kaartjie met blomme of papierblomme. Mag nie veldblomme pluk nie. Hou/hou nie van (skryf onder) kleure.
Tel tot 10 - Wys na nommer op blad en tel / skryf oor.
(Teken handjies af: Linker- en regterhandjie). Dwars draai.
Tonga, die olifant
![]() |
Tussen die bosse van die Kruger-Wildtuin woon daar ‘n reusedier. Ja, jy het reg geraai – dit is ‘n olifant! Haar naam is Tonga. Sy woon saam met baie ander diere in een van die kampe in die wildtuin.
Eendag stap sy na die watergat en sien vir die eerste keer haar slurp in die water. Sjoe, ek het darem ‘n snaakse neus! Nie een van die ander diere het so ‘n snaakse neus nie. Hoekom moet myne nou juis so lyk?
Dit is soos ‘n tuinslang. Kyk, ek spuit my daarmee nat as dit warm is en ek kan daarmee ruik.
My slurp lyk glad nie soos apie s’n nie. Sy neus is kort en plat. Ek gebruik my lang slurp om aan die blaartjies van die bome te smul. Apie swaai rats tussen die takke rond aan sy stert.
Sjoe, ek het darem twee groot oë! Foeitog, arme mol kan glad nie so goed sien met sy klein ogies nie. Hy is ‘n regte ou blindemol. Hy kan tonnels onder die grond stoot, al kan hy nie so goed sien nie.
Sjoe, ek het darem snaakse tande! Dit is jammer dat ek net twee het. Ag, dit maak ook nie saak nie, want my tande is baie spesiaal. Dit is van ivoor gemaak. Ivoor is baie waardevol. ‘n Mens kan die mooiste versierings daarvan maak.
Weet jy dat ‘n papegaai glad nie tande het nie? Sy het darem vlerke waarmee sy rond kan vlieg. Ai, ek wens darem ek kon ook vlieg.
Ai, ek het darem dik bene! Dit lyk amper soos vier boomstompe. Ek kan nogal vinnig daarmee hardloop as ek moet. As ek kwaad is, waai ek my twee groot flapore heen en weer en storm vorentoe.
Selfs kameelperd met sy lang nek is dan skrikkerig vir my. Het jy al gesien hoe sukkel ou kameelperd wanneer hy water drink? Sy nek is baie langer as myne.
So, jy kan maar lekker lag as jy weer na my kyk. Ek is sowaar ‘n snaakse dier, met ‘n stertjie van agter en ‘n stertjie van voor! Maar ek is Tonga, die olifant, en ek is trots daarop!
| LU 1.1 | LU 2.5 | LU 3.5 | LU 5.1.2 | LU 6.11 |
![]() |
| LU 1.4 | LU 2.3 | LU 5.2.2 | LU 6.1 |
Het jy geweet
Ek’t een slurp om mee te eet?
Twee ogies wat sien en kyk
Oral hoe die wêreld lyk
Drie van ons op ‘n ry
Stap ons by die dam verby
Vier bene wat staan
Of vorentoe kan gaan
Vyf voëls op my rug
Netnou sal hul vlug
Kom ons tel
![]() |
| LU 1.4 | LU 2.5 | LU 5.1.2 | LU 6.1 |
![]() |
![]() |
| LU 1.1.5 | LU 2.5 | LU 4.1 | LU 5.2.1 | LU 6.8 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder kort, eenvoudige stories verstaan;
1.1.1 mimiek die storie;
1.1.5 beantwoord eenvoudige, letterlike ja/nee- en oop vrae met eenwoord-antwoorde;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder respek toon vir klasmaats deur hulle kans te gee om te praat en na hulle te luister;
.Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder druk op haar/homself eenvoudige maniere uit indien ‘n mondelinge struktuur verskaf word (Ek hou/hou nie van ... nie);
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde duidelik en korrek uitspreek;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.5: Dit is duidelik wanneer die leerder sigherkenning van algemene woorde ontwikkel (die/’n/ek/my/en, ens.);
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende tipes feitelike en verbeeldingryke tekste te skryf vir ‘nw ye reeks doeleindes.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde en sinne oorskryf (byskrifte of titels by tekeninge);
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder konsepte en woordeskat verstaan wat verband hou met;
5.1.2 getalle (een, twee);
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te dink gebruik;
5.2.1 identifiseer ooreenkomste en verskille (Sit al die sirkels bymekaar. / Soek die een wat anders is);
5.2.2 identifiseer dele van ‘n geheel (dele van ‘n gesig, liggaam);
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.1: Dit is duidelik wanneer die leerder vraagvorme in mondelinge tekste verstaan (Wat . ., Wie . ., Hoeveel . ., Hoe . ., Watter . ., Kan?);
Assesseringstandaard 6.8: Dit is duidelik wanneer die leerder enkele persoonlike en besitlike voornaamwoorde in mondelinge tekste verstaan (ek, my, myne, jy, jou, joune, sy, haar, hare, ons, ons s’n);
Assesseringstandaard 6.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ongeveer 500 tot 1 000 algemeen gesproke woorde in konteks teen die einde van Graad 1 verstaan.