Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 1
INLEIDING
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
Tydskedule vir die modules 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
Met die bekendstelling van Sipho en Thembe in hulle kaia word leerders bewus daarvan dat mense se huise, gewoontes en omstandighede anders is.
Die addisionele taal word uitgebrei deur nuwe woordeskat oor huise, vervoer, vorms en kleure.
Interessante rympies, liedjies, telrympies, aksierympies en speletjies word gebruik en leerders leer deur die herhaling van hierdie aktiwiteite. Luistervaardighede word nog steeds as ‘n baie belangrike aspek van die aanleer van ‘n taal beskou en beoefen.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Huise behoort vir almal beskikbaar te wees. Elke gesin behoort die beskerming te hê van ‘n dak oor hul koppe.
Almal kan nie ewe groot en soorte huise bekostig nie. Daar moet nie neergesien word op hulle wat in eenvoudige huise bly nie.
Onder: Leerder teken hand af oor 20 klippies, sodat dit lyk of die klippies in die hand is.
Tel: Herhaal oor en oor totdat leerder ritmies kan tel.
Ook in vywe: 5, 10, 15, 20.
Hersien kleure: bv. kleur dak rooi in, bome groen, ens.
Nuwe kleure: bruin takke, pienk blomme.
Kleur blokkies onderaan in met regte kleure.
Persoonlike voornaamwoorde: Ek kan stap. Hy kan stap. Ons kan stap, ens. Bespreek ook gevare van rook op liggaam en omgewing. Skryf ‘n sin onderaan elke raampie en “lees” dit.
![]() |
| LU 1.1.5 | LU 2.5 | LU 4.1 | LU 5.1.9 | LU 6.8 |
![]() |
| LU 1.4 | LU 2.3 | LU 3.1.2 | |||
| LU 4.1 | LU 5.2.2 | LU 6.11 |
![]() |
| LU 2.5 | LU 4.1 | LU 5.2.2 |
![]() |
| LU 1.1.5 | LU 2.5 | LU 3.1.1 | |||
| LU 4.1 | LU 5.1.9 | LU 6.5 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder kort, eenvoudige stories verstaan;
1.1.5 beantwoord eenvoudige, letterlike ja/nee- en oop vrae met eenwoord-antwoorde;
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder respek toon vir klasmaats deur hulle kans te gee om te praat en na hulle te luister;
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder druk op haar/homself eenvoudige maniere uit indien ‘n mondelinge struktuur verskaf word (Ek hou/hou nie van ... nie);
Assesseringstandaard 2.5: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde duidelik en korrek uitspreek;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente gebruik om geskrewe teks te verstaan;
3.1.1 verstaan ‘n prenteverhaal, (identifiseer prent wat nie in volgorde is nie);
3.1.2 pas prente en woorde bymekaar (gebruik geskrewe woorde as byskrifte by voorwerpe of prente);
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende tipes feitelike en verbeeldingryke tekste te skryf vir ‘nw ye reeks doeleindes.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde en sinne oorskryf (byskrifte of titels by tekeninge);
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om deur middel van taalgebruik te dink en te redeneer, en u toegang tot inligting te verkry, dit te verwerk en te gebruik sodat leer kan plaasvind.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder konsepte en woordeskat verstaan wat verband hou met;
5.1.9 vermoë (Ek kan . . .).
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal om te dink gebruik;
5.2.2 identifiseer dele van ‘n geheel (dele van ‘n gesig, liggaam);
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.5: Dit is duidelik wanneer die leerder enkele hulpwerkwoorde in mondelinge tekste verstaan (Ek kan spring/hardloop);
Assesseringstandaard 6.8: Dit is duidelik wanneer die leerder persoonlike en besitlike voornaamwoorde in mondelinge tekste verstaan (ek, my, myne, jy, jou, joune, sy, haar, hare, ons, ons s’n);
Assesseringstandaard 6.11: Dit is duidelik wanneer die leerder ongeveer 500 tot 1 000 algemeen gesproke woorde in konteks teen die einde van Graad 1 verstaan.