Inside Collection: Afrikaans Huistaal Graad 5
AFRIKAANS HUISTAAL
Graad 5
SO MAAK MENS
Module 8
PLIGTE; BYWOORDE; VOORNAAMWOORDE
Julle het reeds in ander leerareas (bv. Lewensoriëntering) kennis gemaak met die regte en pligte van leerders soos dit in ons land se grondwet opgeneem is. Dit is natuurlik baie belangrik dat julle van julle regte moet kennis dra. Dit is ewe belangrik dat julle ook moet weet wat julle pligte is. Ons het ook reeds heelwat geleer oor goeie maniere. Ons gaan daarby aansluit deur ook nou spesiale aandag te gee aan die pligte van leerders.
Dit beteken dat, hoewel julle bepaalde regte het waarna volwassenes moet omsien, julle ook bepaalde pligte het om na te kom. In graad 5 behoort elke leerder al te verstaan wat hierdie pligte is en watter gesindheid nodig is om daaraan uitvoering te gee.
AKTIWITEIT 1
OM NA TE DINK OOR LEERDERS SE PLIGTE
[LU 5.1.3]
Lees nou eers die volgende 12 pligte op die volgende bladsy met aandag deur: Jou opvoeder sal ekstra tyd toelaat sodat jy weer na die onderskeie pligte kan kyk en oor die betekenis daarvan kan dink.
![]() |
AKTIWITEIT 2
OM TAAL DENKEND VIR INTERPERSOONLIKE KOMMUNIKASIE TE GEBRUIK
[LU 2.1.1]
OM IDEES TE DEEL EN MENINGS TE LUG OOR MINDER BEKENDE ONDERWERPE [2.1.3]
OM BEURTE TE NEEM, BY DIE ONDERWERP TE HOU EN NA ANDER TE LUISTER [2.2.1]
Hier volg vyf vrae wat na die pligte verwys. Julle moet dit in julle groepe gaan bespreek (een vraag per groep). Maak jou eie aantekeninge van julle groeplede se gedagtes en standpunte. Na afloop van julle bespreking moet julle een persoon in julle groep aanwys wat aan die klas sal terugrapporteer.
Pligte 1 en 10: Is daar ‘n verskil tussen leer en opvoeding?
Plig 2: Watter grootmense? En hoe?
Pligte 3 en 9: Wie is “ander”?
Pligte 5, 6 en 7: Hoe belangrik is “ek”? Wat beteken “saam”?
Pligte 11 en 12: Hoe verskil ander van my? Mag hulle verskil?
AKTIWITEIT 3
OM ‘N PARAGRAAF UIT ‘N KERNSIN TE ONTWIKKEL
[LU 4.4.3]
a) Soek enige EEN van die pligte uit waaroor jy graag iets wil sê. Skryf eers die plig in die spasie hieronder. Begin dan ‘n nuwe paragraaf en skryf ten minste 60 woorde oor daardie plig. Dit kan meer as een paragraaf wees.
My plig:
b) Onthou om jou persoonlike spellys aan te vul.
AKTIWITEIT 5
OM VAN DIE VOORNAAMWOORD TE LEER
[LU 6.2.15]
a) Die persoonlike voornaamwoord
In graad het jy geleer dat ‘n mens nie ‘n persoon se naam aanmekaar herhaal as jy van hom/haar of met hom/haar praat nie. Dit is verkeerd om soos volg te praat:
Riaan vra of Riaan maar ‘n toebroodjie kan kry, want Riaan is honger.
Dit moet wees:
Riaan vra of hy maar ‘n toebroodjie kan kry, want hy is honger.
Vul die regte persoonlike voornaamwoorde in die volgende sinne in:
Die dominee kry swaar, want _ is nie juis fiks nie. Ons
sal _ moet help.
_ weet nie waar my potlood is nie.
Mamma is haastig, want _ is laat.
My sussie kruip weg en ek soek na _ .
Ons het ons teenstanders geklop, want _ was beter as
_.
(vii) “Danie en Fanie, _ moet opskud! Ek wil ry.”
b) Die besitlike voornaamwoord
Dit is ‘n woordjie wat aandui wie iets het of besit, byvoorbeeld:
Dit is haar boek; die boek is dus hare.
Vul die regte besitlike voornaamwoorde in die volgende sinne in:
Die klein hondjie het al _ melk gedrink; nou is _ magie vol.
Hulle het _ moses teëgekom toe hulle teen ons gespeel het..
Katinka het in die boom geklim en _ mooi rokkie geskeur.
Ek het Pappa belowe ek sal eers al _ skoolwerk doen.
(v) “Kinders, waarom is _ klere so vuil?”
c) Die vraende voornaamwoord
Dit vra altyd ‘n vraag, byvoorbeeld:
Hoe laat is dit nou?
Verskaf die regte vraende voornaamwoorde in die volgende sinne:
(i) _ gaan ons huis toe?
(ii) Mensig! _ het so gemors?
(iii) _ is my pen?
(iv) _ het die skelm gehardloop?
_ is jou naam?
_ het jy dit reggekry?
_ een is myne?
_ het my boek gevat?
d) Die betreklike voornaamwoord
Jy het alreeds met die betreklike voornaamwoord gewerk, want in ‘n vorige module het jy sinne daarmee met mekaar verbind. Kom ons hersien dit weer deur die volgende sinne te voltooi:
Die pen _ Chris skryf, is rooi.
Die bed _ Makkie lê, is lekker sag.
Dit is ‘n bekommerde man _ _ vrou in die hospitaal is.
