Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 1
Die onderwerpe van die modules vir Graad 1 word deur middel van stories wat in die leerder se ervaring val, bekendgestel.
Beide seuns en dogters sal dit interessant vind.
Sukses met die onderrig van die addisionele taal sal afhang van die herhaling van stories, rympies en gedigte, so ook die woordeskat wat bekend gestel word. Lesse sal in die begin klassikaal geskied. Wanneer die leerders meer vrymoedigheid ontwikkel het om die nuwe taal te praat, kan hulle gesprekke met mekaar voer. Later sal hulle met die opvoeder wil praat en vrae beantwoord. Dit moet spontaan gebeur en leerders moet nooit gedwing word om hardop voor die klas in die vreemde taal te praat as hulle nie die vrymoedigheid het nie.
Daar sal altyd diegene wees wat net vir eers sal wil luister. Hulle het baie aanmoediging nodig en as die lesse genotvol aangebied word, kan inhibisies oorkom word.
TYDSKEDULE VIR DIE MODULES 1 - 5
Al die leerders behoort al die modules gedurende die Graad 1-jaar te voltooi.
In hierdie module is daar ‘n aantal prettige aktiwiteite soos byvoorbeeld speletjies, teken, raaisels en resepte om te volg.
Rympies en liedjies gee leerders die geleentheid om blootgestel te word aan ‘n wye woordeskat. Lees, klanke en besprekings word gedoen om die woordeskat vas te lê.
INTEGRASIE VAN TEMAS
Pret is vir almal – nie net vir sekere leerders nie.
Lees soos storieboek. Herhaal oor en oor. Later sê leerders spontaan sekere dele saam, bv. “Kom julle twee . . . / “Dit is pret . . . “ / “Onthou . . . “
Kleur slegs geboue / plekke in wat leerder oppad na sy / haar eie winkelsentrum toe sien.
Opvoeder laat leerder self name uit klas en sy / haar eie naam invul in blokkies. Hersien woordeskat soos voor, agter, tussen, eerste, tweede, derde, laaste, ens.
Leerder teken ‘n deel uit sy / haar mees geliefkoosde fliek wat hy / sy nog ooit gesien het.
Kleur slegs raampies in van karakters wat leerders alreeds in ‘n fliek / video gesien het.
Leerder kleur ballonne in volgens aanwysings en teken haar- / homself waar sy / hy die ballonne vashou.
Leerder teken hom- / haarself in die middel en trek ‘n streep na dit wat hy / sy graag eet as hy / sy gaan uiteet saam met sy / haar gesin en kleur dit in. Teken twee ander geregte in twee oop blokkies, indien hy / sy van nog iets anders hou. Doen ook meervoude.
Bespreek. Teken regte hoeveelhede by op rakke. Soek prentjies van kos in tydskrifte, knip uit en plak in trollie. Hoekom is party voedsel in blikkies / bottels / yskaste / vrieskaste, ens?
Tel, teken by, sê hoeveel is daar nou en skryf die som neer.
Sê: 6 + 4 = 10 (ses plus vier is gelyk aan tien)
later: (tien minus ses is gelyk aan vier (10 – 6 = 4)
Leerder kies watter woorde uit die gediggie hy / sy in die spraakwolkies wil skryf. Kleur prentjie in, mimiek / rol-spel / beleefdheidsvorme.
Soek prentjies in tydskrifte en skryf name by.
Leerder kyk na prentjies en posisies op bl. 22 en sê watter troeteldier dit is. Bespreek ooreenkomste en verskille. Teken prentjies en skryf name van troeteldiere by. (Ek is ‘n . . ..) Opvoeder skryf woorde op bord. Leerders skryf oor in regte blok waar hy / sy prentjie teken.
Leerder vul die regte naam in op regte plek.
Sê die woord. Noem al die diere en soek diere wat met dieselfde letter begin, bv. skilpad en sywurm. Teken en skryf daardie diere.
Leerder teken / skryf name, plak prente van diere, maar rangskik hul van die kleinste tot grootste, volgens werklike lewensgrootte).
Leerder teken prent van hom / haarself by troeteldier. Hierdie bladsy kan vervang word met ‘n kunsprent.
Leerder teken waar elke dier / persoon is. Hersiening van voorsetsels.
Doen bewegings saam met liedjie. Leer woorde. Teken elke deeltjie.
Trek strepie vanaf dier tot by elkeen se hokkie. Uitbreiding van woordeskat.
Maak melkskommel in klas. (Genoeg sodat elke leerder kan proe). Bespreek hoe dit smaak. Leerder soek prentjies en / of teken wat nodig is om resep te maak. (bv. elektriese menger, klitser, skudbekertjie, roomys, melk, ens.)
Trek ‘n kruis oor die prentjie wat nie pas nie. Kleur die res reg in. Hoekom pas dit nie?
Al die prentjies (nie in volgorde) wat in storie gebruik word, met woord onder elk. (Bespreek woorde met leerders).
Leerder “lees” deur die prentjies met woorde te vervang.
Bespreek: skêr (knip), gom (plak), oë (kyk), vergrootglas (soek), dobbelsteen (gooi).
Kyk na die prentjies en volg die instruksies hoe om die speletjie te maak.
Plak op karton, knip uit en gebruik as “skuiwers”.
Leerder kan op sy / haar eie speel of twee-twee saam. Opvoeder kan speletjie vergroot en saam met klas speel.
Bespreek tyd. Leerder teken ‘n aktiwiteit wat by elke tyd van die dag pas, bv. ontbyt om 7-uur, sport om 3-uur, ens.
![]() |
“Kom julle twee, staan nou op – dit is agtuur op die kop!” sê Mamma.
Monica en Jaco is baie opgewonde. Dit is pret om saam met Mamma Tygervallei-sentrum toe te gaan.
“Onthou dit is wet om nie te vergeet van die bed!” sê Mamma.
![]() |
“Kom julle twee, soos julle weet – dit is belangrik om ietsie te eet!” sê sy.
Monica en Jaco eet min. Hulle kan nie meer wag nie! Dit is pret om saam met Mamma in die motor te ry. Monica sit voor, want dit is haar beurt. Gister het Jaco voor by Mamma gesit toe hulle poskantoor toe was.
“Onthou die erns van die saak is julle moet julle sitplekgordels vasmaak!” sê Mamma.
Dit is nege-uur toe Mamma begin bestuur.
![]() |
“Kom julle twee, help kyk nou vir my – wie kan die eerste parkeerplek kry?” sê Mamma.
Dit is pret om hierdie speletjie te speel. Dit is net mooi halftien toe Jaco ‘n oop parkeerplek sien. Nou kry hy ‘n kans om die deur te sluit.
“Onthou net wat Mamma altyd sê – julle kan nie alles kry wat julle wil hê!” sê Mamma.
![]() |
“Kom julle twee, die tyd stap aan – ons moet vinnig in die ry gaan staan!” sê Mamma.
Monica en Jaco hardloop vooruit. Dit is pret om saam met Mamma te gaan fliek. Mamma koop ‘n kaartjie, ‘n koeldrank en springmielies vir elkeen. Om tienuur begin die fliek.
“Onthou, luister nou mooi en moenie die koeldrank omgooi!” sê Mamma.
“Kom julle twee, die fliek is verby – ons gaan nou om iets te ete te kry,” sê Mamma.
Om halftwaalf stap hulle by Steers in. Dit is pret om saam met Mamma te gaan eet. Monica bestel ‘n aarbei-melkskommel en Jaco bestel ‘n piesang-melkskommel. Mamma wil liewers tee drink. Hulle bestel ook vir elkeen ‘n hoender-burger.
“Onthou om die toilette te besoek – dit is net daar om die hoek!” sê Mamma.
![]() |
“Kom julle twee, ons gaan inkopies doen – wag, ek maak net eers gou vas my skoen.”
Dit is reeds eenuur toe hulle by Pick ‘n Pay kom. Dit is pret om saam met Mamma inkopies te doen. Jaco stoot altyd die trollie vir Mamma en Monica pak die kruideniersware in. As hulle soet is, sal Mamma vir hulle elkeen ‘n suigstokkie koop.
“Onthou, gaan staan julle in die ry en hou solank plek vir my,” sê Mamma.
![]() |
“Kom julle twee, nou eers troeteldierwinkel toe gaan – of is julle al te gedaan?” sê Mamma.
Dit is pret om troeteldierwinkel toe te gaan. Om halfdrie stap hulle by “Die Vistenk” in. Daar is allerhande diere in die winkel.
“Onthou die goue reël – moenie die diere streel, “ sê Mamma.
![]() |
“Kom julle twee, dit is tyd om huis toe te keer,” sê Mamma.
Om drie-uur is hulle in die motor oppad huis toe. Die kinders is moeg na so ‘n heerlike dag saam met Mamma by die winkelsentrum. Dit is pret om weer ‘n bietjie huis toe te gaan.
“Onthou, julle moet help uitpak – elkeen dra ‘n sak,” sê Mamma.
![]() |
| LU 1.1.2 |
Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder luister vir inligting en genot, en reageer op gepaste en kritiese wyse binne ‘n wye reeks situasies.
Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder kort, eenvoudige stories verstaan;
1.1.2 doen op gepaste plekke aan ‘n koor mee (“Hy hoes en hy proes en hy blaas die huis om…);