Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 1
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
Die leerders se kennis van hul ervaringsveld word verbreed deur middel van die aanleer van woordeskat van die dorp en omgewing. Besprekings wat gelei word deur die opvoeder vind plaas en leerders lees woorde en eenvoudige sinne. Saamgestelde prente prikkel die besprekings in die addisionele taal en leerders word blootgestel aan baie nuwe woordeskat.
Bespreek wie se verantwoordelikheid dit is om ons dorpe, strate, geboue skoon te hou?
Hoe kan besoedeling vermy word?
Gevare vir die gesondheid?
Hoe kan ons dorp verfraai word?
rympies / gesels / vrae vra, ens. Elke blad se woordeskat moet eers deeglik bespreek word voordat die blad gedoen word. Daarna word alles op die blad “gelees”.
“Oplossing” van leesstuk.
In die prent is daar mense.
Daar is 52 mense altesaam.
Ek kan 7 kinders sien.
20 mense stap in die straat.
Daar is altesaam 10 motors.
Ek kan 1 robot sien.
Daar is 9 bestuurders.
In al die vervoermiddels saam is daar 32 mense altesaam.
Daar word blomme verkoop langs die straat.
Daar is ‘n voetganger by die voetoorgang (sebrastrepe).
‘n Man verkoop vrugte en groente.
Ek gaan winkel toe
Raai net wat
Ek sien tog die poskantoor
Kom ons stop
En wat sien ek hier?
‘n Posbus – rooi – dit is so mooi
‘n brief met ‘n seël moet ek daarin gooi
![]() |
Raai net wat
Ek sien tog die ambulans
Kom ons stop
En wat sien ek hier?
By die hospitaal kom die dokter jou haal
As hy jou dokter, moet Mamma betaal
![]() |
Ek gaan winkel toe
Raai net wat
Ek sien tog die biblioteek
Kom ons stop
En wat sien ek hier?
Mense wat soek na ‘n mooi storieboek
Kyk daar op die rak, daar
reg in die hoek
![]() |
Ek gaan winkel toe
Raai net wat
Ek sien tog die brandweerwa
Kom ons stop
En wat sien ek hier?
Die brandweerman
trek sy stewels aan
Hy dra ‘n swart hoed - hy het baie moed
![]() |
Ek gaan winkel toe
Raai net wat
Ek sien tog die speelparkie
Kom ons stop
En wat sien ek hier?
Kinders baljaar
sommer dwardeur die jaar
Ry op die wipplank
–speel met mekaar
![]() |
Raai net wat
Ek sien tog die polisiemotor
Kom ons stop
En wat sien ek hier?
skelms vang
As jy hom gou-gou bel,
gooi hy hulle in die sel
![]() |
Ek gaan winkel toe
Raai net wat
Ek sien tog die voetoorgang
Kom ons stap
En wat sien ek hier?
‘n Fiets, ‘n motor
en ‘n robot – groen
As jy daar kom, weet jy
wat om te doen!
![]() |
Ek gaan winkel toe
Raai net wat
Ek sien tog die winkelsentrum
Nou’s ons hier
En wat sien ek hier?
Winkels en mense
wat koop, koop, koop!
By een van die
winkels lê klere op ‘n hoop
![]() |
| LU 2.4 |
| Sien jy sebrastrepe? | Hier’s ons nou by die winkelsentrum. | ||||||||
| Waar is jy? | |||||||||
| Dis die brandweerstasie |
|
Ek sien die polisiestasie | |||||||
| Kom saam na die biblioteek |
|
Jippie, hier’s die parkie! | |||||||
| LU 3.1 |
![]() |
| LU 3.1 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.4: Dit is duidelik wanneer die leerder aksierympies en liedjies memoriseer en opvoer met die korrekte intonasie, ritme en uitspraak;
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik.