Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 1
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
Die leerders se kennis van hul ervaringsveld word verbreed deur middel van die aanleer van woordeskat van die dorp en omgewing. Besprekings wat gelei word deur die opvoeder vind plaas en leerders lees woorde en eenvoudige sinne. Saamgestelde prente prikkel die besprekings in die addisionele taal en leerders word blootgestel aan baie nuwe woordeskat.
Bespreek wie se verantwoordelikheid dit is om ons dorpe, strate, geboue skoon te hou?
Hoe kan besoedeling vermy word?
Gevare vir die gesondheid?
Hoe kan ons dorp verfraai word?
rympies / gesels / vrae vra, ens. Elke blad se woordeskat moet eers deeglik bespreek word voordat die blad gedoen word. Daarna word alles op die blad “gelees”.
“Oplossing” van leesstuk.
In die prent is daar mense.
Daar is 52 mense altesaam.
Ek kan 7 kinders sien.
20 mense stap in die straat.
Daar is altesaam 10 motors.
Ek kan 1 robot sien.
Daar is 9 bestuurders.
In al die vervoermiddels saam is daar 32 mense altesaam.
Daar word blomme verkoop langs die straat.
Daar is ‘n voetganger by die voetoorgang (sebrastrepe).
‘n Man verkoop vrugte en groente.
![]() |
| LU 1.3 | LU 3.3 |
![]() |
| LU 1.1 | LU 2.6 | LU 3.1 |
![]() |
| LU 1.1 | LU 4.2 |
![]() |
| LU 1.1 | LU 2.1 | LU 3.3 |
![]() |
lugvervoer
![]() |
padvervoer
![]() |
![]() |
watervervoer
![]() |
spoorvervoer
| LU 1.4 | LU 2.6 | LU 3.1 |
Ry tog versigtig, my man
Ek weet dis moeilik, maar jy kan
As jy nie wil seerkry
Moet jy stadiger ry
Moet tog nie so baie praat
Jy sien ek is al klaar laat
Maar ek sal hard probeer
Om die spoed ‘n bietjie te keer
![]() |
| LU 1.5 | LU 4.1 | LU 6.4 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige mondelinge instruksies deur fisiek daarop te reageer verstaan (“Steek jou hand op!”);
Assesseringstandaard 1.4: Dit is duidelik wanneer die leerder respek toon vir klasmaats deur hulle kans te gee om te praat en na hulle te luister;
Assesseringstandaard 1.5: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel.
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om binne ‘n wye reeks situasies met vertroue in gesproke taal te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder gepas reageer met enkele woorde of alledaagse vaste vorme op eenvoudige vrae, soos “Goed, dankie”;
Assesseringstandaard 2.6: Dit is duidelik wanneer die leerder hoflikheidsvorme gebruik (asseblief,dankie, jammer).
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om tekste te lees en te ondersoek vir inligting en genot, en krities te reageer op die estetiese, kulturele en emosionele waardes daarvan.
Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder prente om geskrewe teks te verstaan gebruik;
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder instruksies volg in drukskrif op eenvoudige een- of tweewoordbyskrifte;
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder bekende woorde en sinne oor skryf (byskrifte of titels by tekeninge);
Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige, bekende woorde om sinne te voltooi gebruik (My naam is . . . ; Ek hou van . . . .; Ek hou nie van . . . ).
Leeruitkomste 6:TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.4: Dit is duidelik wanneer die leerder bevelsinne in mondelinge tekste verstaan (soos: Kom hier; Moenie sit nie).