Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 1
INLEIDING
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
Die skool is ‘n bekende omgewing vir die leerders en hierdie tema word gebruik om nuwe woordeskat in die addisionele taal aan hulle bekend te stel.
Aktiwiteite soos sortering, opstel van ‘n grafiek, raaisels, blokkiesraaisels en teken is ingesluit. Leerders lees nou ook eenvoudige leesstukke nadat hulle by herhaling daarna geluister het.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Waarom woon alle kinders nie ‘n skool by nie? Bespreek.
Almal behoort te kan lees en skryf.
Hoe kan ons die skool- en klasomgewing skoon hou?
Hoe kan ons die skool- en klasomgewing aantreklik maak?
Vul regte posisie in.
Bespreek eers die verskillende voorwerpe op die blad en lees dan die raaisels. Leerder verbind die raaisel met die korrekte antwoord.
![]() |
| LU 3.1.3 |
![]() |
| LU 6.9 |
![]() |
| LU 4.2 |
![]() |
| LU 1.5.1 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.
1.5.1 onderskei tussen verskillende klanke aan die begin en einde van woorde (woorde wat met “b” en “d” begin);
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik;
3.1.3 gebruik illustrasies om eenvoudige onderskrifte in storieboeke te verstaan;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige, bekende woorde om sinne te voltooi gebruik (My naam is . . . ; Ek hou van . . . .; Ek hou nie van . . . ).
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.9: Dit is duidelik wanneer die leerder enkele voorsetsels in mondelinge tekste verstaan (in, by, met, op).