Erik sê die boek _ hy lees, is baie interessant.
Die vriende _ _ ek staatmaak, het my ondersteun.
Die oom _ daar loop, is my oupa.
d) ‘n Speletjie om af te sluit
Kyk hoeveel woorde jy in die volgende woordraaisel kan vind (slegs van links na regs en van bo na onder). Merk hulle in ‘n ligte kleur of omsirkel hulle met jou potlood.
| E | B | C | Y | R | X | A | H | L | T | X | Z | O | M | V |
| E | A | B | F | G | E | E | R | B | I | E | D | L | K | R |
| R | Z | D | H | N | T | C | P | G | Q | Y | B | N | V | I |
| B | S | A | J | L | I | H | I | Y | R | Q | C | V | B | E |
| I | L | A | R | S | K | B | A | E | P | W | Z | R | D | N |
| E | R | N | A | G | E | R | E | G | T | M | E | S | F | D |
| D | P | D | L | V | T | W | O | S | P | A | E | W | K | E |
| C | S | E | O | R | L | I | Y | A | Z | N | L | R | L | L |
| G | R | T | A | I | K | B | E | C | D | I | J | S | M | I |
| E | Q | E | R | E | V | S | T | G | R | E | S | P | E | K |
| O | W | P | S | F | N | U | J | B | C | R | T | M | R | P |
| U | K | L | B | T | K | M | D | F | H | E | S | O | B | N |
| E | B | U | F | P | L | I | G | T | E | U | Z | N | D | F |
| R | X | T | K | S | V | O | Y | F | U | A | L | T | C | D |
| S | K | B | D | I | S | K | R | I | M | I | N | E | E | R |
WENK: Daar is 12 woorde.
Assessering
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
2.1 ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:
2.1.1 gebruik taal denkend vir interpersoonlike kommunikasie (soos: bespreek leerders se pligte);
2.1.3 deel idees en lug mening oor minder bekende onderwerpe en gebeurtenisse deur spekulasie en hipotese te gebruik;
2.1.4 beskryf gebeurtenisse, gee terugvoering en gee aanwysings op ‘n logiese manier;
2.2 interaksievaardighede en –strategieë in groepsituasies gebruik:
2.2.1 neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en reageer met respek en empatie op ander se idees;
2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:
2.4.4 identifiseer en bevraagteken diskriminerende taalgebruik.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:
4.4.3 paragraafvlak:
Skryf ‘n kernsin en sluit relevante inligting in om ‘n samehangende paragraaf te ontwikkel.
LU 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;
5.3 inligting verwerk:
5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor;
5.4 taal gebruik om skeppend te dink:
5.4.1 vorm hipoteses oor die moontlike resultate of slot van ‘n reeks stappe of gebeurtenisse;
5.4.5 ondersoek woordassosiasies en konsepte om uit ‘n ander hoek na onderwerpe te kyk.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 skep eie persoonlike spellys;
6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;
6.1.4 gebruik skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken, afkappingsteken) doeltreffend in alledaagse woorde;
6.1.6 gebruik hoofletters korrek;
6.2 met sinne werk:
6.2.11 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse selfstandige naamwoorde, asook getal, geslag en verkleinwoorde;
6.2.14 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse bywoorde (tyd, wyse, plek);
6.2.15 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, vraend, betreklik.
Memorandum
Aktiwiteit 1
Leerders lees en oordink.
Aktiwiteit 2
Pligte 1 en 10: Ja. Om te leer beteken om nuwe kennis of vaardighede op te doen. Opvoeding sluit ook die gesindhede, houdings, optrede, gedrag, maniere, netheid, taalgebruik, ens. in. (Die leerders kan nog meer noem).
Plig 2: Alle grootmense, maar gee geleentheid dat leerders die volgende spesifiseer: ouers, grootouers, opvoeders, bejaardes, gestremdes.
Pligte 3 en 9: Elke ander persoon – nie net maats, bekendes of familielede nie.
Pligte 5, 6 en 7: “Ek” is wel belangrik, maar nie ten koste van ander nie. Wees onselfsugtig. Met “saam” word bedoel: saam met ander / nie net jy alleen nie / nie net jou eie belange dien nie / ook in ander belangstel, ens.
Pligte 11 en 12: Hulle verskil van my ten opsigte van taal, velkleur, gewoontes, godsdiens en kultuur, maar ook ten opsigte van talente, vermoë, belangstellings, opinie, ens.
Natuurlik mag ander van my verskil en ek moet die verskille aanvaar. Ek moenie van ander verwag om soos ek te wees, doen of dink nie.
Aktiwiteit 3
a) Leerders se eie skryfwerk.
b) Aanvulling van persoonlike spellys.
Aktiwiteit 4
Leerders op skool moet fluks werk. (wanneer / hoe / waar)
Ons werk hier met almal saam. (wanneer / hoe / waar)
Francis sal altyd ander mense respekteer. (wanneer / hoe / waar)
Mieke lag saggies vir die snaakse outjie. (wanneer / hoe / waar)
Versigtig wees vir dié een!
e) My pa sit altyd daar op sy stoel. (wanneer / hoe / waar)
Aktiwiteit 5
a) (i) hy
hom
Ek
sy
haar
ons ; hulle
julle
b) (i) sy; sy
hulle
haar
my
julle
c) (i) Wanneer
Wie
Waar
Waarheen
Wat
Hoe
Watter
Wie
d) (i) waarmee
waarop
wie se
waarin / waaruit
op wie
wat