Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 1
INLEIDING
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
Die skool is ‘n bekende omgewing vir die leerders en hierdie tema word gebruik om nuwe woordeskat in die addisionele taal aan hulle bekend te stel.
Aktiwiteite soos sortering, opstel van ‘n grafiek, raaisels, blokkiesraaisels en teken is ingesluit. Leerders lees nou ook eenvoudige leesstukke nadat hulle by herhaling daarna geluister het.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Waarom woon alle kinders nie ‘n skool by nie? Bespreek.
Almal behoort te kan lees en skryf.
Hoe kan ons die skool- en klasomgewing skoon hou?
Hoe kan ons die skool- en klasomgewing aantreklik maak?
Vul regte posisie in.
Bespreek eers die verskillende voorwerpe op die blad en lees dan die raaisels. Leerder verbind die raaisel met die korrekte antwoord.
In my skool is dit werk en werk
en juffrou moet boeke merk, sy’s sterk
want die boeke is swaar, vreeslik swaar
dit maak juffrou klaar, dis waar
Ek moet nou soek en soek
na die boek, selfs om die hoek
en ek voel sleg, vreeslik sleg
want my boek is weg, dis mos nie reg?
LU 1.1.3
![]() |
| LU 3.1.2 |
![]() |
| LU 3.1.3 |
![]() |
| 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
| een | twee | drie | vier | vyf | ses | sewe | ag | nege | tien |
| LU 5.1.2 |
![]() |
| LU 4.1 |
![]() |
![]() |
My naam is ……………………………………………………………………………..
Ek sit voor ……………………………………………………………………………...
Ek sit tussen ………………………………….. en …………………………………….
Ek sit agter ……………………………………………………………………………...
Ek sit ………………………………………………………………………… in die ry.
| LU 4.2 |
![]() |
| LU 5.3 |
![]() |
| LU 5.2.3 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik;
3.1.2 pas prente en woorde bymekaar (gebruik geskrewe woorde as byskrifte by voorwerpe of prente);
3.1.3 gebruik illustrasies om eenvoudige onderskrifte in storieboeke te verstaan;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder instruksies volg in drukskrif op eenvoudige een- of tweewoordbyskrifte;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde en sinne oor skryf (byskrifte of titels by tekeninge);
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige, bekende woorde om sinne te voltooi gebruik (My naam is . . . ; Ek hou van . . . .; Ek hou nie van . . . ).
Leeruitkomste 5:DINK EN REDENEER: Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Assesseringstandaard 5.1: Dit is duidelik wanneer die leerder konsepte en woordeskat verstaan wat verband hou met;
5.1.2 getalle (een, twee);
Assesseringstandaard 5.2: Dit is duidelik wanneer die leerder taal gebruik om te dink;
5.2.3 klassifiseer dinge (sit al die plastiekvoorwerpe op een hoop en die houtvoorwerpe op ‘n ander hoop);
Assesseringstandaard 5.3: Dit is duidelik wanneer die leerder volgens eenvoudige beskrywings dinge identifiseer.